Die Krag van God se Woord

Die Krag van God se Woord

deur Angela | Nov 1, 2016

14087164_10153832727892467_631403663_o

photo-1472595574665-aa4e9b5030a3-2

Hierdie was die mees ongelooflikste studie.

Om uit te vind hoeveel God my liefhet en hoe diep Sy vergifnis vir my is, is oorweldigend. Dag vir dag was ek weg geblaas oor die Verse wat ons gelees het. Ek het deur middel van hierdie studie, die intensiteit van die liefde wat my Hemelse Vader vir my het, besef en hoe ek dit vir myself gehou het en nie dit met ander gedeel nie – ek het nie ten volle vergewe soos Hy my vergewe nie.

Ek het twee openbaringe gehad wat die meeste vir my uitgestaan het.

Die eerste een het gekom soos ek my SOAP gedoen het op die Onse Vader gebed, Vrydag van week 5. Ek het gebid vir nuwe oë, om iets anders te sien, en God was getrou!! Ek besef net hoe heilig God se naam is soos ek geleer het hoe diep Hy ons lief het. Toe kom die openbaring, Mattheus 6:11, “Gee ons vandag ons daaglikse brood.” Ek het hierdie altyd geplaas met die “manna” wat die Here daagliks vir die Israeliete voorsien het, maar daardie oggend het God my gewys dit was die Brood van die Lewe, ons enigste ware voedsel. As ons ons daaglikse “brood” ontvang kan ons ons skuldenaars vergewe, ons sal die volle wapenrusting van God moet aantrek, en ons sal in staat wees om nie in die versoeking gelei te word nie, maar gered word  uit die bose. Om Jesus elke oggend te ontmoet berei ons voor en stel ons in staat om met selfvertrou deur ons dag te loop.

My tweede openbaring was in week 7 toe ons Jesaja 61:10-11 ge-SOAP het. Dit praat oor hoe die Here ons dek met ‘n kleed van verlossing en ‘n kleed van geregtigheid wat verwys na ‘n bruidegom wat versier is met ornamente en die bruid met juwele. Wanneer Jesus ons verlossing aanbied en ons aanvaar, is ons dan verloof aan ons hemelse Bruidegom. Ek is daaraan herinner, ook nou, dat God is besig om vir ons vir ‘n ongelooflike troue voor te berei.

Die Bybel sê: In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan.” Johannes 14: 2-4. Toe ek Jesus ontvang het as my Here en Verlosser, het Hy ook my bruidegom geword.

Hy het vir my die kleed gegee om te dra, nou en totdat Hy kom om my te haal. Hy het gegaan om my huis voor te berei … ons huis, as sy bruid. Hy sal kom in ‘n GROOT optog om ons te kom haal, Sy bruid en ons huis toe dra na die huis wat Hy vir ons voor berei het … O heerlike dag!!!

Versier ek myself daagliks met die klere wat Hy vir my gegee het om aan te trek? Spreuke 31:10-12 ” ‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk. Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.” Ek. probeer dit wees vir my aardse man, maar in alle eerlikheid, het ek nooit daaraan gedink om myself voor te berei vir my hemelse Bruidegom nie.

Ek weet nie van enigiemand anders nie, maar hierdie studie was lewensveranderende. Dit was siel reiniging. Dit was vernuwede liefde. Dit was ‘n seën, nie net vir my persoonlik nie, maar vir die mense rondom my, vir die met wie ek in aanraking gekom het. God doen niks klein nie; Hy is net te manjifieke vir dit!! Hy is besig om die wêreld om elke een van ons te verander, een vrou op ‘n slag!!

Deanna Ammons

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s