Kies Om Te Lewe In Die Vryheid van Vergifnis

Kies Om Te Lewe In Die Vryheid van Vergifnis

deur Angela | Sept 28, 2016

week-4-woensdag

s4d3

As ‘n ma, is jy geneig om sekere “onderwerpe” of “temas” oor en oor met jou kinders te bespreek, soos ‘n plaat wat vashaak. Nog net een keer… laat ek dit vir jou nog net een keer sê.

Die tipe lewe wat ons leef word dikwels voortgebring deur die keuses wat ons in ons verlede gemaak het, en die keuses wat ons maak vir ons toekoms.

Liewe vriende, ons keuses maak saak.

“Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde.”- Romeine 6:6-7

Ons het ‘n keuse: gaan ons die feit aanvaar dat ons sondes vergewe is deur die bloed wat Jesus vir ons gestort het?

Gaan ons die feit aanvaar dat ons nie meer slawe is nie… ons is nou kinders van God? (Galasiërs 4:7)

Gaan ons vandag kies om in daardie vryheid te leef, dit met ope arms te aanvaar en toelaat dat dit ons verander?

Ons het almal ‘n keuse of ons ons gedagtes en harte gaan toelaat of nie om die resultaat van vergifnis te ervaar.

Sal ons aanvaar wat Christus gedoen het? Sal ons Sy vergifnis aanvaar en met ope arms aanneem wat dit vir ons lewens beteken in die pad wat voorlê?

Want hierdie keuse om vergifnis te aanvaar en met ope arms aan te neem gaan ‘n keuse wees wat ons ELKE LIEWE DAG sal moet neem.

Kom ons wees eerlik, ons maak elke dag foute en benodig elke dag vergifnis.

En elke dag sal ons moet kies: sal ons Christus se vergifnis aanvaar, of sal ons onsself toelaat om slawe te word van die skuld en skaamte van hierdie sonde?

Ek hou van wat Joy Forney sê in hoofstuk 4:

“Wanneer jy sondig, vra vir Sy vergifnis en beweeg dan aan. Moenie stilstaan by die vorige sondes van vandag, verlede week, verlede maand of verlede jaar nie. Hulle is weg. Hulle is bedek en jy is vergewe. Wandel vandag in dit. En dan môre. En die dag daarna…” – Jy Is Vergewe – bl. 98

Onthou Sy belofte elke oggend as die son opkom en die sonstrale jou kombuis vul:

“Daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut.” (Klaagliedere 3:22-23)

Ons word nie geroep tot ‘n lewe van perfeksie nie.

Ons gaan foute maak, ons gaan sukkel met sonde. Sommige dae sal ons wen, sommige dae sal ons nie. Maar ons moet kies om daardie gevegte te veg, en ons moet kies om Jesus te soek, vir vergifnis te vra, en Sy genade te aanvaar.

“Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe. Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam en Hom aan te hang…” – Deuteronomium 30:19-20 

Die resultaat van vergifnis is ‘n lewe geleef vir God.

En so praat ek in die oggende aan die kombuistafel met my dogters oor vergifnis, die belangrikheid van dit, en hoekom ek wil hê hulle moet verstaan hoe hierdie ongelooflike geskenk hulle lewens verander.

Ek wil hê hulle moet kies om God se vergifnis vandag en al die toekomstige môres te aanvaar.

Ek wil hê hulle moet kies om te leef in die vryheid wat Christus vir hulle betaal het.

Ek wil hê hulle moet die lewe kies, en die liefde en vergifnis wat Jesus vir hulle aanbied, met ope arms aanneem.

Omdat ons keuses saakmaak, kom ons kies om VANDAG in liefde, vergifnis en vryheid te lewe!

Lief God Grootliks!

Angela

 

 

 

 

Kom Ons Praat: Hoekom is dit moeilik om Christus se vergifnis en vryheid te kies?

 

 

Advertisements

1 thought on “Kies Om Te Lewe In Die Vryheid van Vergifnis”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s