Die Vrug Van Vergifnis – Liefde en Vreugde

Die Vrug Van Vergifnis – Liefde en Vreugde

Deur WhitneyD |Okt 17, 2016

week-7-maandag

s7d1

Dit was ‘n Herfs Maandagoggend ‘n paar weke gelede, en soos ‘n vis uit die water was hierdie voorstedelike mamma oppad na die groot stad Chicago vir die dag. Ek het onlangs aansoek gedoen vir ‘n internasionale Visa, en die meer-as-gewoonlik-besige konsulaat het voorgestel dat ek self vir ‘n afspraak moet inkom om my papierwerk in te handig sodat ek die visa voor my vliegdatum kan kry. Ek het nie baie ervaring van die stad nie, maar ek is altyd reg vir ‘n uitdaging en ‘n groot koppie koffie in Michiganlaan. So ek het vier voorkoppies gesoen voor skool, en toe ingespring in die ou minibus om op my vroëe oggend avontuur te vertrek.

Ek het my hele dag vooruit beplan: gebruik my amper vyf ure heen-en-weer reis om op te vang op telefoonoproepe, en sing lofprysing musiek uit volle bors, arriveer rustig rondom middagete, kry ‘n lekker restaurant vir middagete (en bederf myself selfs met nagereg!), kyk na al die mooi winkels op pad na die konsulaat, handig my papierwerk in, neem ‘n selfie voor die interessante geboue in die middestad om vir my kinders te wys, en gryp dan ‘n wettige koppie koffie vir die pad huis toe… en maak seker om in my oprit te wees voor die skoolbus die kinders aflaai. Wat begin het as ‘n ongerief, is besig om te ontwikkel in die beste dag ooit!

Maar toe ek omtrent ‘n uur van die huis af is, het my foon gelui.

Dit was my agent by die Visa kantoor, en sy het net besef dat sy vergeet het om een belangrike feit met my te deel. “Hoe laat sal jy arriveer? Persoonlike Visa aansoek inhandigings word elke dag net aanvaar tot 11:00vm.”

Sluk.

Ek sou 10:30vm gearriveer het, maar hierdie is die stad. Na tolpaaie, verkeer, tonnels, parkering, loop, sekuriteit, hoë geboue en my beurt afwag, was daar geen manier nie.

Sy sou my papierwerk reg hê, en was selfs gewillig om my in die straat te ontmoet om my papiere vir my te gee. Parkeer hier. Kyk vir my daar. Hardloop dan drie blokke af, agtien vloere op, en vat ‘n nommer. Jy kan dit doen.

Here, wees my genadig.

Ek het in die middestad aangekom, en my perfekte dag het vinnig voor my oë in duie begin stort. Ek het in ‘n tonnel vasgesit, ek moes sewe blokke ver weg parkeer, ek moes dringend badkamer toe gaan, en die skares op die straat was nie baie welwillend nie. Soos ek, was die sypaadjies gevul met mense wat gelyk het of hulle op so ‘n missie was – so selfbehep en haastig, met gesigte wat afkyk, stoot hulle hulle pad vorentoe, dikwels ongeskik en ongeduldig.

Natgesweet en uitasem, en wonderbaarlik, met (letterlik) twee minute oor, het ek deur die deure van my finale bestemming geloop. En toe het iets – iemand – so radikaal anders as die kultuur wat ek sopas op die straat teëgekom het, my by die toonbank ontmoet en my tot stilstand geruk.

 Sy naam was Walter, en hy was ‘n groot reus van ‘n man. Ek kon sy sagmoedige glimlag van ‘n myl ver sien, en sy stem was glad, opgewek en vol gerusstelling toe hy van my verknorsing hoor. Terwyl hy vinnig gewerk het en gewag het vir sekuriteit om my toegang goed te keur, het hy deur daardie groot, opregte glimlag gepraat van die seëninge van die dag en hoe dankbaar hy was dat hy nog ‘n dag het om ander te help. As ek ‘n skeptiese persoon was, sou ek gedink het dat hy oneg is – amper te goed om waar te wees. Hy was so goedhartig. So geduldig. So vererend. So vreugdevol!  Maar ek kon nie die egtheid in sy uitdrukking ontken nie. Die vrede en vreugde wat uit hom gestraal het het vanuit ‘n baie dieper plek binne in hom gekom.

By hierdie tyd was dit 11:02vm, maar Walter het my so diep aangeraak, dat ek net tyd moes neem om te dit te sê.

Ek het my hand uitgereik en sy hand ‘n drukkie gegee. “Walter, jy is lief vir Jesus, nê?”

Sy oë het gesprankel en hy het saggies gelag. “Wel, ja mevrou, verseker het ek Hom lief. Hy is ‘n vriend soos geen ander.”

Ek het hom vertel dat ek dit op sy gesig kon sien, en dat Jesus hom by daardie ingang geplaas het vir ‘n baie groter doel as net om die portier te wees.

Hy was ‘n Koningkryksoeker, en hy was besig om die wêreld te verander, een glimlag op ‘n slag.

“Hulle stop ons in ons spore omdat hulle so ‘n kontrakulturele lewe leef. In ‘n gemeenskap wat veg vir wat reg, regverdig en maklik is, is daar iets radikaal anders aan hierdie mense. Wanner jy hulle teëkom, kan jy hulle nie mis nie. En nadat jy in hulle teenwoordigheid was, kan jy nie ophou om te dink hoe pragtig hulle gedrag is nie. Wat hulle doen, maak eenvoudig nie sin aan die res van die wêreld nie, en hulle lok die vraag uit, ‘Wat is dit van hierdie mense wat hulle so anders maak?’ Miskien het jy ook soos ek al Jesus volgelinge raakgeloop. Deur die oë van genade, gaan hulle die lewe kragtig tegemoet. Hulle is vergewe, en dus is hulle vry.” 

“Vry om lief te hê.

Vry om te hoop.

Vry om te dans.

Vry om te vergewe.

Vry om vreugde te vind.

Vry om te laat gaan.

Vry om waarlik te leef.” – Jy Is Vergewe, bl. 183, 185

Vyftien minute later het ek uit daardie gebou geloop met my papierwerk ingehandig en ‘n heeltemal nuwe uitkyk op my doel vir daardie dag. Walter en ek het mekaar se vuiste aangeraak toe ek oppad uit is, en ek het besluit dat ek die sewe blokke se stap tot by my motor sal gebruik om met die mense rondom my kontak te maak.‘n Glimlag hier. ‘n Dankie daar. ‘n Bewustheid om hulp en genade te bied waar nodig. Here, help dat een klein daad ‘n verskil sal maak vir iemand wat nodig het om U vandag te sien.

Want daar is Een wat liefde vir ons so perfek gedemonstreer het, deur Sy krag kan ons in Sy voetstappe volg …

 “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” – 1 Korintiërs 13:4-7

 O Jesus, hierdie wêreld het desperaat nodig om U te sien. Help ons om te stop, te kyk en te luister… en lief te hê soos U.

By Sy voete,

Whitney

 

 

 

 

 

 

*Kom Ons Praat: Watter karaktertrekke van liefde in ons 1 Korintiërs 13 “liefde” verse vir vandag is vir jou die moeilikste om te wys? Deel met ons in die kommentaar, en kom ons bid vir mekaar in hierdie moeilike areas!

Week 7: Uitdaging

Begin elke dag hierdie week en vra die Here om jou Sy bonatuurlike vreugde en liefde vir ander te gee, en gaan dan uit jou pad om liefde te wys aan iemand in ‘n tasbare manier.

Week 7: Video

Week 7: Leesplan

week-7-leesplan

Week 7: Memoriseervers

7

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s