Wag op die Here

Wag op die Here

deur Angela | Nov, 2, 2016 |

14087164_10153832727892467_631403663_o-2

photo-1463569643904-4fbae71ed917

 (Melissa se vorige getuienis is gedeel in hoofstuk sewe van ons Jy is Vergewe boek.)

 Ek het die telefoon neergesit na ek my storie met Joan gedeel het, en vir die eerste keer in ‘n paar weke het God my gevul met ‘n bietjie vreugde. Dit was pynlik om na die werklikheid van wat aan die gang was in my lewe, in die gesig te staar, veral nadat ek gedink het dat God my huwelik na ‘n plek van herstel gebring het. Ek het in my kar gesit en net God geprys vir die geleentheid wat Hy my gegee het om my vertroue met Hom te deel. Ek het gedink,

“God, as een vrou my storie lees en besluit om te veg vir haar huwelik en om te kies om te wag op U leiding voordat sy ‘n haastige besluit neem, sal my pyn die moeite werd wees.”

Daardie dag, het ek nie geweet wat gaan gebeur nie.

My huwelik was op ‘n plek waar dit nie herstel kon word nie. Ek was kwaad vir God. Ek het gevoel asof ek alles wat Hy van my gevra het, gedoen. Ek het gevoel Hy het geweet dat ek my man sou terugneem, selfs met die wete dat in 10 weke ek verwoes sou gelaat word.  My lewe op daardie tydstip het gelyk om waardeloos te wees. Alles waaraan ek vasgeklou het was verpletterd. Ek het heeltemal verlore gevoel. Die volgende 6 maande het God my gelei deur die moeilikste tyd wat ek ooit in die gesig gestaar het. En ek het nie verstaan hoekom nie; dit het geen sin gemaak vir my nie, maar ek het weereens gekies om te wag op die Here om my te wys wat om te doen.

Die beste raad wat ek nog ooit gekry het was, “Wanneer jy nie weet wat om te doen nie, wag net op Jesus.”

Ek het berading probeer. Ek het ‘n Bybelstudie / berading groep genaamd “Changes that Bring Healing deur Henry Cloud en ‘n Herstel van Verhoudings naweek werkswinkel bygewoon. Ek was desperaat om sterker te word, om te genees en om te weet wat God wil hê ek moet doen.

Om betrokke te wees met LGG Bybelstudies het my nog altyd gehelp om in die Woord te bly en gee vir my verantwoordelikheid.

God het daardie 6 maande gebruik om my te breek en my te bring na ek plek wat ek nodig gehad het om te wees. Op 8 Julie het ek ‘n oproep van my man gekry. Ek het nie van hom gehoor, vandat ek in Januarie vir hom gevra om weg te gaan nie. Ek was voorbereid en het grense gehad sodat ek kon vas staan. My man het op 20 Julie by ‘n rehabilitasie sentrum aangemeld. God het ‘n kragtige werk in hom gedoen. Hy is nie dieselfde nie; Hy is ‘n nuwe skepping.

Al my gebede was besig om geantwoord te word tot die kleinste detail. Ek staan steeds vertsom!

My man het sy 90 dae van skoon wees deurgekom. Ek het sy NA vergaderings elke week met hom bygewoon. Ons het ‘n lewens-groep in ons huis begin vir mense om ‘n ondersteuningsgroep te hê en om te help met my man se herstel en aanspreeklikheid. Gedurende die 6 maande na my man weg is, het ek besluit om opgevoed te word oor verslawing. Ek het ‘n kursus in verslawing en herstel begin. Ek sal teen die einde van die jaar klaar wees en gesertifiseer word. Ek sou dit nooit gedoen het sonder die verwoesting waardeur ek is nie. My hart se begeerte dat my huwelik herstel moet word, en man om heel gemaak te word, en my familie om bymekaar te bly, was vervul.  Dit kon ‘n ander uitkoms gehad het. Ek kon gekies het om na die wêreld te luister en my huwelik te gëeindig. Ek het nie

Ek sou nooit dit gedoen het sonder die verwoesting waar deur ek is nie.

My hart se begeerte vir my huwelik om herstel te word, my man om heel gemaak te word, en my familie om bymekaar te bly is vervul. Dit kon ‘n ander uitkoms gehad het. Ek kon gekies het om na die wêreld te luister en my huwelik geëindig het. Ek het ‘n Bybelse rede gehad om dit te doen; niemand sou my blameer nie. Ek het eerder gekies om te wag op die Here en hom toelaat om ‘n werk wat hy belowe het om te doen, te voltooi. Ek is so dankbaar dat ek dit gedoen het. Die pyn was intens, maar die wonder van vergifnis en herstel het my groot blydskap gegee!

Melissa Morris

3 thoughts on “Wag op die Here

Leave a Reply