Die Mooiheid Van Vergifnis In Vriendskap

Die Mooiheid Van Vergifnis In Vriendskap

deur Angela | Oct 15, 2016

14087164_10153832727892467_631403663_oVergifnis is vir die gelowige ‘n genesende balm, wat die mees bittere wond versag en herstel, wat verseël om te beskerm teen aftakeling, wat in ons vel ‘n salf van genade inwerk wat ons bietjie vir bietjie heeltemal herskep. Dit maak sin dat ons, as Christene daarna sal hunker, dit sal verwelkom en daarnatoe sal hardloop, nê? Ek het gevind dat ek, deur die baie jare van my lewe, weggekruip het van en geskerm het teen hierdie genade wat lewe bring.

Dit is nie dat ek nie vergifnis wou hê nie. Ek het selfs tot diep in my gebeendere daarna gesmag, maar ek het besef dat ek vir baie seisoene te besig was om te belê in die tipe verhoudings waar mense so na aan mekaar skuur soos skuurpapier, mekaar verfyn en vergifnis, liefde en samesyn ontvang en bied.

Ek het nie besef hoe besig my skedule geword het toe ons familie ons eerste huis gekoop het en dit onder restourasie was nie, ek swanger was met my derde baba en ek probeer het om ‘n balans te vind met my vol skedule om ‘n vroue ministerie te lei en vir my twee klein dogtertjies te sorg nie. Ek was dikwels laat, dikwels kapot en het dikwels planne gemaak waaruit ek later moes uittree. Ek het gevoel ek is tipies: my dae was vol, maar tog soet en al my vriendinne het dieselfde gevoel…uitgerafel. Toe Amanda na ons dorp toe getrek het, het ons omtrent dadelik vriende geword. Ons het dieselfde liefde gedeel vir ons families, vir sendingwerk, plus ons kinders was dieselfde ouderdomme, en ons beide was lief vir U2. Ons het begin om die lewe sy aan sy te leef, betrokke in baie van dieselfde aktiwiteite en ons het ‘n bloesende vriendskap geniet. Toe sy my genooi het om te kom en ‘n groeiende bediening te sien wat sy en haar man onlangs begin het, was ek entoesiasties. Ek het gesê ek graag wil, maar week na week, het my skedule vol geraak- my man het laat gewerk, ek het ‘n vergadering gehad, een van my dogters kon nie aan die slaap raak nie, of ek was eenvoudig net te moeg. My lys van verskonings was besig om op te hoop, reg langs my goeie bedoelings. Tot Amanda een middag gebel het, en haar stemtoon ernstig was.

Ek onthou hoe my hart vinnig geklop het terwyl sy haar seer met my gedeel het, en hoe sy gesê het dat ek haar teleurgestel het. Sy het ‘n vriendin nodig gehad (sy het my nodig gehad!) om opmerksaam te wees in a teer area van haar lewe, en ek was te besig om selfs net op te daag. Toe ek vir haar vergifnis gevra het, het ons albei gehuil, en sy het my vergewe- wild, dapper en met groot hoop vir ‘n hernuwe en sterker binding van ons vriendskap. Ek onthou toe ek die telefoon neergesit het, het ek gedink dat ek dit seer sekerlik verbrou het, dat dinge nie dieselfde sal wees nie- al het sy my vergewe, sal sy sekerlik nou terugtrek en belê in vriende wat teenwoordig is, en ek sal seker skaamte dra soos ‘n nuwe t-hemp in ons toekomstige interaksies.

Maar dit is glad nie wat gebeur het nie.

Inteendeel, ‘n bonatuurlike genade, gesmee in vergifnis, het ons nader as ooit aan mekaar gebring. ‘n Stukkie van God se liefde vir my is gereflekteer in Amanda se offering om te vergewe, en ‘n gevoel van om geken te word (vratte en alles), het tussen ons ontstaan. Ons het ‘n genade ervaar wat God toegelaat het om lewe in ons vriendskap te blaas en dit was ryk en pragtig as ‘n resultaat daarvan. Dit duur voort om so te wees nou al vir omtrent 13 jaar! Dit sal nie die laaste keer wees wat een van ons moet probeer om iets wat nie reg is tussen ons te probeer regmaak nie, maar dit kenmerk die eerste keer in my volwasse lewe wat ek so na aan ‘n ander vriend was dat hulle my aanspreeklik hou en dan so ongelooflik liefgehad het dat ek die liefde van Jesus vir my gesien het in die manier wat hulle my liefgehad het, in my geglo het en my aangemoedig het om te groei.

So dikwels leef ons die lewe in besige isolasie. Nooit te naby om ‘n teregwysing te waarborg nie, om ‘n getroue vriendskap te ontwikkel nie… ons leef in ‘n toestand van alleenheid omring deur mense en aktiwiteite. Ons mis die diepe nabyheid wat God in vriendskap vir ons ontwerp het om te ken.

Kruip jy weg van die ritmes van die gee en ontvang van die genade van vergifnis, soos ek het? Is jy so besig dat jy niemand na genoeg aan jou laat kom om jou ware hart te leer ken nie? Miskien is jy, soos ek, bang dat iemand jou sonde sal raaksien en besef dat jy dit nie alles onder beheer het nie.

As ek jou vandag in een ding kan aanmoedig, is dit hierdie: moenie skerm teen en wegkruip van jou mede susters nie. Betree die besige en die daaglikse met mekaar sodat jy God se geskenke in die samesyn kan gee en ontvang en herinner kan word aan Sy groot liefde vir jou!
photo-1460794155164-a99b53d945b5

Van my hart na joune,

Kristen

 

Advertisements

1 thought on “Die Mooiheid Van Vergifnis In Vriendskap”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s