Om Te Lewe in Vryheid deur Vergifnis

Om Te Lewe in Vryheid deur Vergifnis

deur Angela | Nov 4, 2016

14087164_10153832727892467_631403663_o-4

photo-1445038678354-6890ad33bc72

Toe die Jy is Vergewe studie boek aangekondig is, het ek gedink dat dit dalk nie ‘n onderwerp is wat werklik baie met my gepraat het nie. Ek was nog altyd ‘n “goeie meisie,” het uit die moeilikheid gebly en het  probeer om te lewe vir Christus. Wat het ek gehad wat regtig so erg was, of wat het ek nog nie reeds bely nie? Maar as ‘n fasiliteerder, het ek begeer om aanhou te werk met my klein groepie, en daarom het ek besluit om die groep te lei deur middel van die Jy is Vergewe boek.

Week na week, het die Skrifgedeeltes en hoofstukke wat geskryf is deur die LGG span die lae van onvergewensgesindheid in my lewe terug geskil– onvergewensgesindheid in my hart oor wonde wat lank terug toegedien is, en gebiede waar ek nodig gehad het om vergifnis van ander te soek. Rondom week 5, was daar vier name wat by my opgekom het. Die eerste twee was vroue wat my gewond het terug toe ons klasmaats was in laerskool en hoërskool. Gebreekte vriendskappe en kwetsende skinder het ‘n wortel van bitterheid gelaat. In die deurwerk van hierdie studie, was ek in staat om elke vrou ten volle te vergewe en ook my persoonlike begeerte vir “geregtigheid” aan God bekend te maak.

Die ander twee was vroue wie ek in die verlede swak behandel het – een in middel skool en een in  kollege. (Sien iemand die tema? ‘n Groot vriendskap konflik tydens elke fase van onderrig?) Uiteindelik  tydens week 7 en week 8, ek het ‘n poging gemaak om verskoning te vra vir my rol in die skade aan ons vriendskap.

Wonder bo wonder, het ELKE vrou geantwoord dat sy nie my mishandeling van haar of ons vriendskap kan onthou nie, en het my verseker dat ek vergewe was.

Prys die Here! En o, hoe dom was ek om so lank te wag om te versoen! Ek het gewonder wat elke vrou van my moet dink, hoe arrogant of onvriendelike ek was, maar in werklikheid  het hulle lankal my sondes teen hulle vergeet.

Is dit nie NET soos my verhouding met God? Sy bereidwilligheid om my te vergewe en my sondes van my te verwyder, gereed en wagtend. Tog het ek gewonder wat Hy van my moet dink, hoe trots of ongehoorsaam ek is, en ek versuim om Sy vergifnis te vra. Ek het gedink dat ek nie waardig is om vergewe te word nie

Maar Sy vergifnis is bekikbaar vir my – beskikbaar deur die opoffering van Sy Seun aan die kruis!

Kom ons hou op om ons laste van onvergewensgesindheid te dra, en dit toelaat om ons groei te belemmer en ons diens te verhinder.

Kom ons leef in die vryheid wat ons vind deur vergifnis. Ons KAN leef in vrede – beide met ander mense hier en nou, en ook met God, onse Vader, wat al ons lof verdien vir sy barmhartige genade oor ons.

Anna Kim

Advertisements

1 thought on “Om Te Lewe in Vryheid deur Vergifnis”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s