GEKENMERK DEUR DANKBAARHEID…

GEKENMERK DEUR DANKBAARHEID…

Deur WhitneyD | Okt 12, 2016

week-6-woensdag

s6d3

Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan. Net toe Hy ‘n sekere dorpie wou binnegaan, kom tien melaatse mans Hom tegemoet, maar hulle bly op ‘n afstand staan en roep hard: “Jesus, Here, ontferm U oor ons!” Toe Hy hulle sien, sê Hy: “Gaan wys julle vir die priesters.” Op pad daarheen het hulle gesond geword. En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys. Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank—hierdie man was ‘n Samaritaan. Toe sê Jesus: “Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege dan? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers ‘n Jood is nie?” En vir hom sê Hy: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.” – Lukas 17:11-19

_______________________________

Ek het geluister na haar gebede vanaand, en ‘n golf van veroordeling het oor my verstrooide hart geblaas.

Sy is agt.

Agt, en vol van vlekkelose geloof en dankbaarheid wat nie in hierdie besige mamma se onlangse gebede gehoor is nie. Voordat sy daaraan gedink het om deur haar lysie van nagtelike versoeke te gaan (dat die meisies op haar skoolbus vir Jesus sal ken, vir genesing vir die altyd teenwoordige seerplek op haar knie, vir haar gemoed om nie bang te wees nie, en vir ons hele gesin om goed te slaap), het sy gestop en hardop vir God terug aangekondig wie Hy is.

Sy het Hom gedank dat Hy die een ware God is.

Sy het Hom gedank omdat Hy heilig is.

Sy het Hom gedank vir Sy groot krag wat alles beheer.

Sy het Hom gedank dat daar niemand soos Hy is nie.

Sy het hom gedank omdat Hy die Koning van die wêreld is.

Sy het Hom gedank omdat Hy die dood oorwin het.

Sy het Hom gedank omdat Hy die Een is wat haar siel gered het.

Haar woorde was kort en doodgewoon, maar wat sy tekortgekom het in welsprekendheid, het sy voor opgemaak met haar passievolle, opregte stem wat met oortuiging deur die hele boonste vloer van ons huis gepreek het.

Sy het nog baie om te leer, maar hierdie meisie weet dat sy niks is sonder Jesus nie. Sy het vertroue in wie haar God is, en die oorloop van haar hart is een van dankbaarheid vir wat Hy vir haar gedoen het.

Sug. Ek is twee-en-veertig en ek het baie om te leer.

Wanneer ek nie haastig is nie, het sy gehoor hoe ek met vrymoedigheid hierdie waarhede in ons gesamentlike gebedstyd verklaar. Maar in die woeste roetine van elke dag? Dikwels is die eerste woorde wat van my lippe afkom in my private gesprekke met God nie woorde van danbaarheid nie. Ek het ‘n lys van versoeke wat ‘n myl lank is, ‘n dringende skedule om te volg, ‘n leër van persoonlike en familie behoeftes wat aandag vereis, en ek skik té dikwels om aan die neem kant van my verhouding met God te wees, in plaas van aan die lofprysing kant. Woorde soos, “Help my, Vader…” en “Here, sal U…” troef dikwels verklarings van danksegging en lof.

Maar Here, ek wil die een wees.

Soos die een melaatse uit tien ander, wat in sy vier spore vasgesteek is oor wie Jesus is, wil ek die een was wat nederig aan U voete gevind kan word, wat U hardop loof omdat U my nuwe lewe gegee het. Ek wil so deur U heiligheid en ongelooflike genade verander word, dat my hart saggemaak word om minder aan hierdie wêreld vasgemaak te wees, en meer gelok word na ‘n dieper verhouding met U. Ek bid vir ‘n opregte hart van dankbaarheid – een wat onthou hoe baie ek vergewe is en wat my op so ‘n manier motiveer dat my eerste neiging is om die skare agter te laat net sodat ek met U kan wees. God, ek wil meer hê as net wat in dit is vir my; Ek wil hê dat U alle eer, lof en glorie moet ontvang wat U naam toekom. Ek wil hê dat die wêreld moet sien dat ek by U voete bly, sodat meer mense die Een wat Sy lewe neergelê het om wonderwerke te doen – nie net in tien melaatses se lewens nie – maar in gebroke menslike harte, persoonlik kan leer ken.

Omdat ek hierdie vergifnis baie goed ken, Vader, help dat my lewe gekenmerk word deur dankbaarheid teenoor U.

“Moet nooit vergeet dat jy vergewe is nie. Neem daardie waarheid met ope arms aan; laat dit diep tot in jou hart week en laat die waarheid jou van binne af verander. En gee dit dan uit. Wees dankbaar vir wat God vir jou gedoen het, en gaan doen dieselfde vir ander.” – Angela Perritt (Jy Is Vergewe, bladsy 158)

“En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys. Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank…”

By Sy voete,

Whitney

 

 

 

 

 

 

*Kom ons Praat: Het jy baie lanklaas vir God gedank vir wie Hy is? Deel jou gebed van dankbaarheid in die kommentaar hier onder…

 

Advertisements

1 thought on “GEKENMERK DEUR DANKBAARHEID…”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s