GEROEP TOT LIEFDE…

Deur Angela | Okt 19, 2016

week-7n-woensdag

s7d3

“Ek gee julle ‘n nuwe gebod; julle moet mekaar liefhê. Soos ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” – Johannes 13:34-35 

Jesus het almal lief. Elke enkele een van ons. Elke mens op hierdie aarde word deur God geken en liefgehê.

Jesus het arm mense, diewe, siek mense en prostitute liefgehad. Hy het mense liefgehad wat Hom gevolg het, en diegene wat Hom vermy het.

Omdat Hy ons liefhet, word ons geroep om lief te hê soos Hy het. “Julle moet mekaar liefhê.” Is dit maklik? Nee. Maar Hy het ons geroep om lief te hê, wat beteken dat ons die vermoë het om dit te doen. Selfs as ons seergemaak is. Selfs as daar vir ons leuns vertel is of ons mishandel is. Liefhê kan lyk soos om iemand te vergewe, of om hulle te aanvaar of te eer, selfs as dit moeilik is.

Mense is nie van nature lief vir ander met ‘n 1 Korintiërs 13 soort van liefde nie. Om so lief te hê, moet daar ‘n verandering van hart wees. Ons moet besef dat ons sondaars voor God is, en verstaan dat Christus aan die kruis gesterf het om vergifnis vir ons te voorsien. Dit is wanneer ons die keuse maak om Jesus as ons persoonlike Verlosser aan te neem dat ons waarlik daardie liefde wat Hy vir ons het, ken. Die nuwe lewe sluit ‘n nuwe vermoë in om lief te hê soos Jesus liefhet.

Om lief te hê soos Jesus gebeur nie deur ons eie wil nie. Ons kan slegs liefhet soos Hy liefhet wanneer ons vol van Sy onvoorwaardelike liefde is.

Liefde & Lig,

Prediker

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s