Die Vrug van Ons Vergifnis: Dankbaarheid

Die Vrug van Ons Vergifnis: Dankbaarheid

Deur Angela | Okt 10, 2016

week-6-maandag

s6d1

Toe ek Hoofstuk 6 in Jy Is Vergewe geskryf het, het ek ‘n baie persoonlike, baie pynlike verhaal gedeel. Vir sommige mense wat dit gelees het, mag dit dalk nie na iets belangriks geklink het nie. Maar hulle het dit nie ervaar nie. Hulle het nie die seer in my dogter se oë gesien nie. Hulle het nie die pyn gevoel wat veroorsaak is omdat ek haar teleurgestel het nie. Maar ek het. En selfs om die verhaal weer te lees het vars trane in my oë laat opwel. Maar ek het gekies om hierdie pynlike verhaal te deel as gevolg van wat dit illustreer: die krag van ‘n vergewende hart.

“Dit voel goed om vergewe te word. Maak nie saak hoe hard ons probeer nie, maak nie saak hoe super ons dink ons kan wees nie, ons almal kom somtyds tekort. Die lewe is morsig en teleurstellend, en somtyds maak ons diegene seer wat ons nooit bedoel het om seer te maak nie. En dis waar genade en vergifnis inkom.”  – Jy Is Vergewe, bl. 153

So miskien is dit die silwer randjie wanneer ons weet dat ons vergewe moet word: wat vergifnis aan ons harte doen wanneer dit aan ons gegee is.

Om daardie woorde van Addie te hoor, het liefde en genesing na my hartseer mammahart toe gebring. Ek het die vryheid ervaar wat gevind word in vergifnis, en dit het my aangespoor om ruimhartig met my vergifnis te wees. As ek nie die pyn ervaar het omdat ek haar teleurgestel het nie, en die vergifnis wat sy aan my uitgereik het, sou ek nie die krag van vergifnis eerstehands verstaan het nie.

Koning Dawid het ook die krag van vergifnis verstaan.

In Psalm 103 skryf Dawid:

Ek wil die Here loof

en nie een van sy weldade vergeet nie.

Dit is Hy wat al my sonde vergewe,

wat al my siekte genees,

wat my red van die graf

en my met liefde en ontferming kroon

Psalm 103:2-4

God se vergifnis gee ons so baie om voor dankbaar te wees in ons lewens. Hy vergewe, genees, verlos en kroon ons met liefde en entferming.

Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie. – Psalm 103:10

Hoe kan ons lewens nie gekenmerk word deur enige iets anders as liefde, genade en dankbaarheid nie, wanneer ons so baie gegee is en vir so baie vergewe is?!

So hier is die uitdaging: kom ons sit hierdie laaste paar weke oor in aksie. Uit dankbaarheid vir die vergifnis wat deur God aan ons gegee is, kom ons reik vergifnis uit aan díe mense in ons lewens wat ons seergemaak het.

Miskien was dit in die wêreld se oë ‘n klein ding, maar dit het steeds diep in jou hart gesteek en jy weet dat jy van toe af ‘n wrok dra teenoor daardie persoon. Miskien is vandag die dag om daardie persoon te vergewe.

Miskien was dit harde woorde wat ‘n ouer, broer or suster, of ‘n vriend teenoor jou gespreek het en daardie woorde bly oor en oor terugkom in jou gedagtes en maak jou seer met elke herinnering.

Miskien was dit die verwerping wat jy ervaar het as ‘n kind of as ‘n volwassene, en die gif van daardie verwerping besmet al jou verhoudings.

Miskien was dit die fisiese mishandeling wat jy ervaar het, en die nagmerries wat gevolg het.

Of miskien is dit jy. Miskien is jy die een wat vergifnis aan jouself moet uitreik.

Wie ookal of wat ookal die omstandighede, kom ons kies hierdie week dankbaarheid vir die ongelooflike geskenk van vergifnis wat God vir ons gee en wanneer jy dit doen, reik vergifnis uit aan daardie spesifieke persoon of persone wat God hierdie laaste paar weke op jou hart geplaas het.

Ek weet dit is nie maklik nie. Ek weet dit kan skrikwekkend wees en dit maak seer net om te dink dat jy daardie persoon moet vergewe. Vir sommige van julle, afhangende van wat julle moet vergewe, is die eerste stap hierdie week net om na jou eie kerk te gaan en hulp van jou dominee of ‘n Christelike berader te soek.

Wat ookal die situasie is, kom ons kies om moedig te wees, vorentoe te tree in gehoorsaamheid en te verklaar: “Vandag kies ek vergifnis… want ek is vergewe!”

Want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir díe wat Hom dien. So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af. Soos ‘n Vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor díe wat Hom dien. – Psalm 103:11-13

Mag ons lewens gekenmerk word deur dankbaarheid vir die vergifnis wat Jesus aan ons gegee het!

Lief God Grootliks!

Angela

 

 

 

 

Kom ons Praat: Gaan jy saam met my kom hierdie week en vergifnis kies? Indien wel, skryf in die kommentaar hieronder: “Vandag kies ek vergifnis!” Ek sal vir jou bid soos jy vorentoe tree in gehoorsaamheid… die kettings van onvergifnis sal nie langer jou wandel met Jesus belemmer nie!!

Ek wonder hoe ons lewens en ons toekoms ten goede verander gaan word as gevolg van ons keuse om vandag te vergewe!

Week 6: Video

Week 6: Uitdaging

Wat ook al die situasie, kom ons kies om dapper te wees en vorentoe  stap in gehoorsaamheid en verklaar: “Vandag kies ek vergifnis … want ek is vergewe”

Week 6: Leesplan

week-6-leesplan

 Week 6: Memoriseervers

6

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s