Bereiking van die Onbereiktes: Wanneer God sê gaan …

Bereiking van die onbereiktes: Wanneer God sê gaan …

deur WhitneyD | Nov 17, 2016 |

mirror-light-black-glass-3photo-1473830439578-14e9a9e61d55-2Hierdie week vier ons hoe God EEN VROU gebruik om ‘n verskil te maak vir Christus in haar nasie. Vandag se pos  is geskryf deur Edurne Mencia: ‘n vrou en ma van Spanje wat in die oerwoud van Venezuela woon. Sy dien God as sendeling vir onbereikte stamme langs haar man en drie jong kinders. Edurne se passie is om vroue te help hulle lewens te leef vir God. Sedert 2011 lei sy die LGG Spaans (wie se Spaanse hulpbronne nou in 22 lande is!) met ‘n wonderlike span van vroue wat hard werk om al LGG hulpbronne beskikbaar te maak vir Spaans sprekende vroue.

14964156_10154028724792467_1723747743_o

 “Hierdie is die eerste keer wat iemand gekom het om ons te leer.”

My oë het met trane gevul.

Hulle wou nie beweeg nie Al die mans in die dorp het langs die hut gestaan waar die vroue by mekaar gekom het, en het gewag dat ons ons laaste vergadering vir die naweek eindig. Maar hulle wou nie weg gaan nie.

Hulle wou meer leer. Hulle was vir soveel jaar dors, en nou wou hulle nie ophou om te drink van die Lewende Water nie.

14971548_10154028724807467_1589428576_o

Wanneer jy in ‘n plek woon waar die meeste vroue nie ‘n bybel besit nie, waar hulle nooit vertel is dat hulle kan en moet die Woord van God by hulfself leer nie, sien jy vroue waardeer wat baie vanselfsprekend aanvaar.

Lief God Grootliks se hulpbronne vervul hulle behoefte.

Dit het alles begin met ‘n gesprek tussen Dionisio, die pastoor van een van die dorpe op die Atabapo Rivier, in die deel van die oerwoud waar jy Venezuela kan sien aan die een kant van die rivier en Colombia aan die ander kant.

Hy het vir my man gesê: “Sê vir jou vrou om ons vroue te leer”.

En ek het gegaan

Een vrou onderrig ander vroue.

‘N paar weke gelede het een van ons leiers in Colombia vir my ‘n storie vertel oor ‘n groep arbeiders in ‘n koffie plantasie. Een van die werkers het een van ons studies gedruk en sy het besluit dat dit is presies wat sy kan gebruik om haar mede-werkers te bereik. Nie een van hulle besit ‘n Bybel nie.

Party van hulle kan nie eers lees nie.

Maart hulle kan hoor…

Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus. Romeine 10:17

So na hul lang en harde werksdag, sou sy tyd neem om die verse te lees na die vroue en met hulle daaroor praat. Saam het hulle woorde van lewe gevind. Gemeenskap. Hoop.

Een vrou bereik  ander vroue.

Ons het baie aanlyn groepe in Spaans, en in die meeste van hierdie groepe het ons ten minste een vrou wat rond kyk en die nood sien en vermeerder hierdie hulpbronne vir die vroue om haar, wie nie toegang tot die internet of haar eie rekenaar besit nie. Een vrou help ander vroue.

Regoor die wêreld, is min hulpbronne Bybelstudie beskikbaar in die Spaanse taal. En die wat bestaan is so duur dat vroue hulle nie kan koop nie. By Lief God Grootliks gee ons hierdie vroue gehalte materiaal – en as gevolg van so baie mense wat nie ‘n Bybel besit nie –  sluit hierdie hulpbronne die Bybelverse in wat hulle nodig het om die studie te doen.

En ons doen dit gratis.

Omdat ons glo dat elke vrou verdien om geliefd gekoester en versorg te voel.

 Ons weet dat wanneer ‘n vrou ‘n verbondenheid neem om te belê in die lewe van ander vroue, is  lewens vir altyd verander met die waarheid van die evangelie.

Omdat ons droom om vroue, gesinne, gemeenskappe, en die hele wêreld te transformeer vir Christus!

{Lief God Grootliks Bybelstudie Leesplanne is diep in die woude van of Venezuela!}

Laat ons aanhou om toelaat dat vroue regoor die wêreld die Woord van Christus hoor in hul eie tale en help hulle om te groei in die Here.

Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels – Mattheus 28:18

14961571_10154028724797467_958993042_n

Sal jy saam met ons “gaan”?

Tevrede in Sy diens,

Edurne

__________________________________________

Vier saam met ons en word ‘n deel van wat Lief God Grootliks doen in Venezuela en rondom die wêreld.  Click here to donate:

lgg-long-image

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s