Wanneer Jy Desperaat Is Vir ‘n Verandering In Hierdie Wêreld

Wanneer Jy Desperaat Is Vir ‘n Verandering In Hierdie Wêreld

deur Whitney D | Okt 5, 2016
week-5-woensdag
s5d3

Jy hou jou asem op, hoop – bid – dat iets sal verander.

Die wêreld is per slot van rekening in ‘n groot gemors.

Uit selfsug, wou jy beter vir jouself gehad het. Met opregtheid wil jy beter hê vir jou kinders en kleinkinders. Maar met elke dag wat verbygaan, lyk dit of korrupsie sterker groei en ons toekoms meer onseker word.

Dit sal meer sagkens op ons gewetes wees om almal, van bose terroriste tot korrupte politici te blameer, maar wanneer ons God se woorde lees en ons eie korrupte harte openbaar word, dan weet ons diep in ons harte dat dit neerkom op baie meer. Aan die buitekant probeer ons antwoorde vind vir die hittige onderwerpe wat in politieke debatte en op die aandnuus verskyn, maar in ons harte woed daar ‘n ander geveg…

Ons sluit ons dae kwaad af.

Ons hou wrokke vir oortredinge wat ons nie meer moet herleef nie.

Ons wens in geheim dat diegene wat ons seergemaak het, baie swaar sal betaal.

Ons regverdig die sonde van ons weerwraak en hoogmoed, wat ons vertel dat hulle dit toekom.

In ons begeerte om reg te wees, doen ons dit so foutiewelik. In ons begeerte vir ‘n maklike oplossing aan die buitekant, het ons die probleem diep binne in ons geïgnoreer.

So wat kan ons doen wanneer ons desperaat is vir verandering in hierdie wêreld, maar ons weet nie waar om te begin nie?

Vader, laat dit met my begin.

“Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is my reg om te straf; Ek sal vergeld,” sê die Here.

‘As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet;

as hy dors is, gee hom iets om te drink;

want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.’

Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.”

 – Romeine 12:17-21

Sover dit van JULLE afhang…

Dit is ‘n frase wat amper daagliks in ons huis herhaal word. Om die waarheid te sê, ek het dit vanaand gesê toe ek my dogter in die bed gesit het en vir haar haar laaste soentjie gegee het. Ons hoef nie eers die sin te voltooi nie, want ons kinders het dit al so baie gehoor, dat hulle dit vir ons voltooi: “Sover dit van JULLE afhang… leef in vrede met alle mense.”

Kom ons wees eerlik: dit sal baie makliker wees om elke week geld in die kollektebordjie te sit, of miskien dien in ‘n sopkombuis – ten minste een maal ‘n jaar wanneer dit Thanksgiving is. Maar om te kies om ander daagliks te vergewe? Om reg te doen wanneer almal doen wat verkeerd is? My deel doen om in vrede met ALLE mense te leef? Oorwin die kwaad deur die goeie? Die moeilike werk van menslike verhoudings vra baie keer meer as wat ons gewillig is om te gee.

Maar omdat Jesus gegee het, sodat ek vrede met God kan hê, moet daardie selfde evangelie oorvloei in die vrede en vergifnis wat ek uiteik aan ander.

Wat as elkeen van ons vandag die eerste stap neem na die verandering wat ons so desperaat voor is?

Reik in nederigheid uit voordat die son sak.

Erken die wrok waaraan jy vasgehou het, vergewe en maak dit iets van die verlede.

Bid opreg vir díe wat jou skade aangedoen het.

Dink aan ‘n manier om iemand te seën in plaas van om hom te vervloek, en skok hom dan deur dit werklik te doen.

Maak daardie telefoonoproep. Gaan kuier. Skryf daardie brief. Hou op om nog ‘n dag te mors.

Kom ons begin binne die mure van ons huise, en laat die oorloop van God se liefde en vergifnis dan die wêreld rondom ons deurdrenk.

Vader, ek is desperaat vir verandering in hierdie wêreld. Laat vandag die begin van iets nuuts wees, en laat dit met my begin.

By Sy voete,

Whitney

 

 

 

 

 

 

*Kom ons praat: Wat is een ding wat JY vandag kan doen om die kwaad met die goeie te oorwin?

_________________________________

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s