Pragtige Voete Bring Goeie Nuus

Pragtige Voete Bring Goeie Nuus

deur Angela | Okt 26, 2016

week-8-woensdag

s8d3

Hulle het haar Moses genoem.

‘n Onwaarskynlike heldin, Harriet Tubman was vyf voet hoog en het ‘n breinbesering op die ouderdom van 15 opgedoen toe ‘n swaar yster gewig in haar rigting gegooi is. In die jare wat gevolg het, was sy geteister deur slaap probleme en migraine hoofpyne.

Gebore ‘n slaaf, was Tubman misbruik deur wrede drywers wat haar geslaan het en haar liggaam gemerk het. Sy is gedwing om diere strikke te sleep deur ysige koue moerasse geklee in ‘n dun doek om haar voete te bedek. Sy het vryheid geproe en ontsnap haar kettings in 1850. Harriet beskryf hoe haar perspektief verander het nadat sy op vrye grond gestaan het: “Ek het gekyk na my hande om te sien of ek dieselfde persoon was noudat ek vry was, daar was so ‘n heerlikheid oor alles, die son het opgekom soos goud deur die bome, en oor die velde, en ek het gevoel asof ek in die hemel was ”

Haar reaksie op bevryding was om alles te waag om ander te help lei na vryheid. Eerder as om te sit op haar louere en die lewe te geniet, sy het gewillig verkies om swaarheid teë te kom en uit te reik na diegene wat nog in kettings was. Sy het negentien keer terug gekeur en 300 mense gelei na vryheid.

Harriet Tubman se gemerkte voete was pragtig vir diegene wat sy gehelp red het.

Pragtige voete bring goeie nuus.

Jesaja vertel die verhaal van hoe God se mense bevry was van Babiloniese ballingskap. ‘n terugkerende banneling het vanaf die slagveld gehardloop soos ‘n uitroeper en het die heerlike uitkoms verklaar. Vrede en vryheid is herstel na die koninkryk. Hierdie viering van verlossing voorspel ons komende verlossing en die seëvierende terugkeer van Christus, ons Groot Bevryder.

In die Nuwe Testament sien ons hoe die dissipels in die vroeë kerk met dieselfde ywerheid gelewe het as Harriet Tubman en die “Herald” van Jesaja se tyd. Hulle is vrygestel van sonde. Die boodskap van verlossing het gebrand in hul harte. Hierdie ongeskoolde boodskappers het gevangenis en vervolging in die gesig gestaar en min omgegee vir hulle persoonlike veiligheid. Hulle het gereageer na die opposisie deur te sê: “Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.” (Hand 4:20).

Susters, God het Homself sterk gewys namens ons. Ons is almal vergewe en herstel. Die kettings van skuld en skaamte is weg, en ons staan vry in die heerlike lig van God se liefde en genade.

Vergifnis is Goeie Nuus, en ons is die pragtige voete wie ons alles moet gee om die hoop op  saligheid te deel. Ons kan nie ons voete sleep en op ons louere sit nie. Ons kan dalk onwaarskynlike helde wees, maar ons roeping is om met vrymoedigheid ons bevryding te vier en diegene na vryheid te lei wat nog vas geketting is in sonde.

Hoe sal jy hierdie week Sy boodskap bekend maak? Mag jou pragtige voete, Jesus dra na jou familie, jou bure, en ons wêreld.

Hou die geloof,

Lyli 

Advertisements

1 thought on “Pragtige Voete Bring Goeie Nuus”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s