DIE ROEPING VAN VERGIFNIS

DIE ROEPING VAN VERGIFNIS

deur Joy Forney | Oktober 3, 2016

week-5-maandag

s5d1

Liewe vriendinne! Ek is so bly om hier saam met julle te wees vir nog ‘n week van ons Jy Is Vergewe studie. Ek hoop dat jy besig is om te verander en te groei met die besnoeiing van ons harte, gedagtes en oortuigings deur hierdie studie. Dit is die begin van herfs hier in die VSA en die reënseisoen in Uganda. Ek kan nie help om hierdie proses om God se vergifnis met ope arms aan te neem, te vergelyk met die verandering van die seisoene nie. Verandering is moeilik – jy sien die blare verwelk en val – en nogtans in die Lente sal nuwe lewe kom! Dit is wat ek bid vir jou en my in hierdie studie.

Hierdie week deel ek ‘n moeilike verhaal oor myself. Ek deel die lelikheid van my hart en die sondigheid van my hoogmoed, maar ook die skoonheid van genade en vergifnis wat my kosbare vader gewys het. Ek hoop dat jy tyd sal neem om my verhaal te lees, want dit is wanneer ons verhale van wat Christus in elkeen van ons lewens gedoen het, deel, dat ons getuig teenoor mekaar en mekaar versterk! Dit was moeilik om te skryf. Dit was moeilik om te lees toe dit gepubliseer is. Ek wil nie die sonde wat gebind is in my hart erken nie. Maar dit is ook ‘n verhaal van vergifnis, beide vir die mense in my lewe, asook vir myself.

Efesiërs 4:32 sê: “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.”

Omdat God ons vergewe het, het dit vir ons die onnatuurlike vermoë gegee om dieselfde vir ander te doen. Dit is ‘n uitnodiging om in liefde te wandel, net soos Christus jou liefgehad het… en dit kan so, so moeilik wees!! Maar ons kan bid, soos Corrie Ten Boom gebid het (Ek vertel haar verhaal in hierdie hoofstuk), “Jesus, help my!” Jesus het gekom om ons te red, sodat ons waarlik vry kan wees. En omdat Hy ons vergewe het vir so baie, maak dit ons vry as ons kan omdraai en díe in ons lewens vergewe.

Dit is moeilike hart werk, en ek sê hierdie dinge nie ligtelik nie.

Ek weet dat daar sommige van julle is aan wie onspreekbare dinge gedoen is. Ek weet daar is diegene wat vir jare sukkel om díe te vergewe wat hulle leed aangedoen het. Ek weet dat daar diegene is wat fisiese pyn ervaar as gevolg van die onvermoë om te vergewe.Ek bid vir jou. God kan ons die krag en die sterkte gee om te vergewe net soos Hy vir Corrie Ten Boom gegee het, want ons is vir baie vergewe.

Hemelse Vader, dankie dat U my baie sondes vergewe het. Dankie dat U my leer dat, net soos U my vergewe het, moet ek ander vergewe. Dankie Heilige Gees, dat U my hart oortuig wanneer selfvoldaanheid en hoogmoed seëvier in my lewe, en dat U my toelaat om my behoefte aan ‘n Verlosser raak te sien. In Jesus se naam. Amen.

Met Liefde Van Uganda,

011516_1448_BidSonderOp3.jpg

 

 

 

 

Week 5 Uitdaging: Hierdie week wil ek hê jy moet ‘n verhaal van vergifnis vertel. Dit kan jou eie verhaal wees, ‘n verhaal van iemand wat jy ken of iets wat jy gelees het {die Bybel het wonderlike voorbeelde!}. Deel jou verhaal met ons in die kommentaar as jy gemaklik voel… om getuienis aan mekaar te lewer oor God se groot werk is so bemoedigend! As jy nie gemaklik voel nie, vertel iemand in jou lewe: jou kinders, jou man, jou vriende, enige iemand! Vertel hierdie week ‘n verhaal van vergifnis!

WEEK 5: Video

 WEEK 5: Leesplan
week-5-leesplan

WEEK 5: Memoriseervers

5

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s