OORWINNENDE GELOOF

OORWINNENDE GELOOF

deur Angela | Sept 30, 2016

week-4-vrydag

s4d5

Jare gelede het ek ‘n gebed gehoor wat my behoefte vir Christus só perfek aangespreek het. Ek het die woorde afgedruk en dit opgehang aan die kennisgewingbord langs my bed in my universiteitskoshuiskamer.

“Liewe Here,

Sover het ek goed gedoen.

Ek het nie geskinder nie,

het nie my humeur verloor nie,

was nie hebsugtig, nors, gemeen, selfsugtig of oordadig nie.

Ek is regtig bly daaroor.

Maar oor ‘n paar minute, God,

gaan ek uit die bed uit opstaan.

En van dan af,

gaan ek baie meer hulp nodig hê.”

Op my eie is ek ‘n slagoffer van my selfsugtige menslikheid. Ek is gebore in sonde en ‘n slaaf van my vleeslike begeertes. Maak nie saak hoe hard ek probeer om ‘n regverdige lewe te leef nie, ek sal altyd verslaan en ontmoedig wees.

Gelukkig het Christus Sy genade aan almal van ons uitgereik.

 Terwyl ons steeds vasgesit het in die modder van sonde, het Hy ons plek aan die kruis geneem en die boete vir die sondes van die hele mensdom betaal. Ons Kampioen het oorwinnend uit die graf opgestaan om sonde en dood vir ewig te oorwin.

Op die dag wat jy jou lewe oorgee aan Jesus as jou Verlosser, kom woon die Gees van die opgestane Christus in jou (Romeine 8:11) Sy oorwinnende krag is altyddeur in jou lewe. Jy hoef nie langer ‘n lewe te leef wat afgerem word deur die gewig van skuld, twyfel en skaamte nie.

Ons is natuurlik nie perfek sondeloos nie. Ons sal steeds somtyds struikel, maar ons is nie meer uit gewoonte gevangenes van die krag van sonde nie. Geloof in Christus maak ons vry, want ons veg nie meer op ons eie krag teen sonde se vesting nie. Elke sonde is bedek deur die bloed van Christus. Wanneer ons na die kruis kyk, en elke dag ons behoefte aan Sy vergifnis erken, maak Hy ons opnuut skoon. Sy oorwinnende krag help ons om nee te sê vir ons vlees, en om vooruit te wandel met volle vryheid en vreugde.

D.L. Moody beskryf ons nuwe posisie in Christus so pragtig:

“’Hy wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin’; styg bo die storms en verontrustende elemente van vlees en natuur en alles waaruit Christus opgestaan het. Dit soek sy eie natuurlike element wat ontspruit in die ewige lewe, soos die fregatvoël wat, wanneer die storms die oppervlakte van die oseaan verontrus, wanneer winde en golwe woed met minagting van die lewe aan elke kant, opstyg na die kalmte bo die storms, en veilig en rustig sweef in daardie vreedsame atmosfeer, waar dit tuis is en rus vind!”

 Dus hoef ek nie vandag onder die komberse weg te kruip nie. Ja, ek gaan beproewing ervaar. Ja, ek sal steeds foute maak en somtyds diep faal.

Omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is (1 Johannes 4:4).

Liewe suster, in Christus is jy meer as ‘n oorwinnaar. Sonde het nie meer ‘n permanente houvas op jou nie.

Hou aan om na Jesus te kyk. Geloof is die oorwinning wat elke struikelblok oorkom.

Hou vas aan die Geloof,

Lyli

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s