“COME, THOU LONG EXPECTED JESUS”

“COME, THOU LONG EXPECTED JESUS”

15025465_10211346406881252_762660427858046599_o

HET JY AL OOIT gewonder wat God besig was om te doen al die jare voor die vleeswording? Of waarom Hy gekies het om so lank te wag as wat Hy het voor die vleeswording ‘n werklikheid geword het?

Ek het.

Maar God se plan van verlossing deur die geboorte en dood van Jesus was nie iets waaraan hy gedink het in ‘n oomblik van verveling nie. Dit was ‘n plan wat bepaal is voor die grondlegging van die wêreld.

’n Plan wat uiters ingewikkeld was en steeds is.

God het stuksgewys die Verlosser wat sou kom om sy volk van hulle sondes te red, geopenbaar. Hierdie Advent het begin in Genesis en het voortgeduur deur die hele Ou Testament.

Soos die “Children’s Story Book Bible” sê, “Elke storie uister sy naam.” Die tyd van die Ou Testament was ‘n seisoen van voorbereiding en wag.

Ken jy hierdie gesang?

 

unknown

Hierdie Kersgesang beskryf pragtig die verlange wat die mense van die Ou Testament moes gevoel het. Maar nou kan ons juig omdat die langverwagte Verlosser gebore is! Hierdie is ‘n goeie tyding van groot blydskap, want dit beteken redding het gekom en sonde is verslaan.

In die Ou Testament het die volk van God in afwagting uitgesien na die koms van die Messias. Hierdie Advent het baie wag, vertroue en geduld vereis.

Selfs nou is ons in ‘n seisoen van Advent, nê? Ons wag in volle verwagting vir ons Verlosser om terug te keer. Om ons eens en vir altyd te red van die teenwoordigheid van sonde en vrees, om alle dinge reg en mooi te maak, en vir ons om in sy koninkryk te woon en vir ewig aan Sy sy te wandel. Die Advent waarin ons is vereis ook wag, vertroue en geduld.

Die hoop wat Israel gehad het is dieselfde hoop wat ons ook vandag het. Hulle het volle vertroue gehad in die beloftes van God en in ‘n Messias wat sou kom om sy volk te red.

In ons 2016 Advent studie gaan ons kyk na sommige van die Ou Testament se beloftes van die Verlosser en die nederigheid wat hom sou kenmerk. Ons sal leer waarom Hy gekom het en die reaksie van verskeie mense in die Kersverhaal, insluitend hoe ons ook moet reageer op Jesus.

Ons sien so daarna uit om more saam met julle ons God Met Ons te begin studier.

“Die Kersboodskap is dat daar hoop is vir ‘n verdorwe mensdom – hoop van kwytskelding, hoop van vrede met God, hoop van heerlikheid – want deur die Vader se wil het Jesus arm geword, en is Hy gebore in ‘n stal sodat Hy dertig jaar later kan hang aan ‘n kruis.”  J.I. Packer

God met Ons studie materiaal kan hier afgelaai word.

https://liefgodgrootliks.wordpress.com/studies/

ad

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s