God Se Onbeperkte Vergifnis

God Se Onbeperkte Vergifnis

deur Angela | Sept, 2016

week-3-vrydag

s3d5

Watter dieptes sal jy trotseer vir jou eggenoot, jou kinders of jou familielede? Sal jy jou lewe waag vir hulle? Hoeveel sal jy opoffer vir hulle geluk of hulle veiligheid?  Die antwoorde vir meeste mense sal positief wees. Maar wat as jy dieselfde vrae gevra word oor jou vyande? Nee. Jy sal waarskynlik nie gewillig wees om jou lewe te waag vir jou vyande nie. Maar sal jy jou trots opgee om hulle te vergewe? Sal jy jou ego opoffer om hulle te seën? Sal jy aanhou om vir hulle Christus te gee, selfs as hulle jou verwerp en spot? Dit is sulke pynlike en dienswillige opdragte. Nietemin, God kan ons verder neem as wat ons gewillig is om te gaan.  Gelukkig is daar vir ons geen beperkinge aan die diepte van God se liefde en vergifnis nie.

Absoluut geen beperkinge nie.

In ons verse vandag in Jesaja, lees ons van Hiskia se emosionele lofprysing soos hy God dank omdat God hom gered het van ‘n ewigheid in die hel. Hiskia was een van die konings van Juda. Hy word in 2 Kronieke 31:20 beskryf as die een “wat gedoen het wat goed en reg en eerbaar is in die oë van die Here sy God”.

Een noodlottige dag het Hiskia baie siek geword. Die profeet Jesaja het na hom te gekom met ‘n boodskap van God en vir hom gesê dat hy vir sy gesin moet sê wat sy laaste wense is, want hy gaan sterf. Hiskia was net 39 jaar oud. Hy het bitterlik gehuil. Hy het gebid. Hy het uitgeroep vir God se genade. Jesaja het nog nie eers Hiskia se huis verlaat nie, toe God sy gebed geantwoord het. God se antwoord was dat Hy Hiskia se lewe met 15 jaar sal verleng. Hiskia was so oorweldig met dank, dat hy begin het om God te prys.

Maar, Hiskia het soveel meer ontvang. Op ‘n ander noodlottige dag, toe Jesus Sy aan die Kruis gesterf het, het ‘n verskriklike aardbewing die voorhangsel van die tempel geskeur. Die poorte van die Hemel is geopen en toegang tot die troon van God word nou verleen vir almal wat glo. Grafte het oopgegaan en baie gelowiges wat dood was, is opgewek. Hulle is almal met God herenig in die Hemel. Hiskia het 15 jaar verwag, maar hy het ‘n ewigheid ontvang.

Daar is geen beperkinge op die diepte van God se liefde of vergifnis nie.

 Romeine 8:38-39  Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Daar is geen beperkinge op die diepte waartoe God sal gaan om Sy mense te red nie. Hy betree ons gewonde lewens en stort Sy uitsonderlike glorie uit. God strewe na die ongehoorsames, díe wat twyfel, die gebrokenes van hart en die verlorenes, sodat ons almal Sy liefde, genade en barmhartigheid ten volle mag ken en ervaar. Hy betree tronke, plekke waar dwelms gebruik word, skuilings vir haweloses en inrigtings, om mense nader aan Hom te trek. God beveg satan en hierdie donker wêreld vir ons siele totdat ons Syne is. Wanneer ons ons harte vir Hom oopmaak, begin ons die uiterstes sien waartoe God sal gaan vir ons. God het geen beperkinge nie.

Wyl God gelowiges eens en vir altyd red van ewige straf, stop Hy nie daar nie. God gaan voort om daagliks vir ons diepste behoeftes te sorg met Sy belofte dat ons op die einde die oorwinning sal behaal. Selfs die mees getroue sal beproewinge, toetse en probleme ervaar, maar God se liefde vir ons bly onbegrens, onwankelbaar en onbedwonge. God se mense kan die hoopvolle versekering hê dat ons geborge is in Jesus Christus, en dat daar niks is wat enige iemand kan doen om dit te verander nie.

In watter omstandighede worstel jy om die diepte van God se vergifnis en liefde in jou lewe te ontvang? Hoe kan ons vir jou bid soos jy God se onbeperkte vergifnis vir jouself ‘n realiteit maak?

 

 Document1

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s