Die Tyd Is Nou

Die Tyd Is Nou

by WhitneyD | Nov 18, 2016 |

mirror-light-black-glass-4

img_9794

Bietjie meer as vyf jaar gelede het ek ‘n onverwagse oproep van ‘n jeug vriendin ontvang. Alhoewel sy gereeld in kontak gebly het met my jonger suster, het ek nie veel met haar gepraat in die vyf en twintig jaar sedert haar familie weggetrek het van ons klein Indiana tuisdorp. Ons voorste tuine was net verbind deur daardie lang verwaarloosde gruis laan vir ‘n jaar, maar deur ‘n reeks van vreugde en proewe daardie jaar het ons gesinne saam gebind op so ‘n manier dat ons dit nooit in ‘n miljoen jaar kon voorspel het nie.

Sy het gevra of ek sal belangstel om so een keer in ‘n rukkie vir ‘n groeiende vroue aanlyn Bybelstudie bediening sal skryf, en die waarheid is, toe ek die telefoon neersit daardie aand het ek onmiddellik vir my man gesê dat daar is geen manier wat ek dit kon doen nie. Ek het vier baie jong kinders gehad, ‘n hardwerkende man met ‘n baie onreëlmatige werkskedule, en ek was nog steeds besig om te probeer om my ritme en tevredenheid te vind in die draai van ‘n paar baie intense jare van moederskap. O ja, en daar was een ander baie belangrike detail …

Ek was nie ‘n skrywer nie.

Maar God het geweet van die dae wat voor gelê het, wat ek nog nie kon sien nie. Voor ek my kon kry, het my man aan my ‘n splinternuwe skootrekenaar oorhandig met die woorde: “Ek dink regtig jy moet ja sê,” ek het Angela  in vrees en bewerasie terug geskakel en myself verbind tot die eerste stap in hierdie ongelooflike avontuur met  Lief God Grootliks.

Nou, vyf jaar later, en Lief God Grootliks bereik vroue in meer as 20 nasies.. Julle ouens ek kan skaars my  gedagtes rondom dit kry, maar dit is net soos God is, is dit nie? Hy is die God van uitermate oorvloed, van volmaakte krag in swakheid, van die moontlikheid in die middel van die onmoontlike … vir die heerlikheid van Sy groot Naam in die ganse aarde.

dsc_0005

Hy ontmoet my nie net met teerheid deur my oop Bybel op my kombuistoonbank elke oggend nie , maar reg nou strek Sy krag en die waarheid van sy Woord oor oseane, mensegroepe, tale – selfs oorlog sones en die swaarste van harte – en Hy is besig om nuwe grond te breek deur jou en deur my om mense te bereik wat nog nie gehoor het nie…

Reg nou in Asia…

“In Japan, is minder as 1% van die bevolking Christene. Christene en nie-Christene gelyk werk lang ure en baie kom nie vroeg genoeg by die huis om ‘n Bybelstudie by te woon nie. En selfs al kon hulle, was daar net een boek in die Christelike boekwinkel wat spesifiek ontwerp is vir Bybelstudies vir vroue. LGG verskaf ‘n raamwerk om vroue te help om die Bybel te bestudeer ongeag of  hulle ‘n weeklikse vergadering kan bywoon of nie. “- Laura, Japannese vertaler

Reg nou in Europa…

“Ek woon in ‘n land waar tradisioneel kon net die priesters die Bybel lees en interpreteer. Dit is so bemagtiging om in staat te kan wees om LGG hulpbronne te deel met jong Poolse studente en hulle aan te moedig dat God daagliks ook met hulle kan praat! In Pole “glo” almal in God, maar baie min (0,3% Evangeliese) het werklik hul vertroue in Hom of Sy onfeilbare Woord geplaas”-. Krista, Poolse vertaler

dsc_0156

Reg nou in Noord Afrika..

Waar humanitêre krisisse veels te algemeen is van ‘n werklikheid, waar miljoene verplaas is, en nog vele meer daagliks leef met onvoldoende skuiling, kos en water… “Net onlangs het groter internet toegang beskikbaar geword vir mense in Nigerië. So die meeste vroue, indien nie almal nie, maak staat op hierdie aanlyn hulpbronne om in staat te wees om God se Woord te bestudeer. “- Ebos, Nigeriese vertaler

Reg nou in Suid Amerika

In Venezuela, waar vlugtige politieke onrus heers, waar onbereikte mensegroepe diep geleë is in die Amasone, waar daar nog 14 taalgroepe is sonder skriftelike Skrif … “Wanneer jy in ‘n plek woon waar die meeste vroue nie ‘n Bybel besit nie, waar hulle nooit vertel is dat hulle kan en moet die Woord van God by hulself studeer, sien jy vroue koester wat baie as vanselfsprekend aanvaar. “- Edurne, Spaans vertaler

img_9823

Dit was ‘n ongelooflike week van viering van wat God kan bereik deur middel van #Een Vrou deur Sy Woord te neem tot aan die einde van die aarde. Dankie dat JULLE saam met ons gevier het en vir julle belangrike deel van hierdie lewendige gemeenskap.

Een vrou beïnvloed haar familie. Een gesin impak ‘n gemeenskap. Een gemeenskap – saamgebind – is ‘n kragtige werking wat ‘n stad kan verander; ‘n nasie.

Alle eer en heerlikheid aan die Een wat die wêreld so liefgehad dat Hy gegee. O dierbare Jesus, U is waardig.

By Sy Voete,

Whitney

 

 

 

 

 

 

:Klik hier om ons te help om meer vroue te bereik in 2017

 

Advertisements

1 thought on “Die Tyd Is Nou”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s