Week 8 –Nou Is Jou Tyd… GAAN!

Week 8 –Nou Is Jou Tyd… GAAN!

deur Angela | Oct 24, 2016 |

week-8-maandag

s8d1

Vir sewe weke nou het ons gelees, gedeel, en gedelf in wat dit beteken om vergewe te word. Stadig, dag vir dag, het ons hierdie lewensveranderende waarheid van God se Woord geneem en dit toegepas op ons harte.

Ek weet dat sommige oggende het jy gewerk om waarheid te omhels wat onmoontlik voel om te aanvaar en te verstaan

En tog oggend na oggend, net soos God se genade … is Sy vergifnis is nuut, vars en beskikbaar.

My gebed vir ons almal soos ons gelees het, ge-SOAP het, en God se waarheid toegepas het deur hierdie studie is dat ons lewens verander sal word: ons harte sal ‘n bietjie ligter wees, ons koppe ‘n bietjie hoër, en ons voetstappe ‘n bietjie meer vol vertroue. Ons is geliefd en ons is vergewe deur Jesus Christus as gevolg van daardie waarheid is lewens vir altyd verander.

Maar hierdie wonderlike boodskap kan nie vir onsself gehou word nie! Nou, meer as ooit, moet hierdie kragtige boodskap van God se vergifnis gedeel word met die WÊRELD

 “Maar hoe kan ‘n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.” – Romeine 10:14-15

 “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en” – Mattheus 28:19

So dit is my uitdaging aan ons almal in ons laaste week … en vir die res van ons lewens. GAAN!

Gaan uit in ons wêrelde, ons gemeenskappe, ons skole, ons werkplekke en deel hierdie lewensveranderende waarheid!

God het elkeen van ons ‘n verlossing storie gegee om te deel.

Vroue het nodig om te hoor hoe God gewerk het in jou lewe. Hulle moet hoor hoe Sy vergifnis jou verander het … en hoe dit hulle ook kan verander.

Dink net as jy uitreik na diegene in jou lewe wie nodig het om hierdie goeie nuus te hoor, en ek reik uit na diegene in my lewe, die impak wat ons SAAM kan hê – nie net in ons land nie, maar die hele wêreld!

Satan praat so baie leuens in ons harte, maar een van die mees skadelike is die leuen van “God sal jou nie gebruik nie.”

Niks kan verder van die waarheid wees nie.

Die waarheid is, die vyand is bang vir die impak wat jy sal hê vir God se Koninkryk as jy die krag van Christus se vergifnis begin deel in jou lewe, so hy is daarop in gestel om jou te ontmoediging en jou elke stap in die pad te stop. Moet hom nie toelaat nie! Deel jou stories! Wees dapper en moedig en onthou dat “Groter is as die duiwel, wat in die wêreld is” 1 Johannes 4:4

Ons leef in ‘n dag wanneer ons nie langer bang kan wees nie. God het elkeen van ons ‘n storie van verlossing gegee, en nou is die tyd om dit te deel.

Daar is vroue in jou lewe, in jou kring, selfs in jou gesin wat nodig het om te hoor hoe God liefhet, vergewe, en verlos. JY is die persoon wie God in hul lewens geplaas het om hierdie waarheid met hulle te deel. God het jou gekies.

Ons lewens is tot Sy eer. Ons stories – elke unieke, elke gebroke, elke mooi –  het nodig om gedeel te word, sodat ander kan sien hoe ons God vergewe en hoop hê dat wat Hy in jou lewe gedoen het, sal Hy ook doen in hulle s’n.

Vriende, God stuur ons uit soos boodskappers van hoop na ‘n seer wêreld wat in die greep van vrees is.

“Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.” – Mattheus 9:37-38

Nou is die tyd … laat ons gaan!

Kom ons praat: Hoe het hierdie kragtige boodskap van God se vergifnis jou lewe verander? Deel jou storie met ons vandag!

Lief God Grootliks!

Angela

 

 

 

 

Week 8 Uitdaging: Deel met een individu hierdie week wat God se vergifnis vir jou beteken en hoe jou lewe verander is as gevolg van dit.

Week 8 Video:

Week 8 Leesplan:

week-8-leesplan

Week 8 Memoriseervers:

8

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s