SIT EN RUS, JY WAT VERMOEID IS. JESUS HET DIT GEDOEN

SIT EN RUS, JY WAT VERMOEID IS. JESUS HET DIT GEDOEN

Deur WhitneyD | Sept 23, 2016

week-3-woensdag
s3d3

Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom wat deur mense gemaak is en net ‘n namaaksel van die ware is nie. Nee, Hy het in die hemel self ingegaan om nou ter wille van ons voor God te verskyn. Hy het nie ingegaan om Homself herhaaldelik te offer nie, soos die hoëpriester elke jaar die Allerheiligste binnegaan met bloed wat nie sy eie is nie. Dan sou Christus immers herhaaldelik moes gely het, reeds van die skepping van die wêreld af. Maar nou het Hy net een keer in die voleinding van die tye verskyn om deur sy offer die sonde weg te neem. ‘n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.” – Hebreërs 9:24-28

Ek sien jou in die straat loop met jou kop wat laag hang. Jy is die meisie wat jouself nie kan vergewe vir daardie dom fout nie; daardie oomblik van swakheid baie jare gelede toe jy in waaksaamheid verslap het.

Ek het jou gesien toe jy haastig in die koffiewinkel ingekom het, met die gewig van die wêreld wat jy op jou skouers dra. Jy is die meisie wat nie die pyn wat jy veroorsaak het kan vergeet nie; die verhoudings wat jy beskadig het; die seer wat voortduur.

Ek het jou gesien wegkruip op daardie universiteitskampus, met oë wat myne nie wil ontmoet nie. Jy is die meisie wat nie verdienstelik voel om op te kyk nie as gevolg van die skaamte wat jy steeds dra.

Ek het jou gesien worstel in die kerkbank langs my, met trane wat week na week; preek na preek weer opwel. Jy is die meisie wat nie kan aanvaar dat daar ‘n God is wat alles van jou weet, en jou steeds liefhet en vir jou vir eens en vir altyd vergifnis aanbied.

Vroeër was ek jy.

As ‘n klein dogtertjie het ek in my bed gelê, en oor en oor vergifnis gevra vir dieselfde oortreding, omdat ek nie geglo het dat dit waar kan wees nie. Ek het geveg teen vorige herinneringe, vorige foute, vorige kompromië, vorige gedagtes, vorige motiewe. Ek het obsessief gedink oor dít wat ek nie kon verander nie, en het senuweeagtig gewerk om die oue met ‘n beter weergawe van myself te vervang. Ek het nagte deurgebring om te dink, te oefen en te bid dat daar ‘n kans kan wees dat, hoe meer ek bied, hoe meer sal uitgevee word.

Uitgeput. Ontbrekend. Nooit klaar nie.

Die priesters in die Ou Testament moes dieselfde gevoel het. “Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie.” (Hebreërs 10:11).

Staan. Herhaal altyd. Rus nooit nie. Nooit opgelos nie.

[Voor Christus, het die wet vereis dat diere geoffer word as betaling vir sonde. Maar dit was alles so tydelik en onvolledig. Nog ‘n sonde het beteken dat nog ‘n dier geoffer moes word. Wat ‘n konstante, bytende herinnering aan die nimmereindigende kringloop van ons gevalle toestand. En wat ‘n noodsaaklike, beskrywende beeld van ons toekomstige Koning…]

GENOEG.

Sit en rus, jy wat vermoeid is. Jesus het dit gedoen, eens en vir altyd.

Ons sukkel en sukkel afsonderlik van God, ons het ‘n gebrek aan vreugde en worstel om te leef in ‘n wêreld wat die teenoorgestelde is van wat ons geskape is om te wees – ons vergeet dat ons Verlosser gekom het. Dit is tyd dat ons die oue neerlê en begin leef in die vryheid van die nuwe:

Daar was eers baie priesters. Nou is Christus ons een volle toereikende Hoëpriester.

Daar was eers baie offerandes. Nou is Christus die een offerande wat vir eens en vir altyd vir ons sonde betaal het.

Daar was eers die konstante herinnering en die gewig van die wet. Nou het Christus volkome vergifnis deur Sy oorvloedige, bevrydende genade geoffer.

Daar was eers diegene wat gestaan het en gesukkel het.  Nou sit Christus aan die regterhand van God as ons advokaat, wat wag om ons te verdedig.

Vandag kan anders wees, want Jesus het gekom en alles verander.

Lift your head weary sinner, the river’s just ahead

Down the path of forgiveness, salvation’s waiting there

You built a mighty fortress 10,000 burdens high

Love is here to lift you up, here to lift you high

If you’re lost and wandering

Come stumbling in like a prodigal child

See the walls start crumbling

Let the gates of glory open wide

-Crowder

Sit en rus, jy wat vermoeid is. Jesus het dit gedoen, eens en vir altyd.

By Sy voete,

Whitney

 

 

 

 

 

 

*Kom ons praat: Is jy vandag gereed om jou kop op te lig en God se vergifnis met ope arms aan te neem – miskien vir die eerste keer in jou lewe? Ons sal graag vir jou wil bid in die kommentaar deel hier onder…

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s