U Uitnodiging Om Ons Te Help Om Lewens Te Verander

U Uitnodiging Om Ons Te Help Om Lewens Te Verander

deur Angela | Nov 14, 2016

mirror-light-black-glass

12308128_10208244881145047_675477896481328072_o

(Klik hier om vandag se video te kyk)

Ek het onlangs ‘n vergadering by ‘n plaaslike kweekskool bygewoon en gedeel oor Lief God Grootliks : hoe ons Bybelstudies nou in 18 tale vertaal word en vroue van regoor die hele wêreld bereik… in meer as 200 verskillende lande, om presies te wees. Nadat ek klaar gedeel het, het die professor na my gekyk en gevra, “Hoe is dit moontlik? Hoe doen jou bediening soveel met so min? “

My antwoord was… God, en jy!

Ons saam … bedien langs mekaar vir Sy eer met dieselfde doel voor oë: om vroue te help om in God se Woord te kom, hier in die Verenigde State en in elke nasie in die wêreld!

Hy het verder gesê: “Van my perspektief, is daar geen twyfel dat God kragtig beweeg deur Lief God Grootliks. Hy doen die onmoontlike deur jou.”

Vriende, hierdie week is ek nederig en opgewonde om met julle sommige van die wonderlike geleenthede te deel wat ons gekry het om God se Woord te deel met die wêreld en met julle, julle vriende, en bure die afgelope jaar! Dit was werklik ‘n plesier en eer gewees! Jy sien, Lief God Grootliks is aansienlik nie net ‘n Bybelstudie bediening nie. Met behulp van ons Engelse en vertaalde Bybelstudie hulpbronne, streef ons daarna om gemeenskappe van vroue wat gesentreer rondom God se Woord, te ontwikkel. Hoekom? Omdat saam is ons sterker, en ons glo dat vroue behoort nie beperk te word tot toegang tot gehalte Bybel hulpbronne as gevolg van ‘n gebrek aan vertalings of finansies nie.

Lief God Grootliks is … ‘n vroue Bybelstudies + vertalings + bou van gemeenskappe.

Hierdie aanstaande jaar – hand aan hand en deur baie gebed –  gaan ons uitstap in geloof om daardie een vrou te bereik. Omdat ons haar sien… en ons weet hoe kragtig God deur net EEN kan beweeg.

Een vrou beïnvloed haar familie. Een gesin impak ‘n gemeenskap. Een gemeenskap – saamgebind – is ‘n kragtige werking wat ‘n stad kan verander; ‘n nasie.

Ons vra God vir meer “Esters …”

Vroue wat met vrymoedigheid sal staan vir God in hulle land!

Dit is ons hoop en gebed.

Nou is die tyd!

So hierdie komende jaar, nooi ek jou uit om ons te help om ‘n groter impak hier in Suid Afrika en regoor die wêreld te maak…

Vir dié van julle wat dalk nie weet nie, oor die jare, het ek en my man alleenlik Lief God Grootliks gefinansier en was dit nie tot onlangs dat ons begin het om skenkings te ontvang en ons joernale en boeke begin verkoop het om die groeiende koste van die bestuur van LGG te onderhou, terwyl ons nog toelaat dat ons joernale gratis afgelaai kan word vanaf ons webwerf vir diegene wat nie kan bekostig om dit te koop nie.

Laat ek eerlik wees met jou … .Ek hou nie daarvan om vir donasies te vra nie. Ek is ‘n “gewer” en ek hou daarvan om dinge weg te gee …  hierdie vra en verkoop … is ver buite my gemaksone. Maar ek sal bereid wees om dit te doen, want ek is lief vir hierdie bediening en is LIEF vir die vroue wat ons dien.

Ek het eerstehands gesien hoe God besig is om lewens deur LGG te verander… en ek weet jy het ook. Net hierdie afgelope weke deur die getuienisse van Jy Is Vergewe, het ons ‘n klein blik op hoe God beweeg deur middel van vroue se lewens gesien soos hulle delf in God se Woord deur ons studies! Ons het ‘n punt bereik dat ons net nie kan voortgaan om die groeiende behoeftes te ontmoet sonder jou hulp nie. Selfs al is ek heeltemal buite my gemaksone… is dit ‘n opwindende tyd, want ek is heeltemal afhanklik van God om te beweeg deur middel van julle en ander … en ek dink dit is ‘n goeie plek om te wees.

Vir diegene wat nie weet nie, het ek gekies om nie ‘n salaris te ontvang vir die bestuur van Lief God Grootliks nie, so AL die geld wat in LGG kom van skenkings, tot joernaal / boekverkope … alles gaan reguit terug in die bediening. Ek is so dankbaar om hierdie geleentheid  te hê om hierdie besluit te neem en te help om hierdie wonderlike bediening  te finansier omdat Ek LIEF is daarvoor en LIEF om te sien hoe God dit so kragtig gebruik om die wêreld te verander… een vrou op ‘n slag

Lief God Grootliks is ‘n droom wat waar geword het, en ek is so geëerd en opgewonde om ‘n deel daarvan te wees!

God het Lief God Grootliks dramaties laat groei die afgelope jaar en dit is pragtig om dit te sien.! Hy het deure van geleenthede oopgemaak soos nog nooit tevore nie en ek sien daarna uit om te sien wat Hy alles in stoor het vir ons in 2017

Die afgelope jaar het God ons geseën met nog meer vertalers …  wat ons uitreiking oor die wêreld verhoog! Ons sien Hom takke van vertalings spanne bou, wie ons toerus om hul lande met God se Woord deur middel van ons Lief God Grootliks Bybelstudie te bereik.

Ons hart is om jou te dien, asook sendelinge en kerke regoor die hele wêreld deur hulle toegang te gee van ons Bybelstudies en sodoende hul werklading te verminder en hulle te voorsien met hulpbronne wat hulle nie anders kan bekostig nie.

Wanneer julle ons ondersteun deur jou tyd te vrywillig, te bid vir ons bediening, deur die aankoop van ‘n boek, of skenking aan Lief God Grootliks, help julle om die onmoontlike moontlik te maak ….

Soos ons begin om totsiens te sê aan 2016 en hallo te sê vir 2017 … Ek het gedink dit was net gepas om ‘n bietjie van ‘n viering te hê vir alles wat God die afgelope jaar gedoen het! Ons vierings hierdie week is julle vieringe! Saam, het God dit gedoen deur ons. Wat ‘n voorreg dit was om saam met elkeen van julle die afgelope jaar te dien! DANKIE

Sluit hierdie week by my aan soos ons saam alles vier wat God deur Lief God Grootliks gedoen het in 2016. Saam in gebed en met danksegging, kom ons sien uit na 2017 met groot afwagting en as jy in staat is, kan jy dit asseblief oorweeg om ‘n donasie te maak en ons help om meer vroue te bereik en toe te rus met God se Woord in 2017!

Lief God Grootliks!

Angela

 

 

 

 

lgg-long-image

__________________________________________

Click here to donate:

__________________________________________

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s