DÍE WAT VERGEWE IS, VERGEWE…

DÍE WAT VERGEWE IS, VERGEWE…

deur Jen Thorn | Oct 7, 2016

week-5-vrydag

s5d5

Die verse vir vandag is uit die Onse Vader. Dit is vir ons so bekend, en as ons eerlik is met mekaar, sal ons erken dat dit nie regtig so baie vir ons beteken wanneer ons dit lees of sê nie. Ek weet ek het so gevoel. Maar die Onse Vader is gevul met teologiese waarheid en praktiese toepassing, en in hierdie gebed, lê daar harde woorde – soos díe wat ons vind in vers 12:

“En vergeef ons ons oortredings soos ons ook díe vergewe wat teen ons oortree.”

Sien jy dit raak? Wanneer ons daardie woorde bid, dan vra ons God om ons van ons sondes te verlos net soos ons díe vergewe wat teen ons sondig. Hoe goed is ons met die vergifnis van ander?

Wat maak ons teenoor ander mense? Vergewe ons of neem ons ander kwalik? Het ons lief of koester ons bitterheid? Jaag ons versoening na, of wrokke?

 Vir een of ander rede is dit baie maklik om die soort vergifnis wat ons in Christus het, te vergeet. Ons is mense wat meer as wat ons ooit sal weet, teen God gesondig het, maar ons is ook vergewe tot so ‘n mate dat ons dit kwalik kan verstaan. Die omvang van ons vergifnis moet daartoe lei dat ons vergifnis aan ander uitreik.

Die Roeping om Ander te Vergewe

C.S. Lewis het geskryf:

Geen deel van sy leringe is meer duidelik nie: en daar is geen uitsonderinge daaraan nie. Hy sê nie dat ons ander mense se sondes moet vergewe, tensy hulle te skrikwekkend is of as daar verswarende omstandighede is nie, of enige iets soos dit nie. Ons moet hulle almal vergewe, maak nie saak hoe kwaadwillig, hoe gemeen of hoeveel keer hulle herhaal word nie. As ons dit nie doen nie, sal ons nie van ons sondes vergewe word nie. (Fern-seed and Elephants)

Meer harde woorde! In die Bybel is daar is geen uitsonderinge wat ons toelaat om los te kom van om vergifnis na ander uit te reik nie.

Dit is maklik om die sondes wat teen ons gedoen is te sien as erger as die sondes wat ons teenoor God pleeg en dit kan daartoe lei dat baie mense weier om vergifnis uit te reik. Die skrikwekkende ding is dat God hieroor praat en wat Hy sê is onomwonde en hard…

“Geseënd is díe wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid gewys word.” – Matteus 5:7

 Wie ontvang barmhartigheid? Díe wat barmhartig is.

“Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”               – Matteus 6:15

 Net om duidelik te wees, ons verwerf nie ons vergifnis deur ander te vergewe nie, maar dit is ‘n teken van ons verlossing. Diegene wat vergewe is, sal ander vergewe. Dit is ‘n teken van ons geestelike gesondheid. As ons voortdurend sukkel om ander te vergewe, bitterheid in ons harte huisves, of as dit algemeen in ons lewens is om ‘n wrok te hou, dan verstaan ons nie werklik die afskuwelikheid van ons sondes teenoor God en die ongelooflike vergifnis wat ons in Jesus het nie.

Die Krag om te Vergewe

As gevolg van God se barmhartigheid en genade is daar altyd goeie nuus! Om ander te vergewe is nie maklik nie en nie regtig moontlik sonder die krag van God nie. Ons is nuut geskape en dit beteken dat ons die krag van die Heilige Gees ontvang het (Romeine 8:11) en die vermoë om díe wat teen ons gesondig het lief te hê en te vergewe. Moenie die leuen glo dat jy nie kan nie. Jy kan!

Is dit maklik? Glad nie! God het nooit gesê dat dit maklik sal wees nie. Maar omdat God altyd met ons is, en vir ons is, en in ons is, is dit vir ons moontlik om te seëvier oor woede, bitterheid, wrokke en alle ander vorms van onvergifnis.

Ons behoort aan ‘n God wat ons vra om moeilike dinge te doen – nooit in ons eie krag nie, maar altyd in Syne! Ons behoort ook aan ‘n God wat ons die krag gee om meer te doen as wat ons ons ooit kon indink.

Kyk Na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s