Die Onmoontlike Het Gebeur – ‘n Storie van Vergifnis

Die Onmoontlike Het Gebeur – ‘n Storie van Vergifnis

Deur Angela | Sept 17, 2016

14087164_10153832727892467_631403663_o-3

Sewe jaar gelede was die lewe ‘n gemors. My man, Ari, het Joods grootgeword, en het verklaar dat hy nie meer in God glo nie. Ek was ‘n Christen—en boonop ‘n baie onperfekte een. Ons was konstant in konflik met mekaar. Ek kon nie ‘n Bybel in die huis hê sonder om ‘n groot argument te begin nie. Ek wou desperaat hê dat Ari my geloof moet deel, maar om die vrede by die huis te bewaar, het ek dikwels die bietjie geloof wat ek oorgehad het, weggesteek.

Ons het kamermaats geword, en ons dae deurgebring deur vervulling op al die verkeerde plekke te soek. Ek het die onrus in ons huwelik ontsnap deur aan my groeiende tydskrif te werk, en in verhoudings wat my aandag afgetrek het van wat saak maak. Ons het begin om in aparte beddens te slaap. Dit het gevoel of ons verhouding onherstelbaar geword het.

Een dag, uit pure desperaatheid, het ek woorde gebid wat onmoontlik gevoel het: “God, help Ari om in U te glo.” Ek het geweet dat ek Ari nie kan verander nie, maar miskien kon God. Ek het gelees oor mense in die Bybel, soos Abraham en Sara, wat groot gebede gebid het en in God se beloftes geglo het, teen alle logika in. God wil hê dat almal Hom ken, so hoekom nie my man nie? Ek kon Ari nie laat glo deur Bybelverse aan hom voor te sê nie.

Ek het besluit om iets anders te probeer.

Wanneer ons baklei het, was my reaksie altyd om hom terug te kap vir die kwetsende dinge wat hy gesê het, en dan vir ure nie met hom te praat nie. Maar, ek het gevoel dat God vir my sê dat ek Sy liefde in aksie aan Ari moet wys. Wanneer ‘n rusie geëskaleer het, het ek my trots in my sak gesteek, gebid vir wysheid, en vir Ari gesê: “Ek is lief vir jou.” Aan die begin het hy kwaad geword wanneer ek daardie woorde sê, en beweer dat dit onregverdig was, of dat ek probeer het om hom meer kwaad te maak. Maar na dosyne meer rusies en omtrent dertig “Ek is lief vir jou’s”, het hy begin om te sien dat ek opreg is.  Hy het begin wonder waar al hierdie verandering in my vandaan kom.

Die grootste keerpunt het verskeie maande later gekom, toe Ari een middag na werk vroeg by die huis gekom het, in my kantoor ingestap het, die deur agter hom toegemaak het, en gesê het, “Ek moet met jou praat.” Hy het na aan my gekom en op die vloer neergesak terwyl sy woorde uitgestroom het. Hy het iets gedoen wat hy nooit gedink het hy sou doen nie — ‘n Bybel oopgemaak. Hy het dit dikwels laat in die nag gelees terwyl ek geslaap het. God het aan sy hart gewerk, en hy het gevoel hy moet vergifnis vra van diegene wat hy seergemaak het. Hy het in die mees tere woorde sy ontrouheid aan my in die verlede bely. In die donkerste dae van ons huwelik het hy ‘n verhouding gehad. My hart was in twee geskeur, en ek het dieselfde aan hom bely.

Jare van skaamte.

Seer.

Pyn.

Wegsteek.

Twyfel en desperate gebede.

Ek kan hierdie ervaring nie in woorde omsit wat ten volle beskryf wat ons in daardie oomblik ervaar het nie. Ek het net een woord: genade. Sy genade. In ons diepe swakheid, Sy genade. In ons diepe swakheid, kom Sy krag tot volle werking.

Ek het nooit gedink dat ek hierdie volgende woorde sal tik nie: Ari het ‘n gelowige geword, en is daardie selfde week gedoop. Die onmoontlike het gebeur. Jou onmoontlike kan ook gebeur, vriendin. God is groot en waar en goed. Sy begeerte is dat ons almal Sy herskeppende genade sal leer ken. Daar is nie ‘n gemors wat jy gemaak het wat Hy nie kan verander in iets pragtig vir Sy doel nie.

Ons het die proses van genesing en om mekaar te vergewe vir die wonde van ons verlede, deur die lens van ons nuwe gedeelde geloof begin. Dit het tyd geneem en berading en baie gebede, maar God is getrou. Sy genade het en hou aan om elke deel van ons lewens onderstebo te keer.

Ons is nie perfek nie, maar ons weet wat ons doel is. Genade is ‘n ware ding. En dit verander alles.

photo-1472706095447-0daf3affb697

Meer van ons verhaal kan gevind word by Make It Happen.

Met Vreugde,

Lara Casey

Blog: www.LaraCasey.com/blog 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s