Viering van God se werk deur LGG Hongarye!

Viering van God se werk deur LGG Hongarye!

by WhitneyD | Nov 2, 2016 |#Droommetons

mirror-light-black-glass-2

photo-1470163395405-d2b80e7450ed-2

Vriende,

Ons praat al die tyd oor hoe ‘n vrou ‘n verskil kan maak in haar land en dit is waar! Ek is so opgewonde vir julle om my lieflike vriend, Viola te ontmoet, en om te hoor hoe God haar gebruik  om Hongraase vroue te bereik met ons Lief God Grootliks Bybelstudies!

Maak seker om vandag se video van haar suster Eliza te kyk, sy deel die belangrikheid daarvan om Bybelstudies in hul moedertaal te hê en die bou van gemeenskappe om mekaar te ondersteun!

Viola is ‘n wonderlike voorbeeld van wat God kan doen wanneer ‘n vrou vir God “Ja” sê!!! As gevolg van haar, het vroue in Hongarye en Hongaarse vroue in ander lande, nou ook toegang tot Bybelstudies in hul eie taal!

Kan God werklik ‘n familie, gemeenskap en nasies verander as gevolg van EEN VROU? Jy beter dit glo!

Video Klik hier

_____________________________________________________

x8a0155

(Annabell, Tylor, Angela en Viola in Hongarye hierdie afgelope Augustus vir die Hongaarse Intensief.)

Dierbare Susters in die Here

Groete uit die Hongarye Liefde God Grootliks tak!

God doen ‘n kragte werk in ons land, Hongarye! Ek kan nie eens vertel hoe dankbaar ek is vir die geleentheid om saam met ‘n ongelooflike span van kosbare, eensgesinde vroue te dien,  om  Hongaarse-sprekende dames in verskeie lande te bedien. Van die Hongaarse vroue wat saam met ons bestudeer, woon helfte nie in Hongarye nie, want hulle het getrek van Hongarye vir familie of finansiele rede en verlang na hulle land en hulle taal. Soos hierdie vroue probeer om in te pas in ‘n nuwe kultuur, is hulle in staat om hul Hongaarse wortels te behou deur die Lief God Grootliks Hongaarse Bybelstudies. Ander is gebore en woon in die buurlande wat eens‘n gedeelte van Hongarye was, daarom praat hulle Hongaars. Ek voel dikwels dat deur ons Bybelstudies kan ons weer verenig wees en weereens leer oor en God prys in die taal wat ons almal deel.

afterlight-3

Baie van die vroue, van verskeie lande, wie die LGG Hongarye Tak Intensief die afgelope Augustus bygewoon het.)

In net ‘n paar weke sal ons, ons 4de herdenking van die heel eerste Hongarye Lief God Grootliks Bybelstudie vier. Soos ons terugkyk op alles wat sedertdien gebeur het, vul dit my hart met ‘n ongelooflike vreugde en dankbaarheid! Wat ‘n wonderlike God ons dien!

Wat begin het as ‘n klein Facebook-groep met net ‘n paar van my goeie vriende en familielede het nou gegroei tot ‘n gewilde Bybelstudie met meer as 100 vroue wat deelneem in die jongste Jy is Vergewe studie !!!

Na die aanvanklike jaar van vertaling en fasilitering deur myself,  het ek gevoel asof  die Here my vertel om ‘n paar van die verantwoordelikhede te delegeer aan ander. God was besig om my te help om ‘n span te bou en stadig is mense bygevoeg. Ons het nou ‘n span van 20 mense wat daartoe verbind is om te dien in LGG Hongarye! Ek het nou ander mede-fasiliteerders en spanleiers wat my help met die bestuur van die LGG Hongarye Tak! Ons bediening span staan bekend as die Star-Span van Filippense 2: 15-16:”. Dan sal julle skyn onder hulle soos sterre in die lug as jy vashou aan die woord van die lewe” Dit is ongelooflik hoe God hierdie getroue mense bygevoeg het om te bid , om aan te moedig, beelde te maak, groepe fasiliteer, mentor, in stand te hou en Lief God Grootliks se blogs te vertaal.

Die afgelope Augustus was ons baie opgewonde om ons tweede Hongarye Intensief te hou en Angela Perritt as ons spreker en eregas. Ek kan nie beskryf wat ‘n seën haar besoek vir ons almal was nie! Ons het so waardeer en deel gevoel met Lief God Grootliks en Angela se aanmoediging het ons nuwe momentum gegee om voort te gaan op ons pad en vroue meer vurig en passievol te dien  in ons land. Angela se reis het my persoonlik soveel gegee en haar ware vreugde, wysheid en leierskap was voorbeeldig.

x8a0092

x8a0065

Angela se besoek was ook die tyd tot ons ons nuwe webwerf bekend gestel met die vrygewige werk van een van ons lede. Gaan kyk hier daarna. Selfs al verstaan jy nie die taal nie, sluit by ons aan in die loof van God wie dit alles moontlik gemaak het.! Ons span hanteer ook ‘n Facebook-bladsy en ‘n blog met vertaalde boodskappe en ‘n paar van ons eie blog boodskappe geskryf deur talentvolle span lede. Om ons eie poste te hê maak die bediening ons s’n al hoe meer.

Ek is oortuig daarvan dat mense  behoort Lief God Grootliks te ondersteun, omdat ek persoonlik die seeninge gesien wat uitkom in hierdie bediening. As gevolg van Lief God Grootliks, het ek gegroei as gelowige en leier, ek is nou nader aan God. Ek het nuwe vriende in die Here gevind en het aangemoedig en bedien met vroue wat ek nooit sou ontmoet het sonder hierdie studie nie.

Lief God Grootliks is ‘n waardige saak, omdat dit vroue aanwys na God, bied die evangelie suiwer aan, en bring gemeenskappe nader aan mekaar en aan God. Wie sou nie wil deel wees van iets wat God voortdurend seën?

Ons wil u graag nooi om vir ons te kom kuier hier in  Hongarye en vir jouself sien hoe God besig is om wonderlike dinge onder ons te doen! U sal nie spyt wees nie!

God seen jou.

Viola Bolbas

Direkteur – LGG Hongarye

Wees ‘n deel van wat God besig is om te doen rondom die wêreld deur middel van vroue soos Viola en haar LGG Hongarye span vandag deur ‘n vennootskap met Lief God Grootliks

donate-image-copy

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s