Die Diepte van God se Vergifnis

Die Diepte van God se Vergifnis

deur Jen | Sept 19, 2016

week-3-maandag

s3d1

Die Diepte van God se Vergifnis

Goeie môre en welkom by Week 3 van ons Jy Is Vergewe studie! Die laaste twee weke was intens en hierdie week gaan nie anders wees nie.

Ons het reeds baie tyd spandeer om te praat oor ware bekering en belydenis. Hierdie is regtig belangrike onderwerpe, want dit is geskenke van God en tekens van ‘n vernuwe hart. En met ‘n vernuwe hart kom die belofte dat ons God al ons sondes sal vergewe en ons van ALLE ongeregtigheid sal reinig.

Nie sommige nie, nie ‘n paar nie, nie somtyds nie, maar ALLE!

Daardie klein woord bring met dit ‘n ewigheid van troos. En as ons tyd neem om oor hierdie waarheid na te dink, sal dit vir ons ‘n groot bemoediging wees – veral wanneer ons met skuld leef.

Hier is iets om te onthou: God is nie soos ons nie. Hy is transendent, dit beteken Hy is “anders as.” Daar is niks wat geskape is wat ons Hom mee kan vergelyk nie. Dit kan veroorsaak dat dit somtyds ‘n bietjie moeilik is om Sy weë te verstaan, en veral om die diepte van Sy vergifnis van ons sondes te verstaan.

Hoe kan God my vergewe vir elke enkele een van my sondes? Daar is so baie, en sommige is so groot, en sommige herhaal ek oor en oor, week na week en jaar na jaar, dekade na dekade. En God sê dat deur Jesus, reinig Hy ons van hulle almal.

Wanneer ek dink oor hierdie soort vergifnis, dan wys dit my die goedheid en milddadigheid van God. Hy kon gesê het dat Hy slegs ons “kleinste” sondes, of ons eerste 1000 sondes sal vergeef. NEE! Wanneer God sê dat Hy ALLES vergewe, is daar geen fynskrif nie; daar is geen uitsonderinge nie.

Kind van God, God het jou witter as sneeu gewas! Hy het nie eers die kleinste vlek oorgelos nie. Sy vergifnis is totaal en volkome.

Verstaan jy dit? Glo jy dit? As jy dit glo, dan moet jy enige skuld wat jy ervaar oor sondes in jou verlede, laat gaan. Kyk na Jesus en sien die ongelooflike genade van Sy vergifnis…

Kyk na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

 

 

 

Week 3 Video

 Week 3 – UITDAGING :

Die vergifnis van God reik tot in die diepste en donkerste plekke van ons harte. God vergewe dit alles. Hierdie begrip sal geboorte gee tot groot dankbaarheid en vryheid. Skryf alles wat die vergifnis van God jou van bevry.

 Week 3 Leesplan

week-3-leesplan

 Week 3 – Memoriseervers

3

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s