DIE RESULTAAT VAN VERGIFNIS

DIE RESULTAAT VAN VERGIFNIS

deur Joy Forney | Sept 26, 2016

week-4-maandag

s4d1

DIE RESULTAAT VAN VERGIFNIS

Liewe vriende, ek is oorstelp van vreugde om vandag hier saam met julle te kan wees. God werk in ons en tussen ons deur hierdie studie, nê? Kan jy dit voel? Daar is iets nuuts aan die kom… en dit word genoem die resultaat van vergifnis! Sover langs hierdie reis het ons ‘n begrip gekry van wat vergifnis is, hoe dit lyk en hoe om dit waarlik te ontvang.

Nou wil ek dit in JOU sien. Hoe lyk vergifnis in JOU?

Ek het jou in Hoofstuk 4 gevra, “Hoe sal dit in jou lewe lyk om waarlik te verstaan, te begryp en te leef in die lig van ware vergifnis?” Wel, hoe lyk dit in jou?

Neem ‘n oomblik en dink daaroor. Hoe lyk dit? Dit kan lyk soos:

Ware vryheid, ‘n diepe liefde vir jouself en ander, ‘n ligheid en ‘n vreugde wat tot diep in jou siel gaan, of vrede.

En dit is waar ek wil hê ons moet stop en bepeins en diep dink. Lees weer vandag se verse, “Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” – 2 Korintiërs 5:17

Neem ‘n oomblik en vertel hierdie verhaal vir jouself. Sê dit. Hardop. Reg nou. Kyk na Jesus op die kruis. Kyk diep na Hom. Vra jouself, “Hoe leef ek dan in die lig van wat Hy vir my gedoen het? Hoe wandel ek elke oomblik van vandag in hierdie vergifnis”?

Iemand wat weet dat hulle vergewe is wandel en praat anders as iemand wat steeds wonder oor die realiteit van hulle vergifnis.

In Hoofstuk 4 deel ek my vergifnisreis en hoe dit eers in die laaste paar jaar van my wandel met die Here is dat ek waarlik begin het om te verstaan en waarlik op ‘n hartsvlak God se vergifnis te begryp, en dat dit daar is, ongeag van my omstandighede. Dit is die smaak van ware vryheid, vriende. En ek wil hê jy moet dit ook ervaar.

Verklaar dat jy vergewe is. Want jy is. Verklaar dat jy geliefd is. Want jy is. Wandel vandag in daardie wete. En môre. En die volgende dag. Leef in die vergifnis wat joune is.

 Hemelse Vader, dankie vir die talryke seëninge wat kom as ‘n resultaat van ons vergifnis in Jesus Christus. Ons is nuwe mense; die oue is verby, die nuwe het gekom. Ons loof U dat ons ou self saam met Christus gekruisig is sodat ons liggaam van sonde weggeneem kan word. Ons is nie meer slawe van sonde nie, maar is vrygemaak deur Jesus se voltooide werk aan die kruis. In die naam can ons kosbare Here en Verlosser, Jesus. Amen.

Met Liefde van Uganda,

011516_1448_BidSonderOp3.jpg

 

 

 

 

Week 4 Uitdaging: Neem tyd om met die Here te sit hierdie week en vra God om vir jou deur dít was ons bestudeer het, te wys wat vergifnis waarlik in jou lewe beteken. Vra Hom vir die geloof om te glo en op ‘n hartsvlak die vergifnis wat joune is, te begryp. Bly daar. Sit met Hom. Maak dit ‘n heilige oomblik van insig tussen Hom en jou.

Week 4 Video

Week 4 Leesplan

week-4-leesplan Week 4 Memoriseervers

4

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s