DIE BELOFTE VAN ‘N VERLOSSER..

DIE BELOFTE VAN ‘N VERLOSSER…

deur WhitneyD | Nov 28, 2016

week-1-maandag

wk01d01

DIE BELOFTE VAN ‘N VERLOSSER..

En die Here God sê vir die slang:

“Omdat jy dit gedoen het,

is jy vervloek onder al die diere.

Op jou maag sal jy seil

en stof sal jy eet, jou lewe lank.

Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou

tussen jou nageslag en haar nageslag.

Haar nageslag sal jou kop vermorsel

en jy sal hom in die hakskeen byt.”

Genesis 3:14-15

Vandat ek kan onthou het ek daarna uitgesien om ‘n ma te word. Toe daardie eerste swangerskapstoets positief wys, kon ek skaars my uitgelatenheid inhou in verwagtig van alles wat voorlê. Normale, alledaagse gedagtes is vinnig vervang deur herhaalde dagdrome oor hoe om die babakamer te versier, oulike babakleertjies, soete babareuke en prentjie-mooi oomblikke van my man en ek wat ons pasgebore baba troetel terwyl rustige musiek in die agtergrond speel.

En toe is ons baba gebore.

 Hy was ‘n wonderwerk en vir seker ‘n absolute geskenk van God. En ons het hom liefgehad met ‘n kragtige, onwrikbare liefde van die begin af. Maar dit het ons nie lank geneem om te besef dat, tesame met baie vreugde wat hierdie kind vir ons sal bring, sal hierdie kind ons ook uitdaag en teen ons rebelleer op maniere wat ons ons nooit sou kon indink nie. Hierdie koliekerige baba sou opgroei in ‘n lewenslustige kleuter, en in daardie kritieke ontwikkelingsjare het ons ure en ure spandeer in ‘n permanente opleidingsfase. As jy die ouer van ‘n sterkwillige kind is, sal jy weet dat dit nie vir dié is wat lafhartig is nie.

Gedurende een besonderlike moeilike seisoen – toe ons gevoel het dat al wat ons ooit bereik het was die onophoudelike hantering van rebellie in ons seun – onthou ek dat ek ingeloop het in die kamer, en my seun op sy pappa se skoot sien sit het. Daar was soveel kere wat ons dit alles verkeerd hanteer het. Maar terwyl trane teen my man se gesig afgestroom het, het hy sagmoedige woorde van waarheid en hoop gespreek oor hierdie kind wat nie kon ophou om te sondig nie.

Sy vader se liefde het hom ontmoet in sy sonde.

In sy barmhartigheid het hy nie die verhaal daar laat eindig nie.

Hy het gepraat van ‘n verlossing wat alles bedek.

Julle sien, selfs al het my seun se keuses hom in hierdie gemors laat beland, was daar geen manier dat ons sou opgee op hom nie. As sy ouers, was ons liefde te diep; ons roeping te sterk. Die rede vir ons hoop te midde van die chaos?

Die belofte van ‘n Verlosser…

__________________________

Met die Adventseisoen voor ons, sal dit maklik wees om te dagdroom oor modieuse Kersfees versierings, om te dink wat om te dra vir familie foto’s, die soete skouspel en reuke van die seisoen, terwyl jy luister na Bing Crosby met sy rustige Kersfees liedere.

Maar ons verse vandag neem ons terug na die skrikwekkende realiteit van hoe dit alles begin het; terug na presiese rede hoekom ‘n Verlosser uit die hemel neergdaal het en in Betlehem gebore is op daardie eerste Kersfeesnag.

Na die wonderwerk van die skepping en alles wat goed en reg was in die wêreld, kry ons net drie hoofstukke in die Bybel voordat rebellie na vore kom. Satan verlei, en in ‘n poging om dit op hulle manier te hê, rebelleer Adam en Eva teen God en kom sonde in die wêreld in. En wat ek vandag nie eers kan begryp terwyl ek hierdie verse oor en oor lees nie, is dat, terwyl God dadelik die slang (Satan) vervloek het, tree hy die teenoorgestelde op van ‘n verergde ouer, en Hy vervloek nie dadelik vir Adam en Eva nie.

Inteendeel, God spreek die eerste belofte van ‘n Verlosser uit.

Hierdie bekendstelling van Hoop wat sal kom, sal voortgaan om deur die Skrif voorspel te word, en met dit kom ‘n boodskap van verlossing vir ‘n mensdom wat nie kon ophou sondig nie. Jesus sou kom om ‘n lewe te leef wat ons nooit sal kan leef nie, en ‘n dood te sterf wat ons moes sterf. Aan die kruis sou Satan Jesus se hakskeen kneus, maar dit sal nie die einde van die verhaal wees nie. ‘n Leë graf sal ‘n opgestane Koning bekendstel, en God sal Satan se kop vermorsel in ‘n dodelike slag, en Sy oorwinning en gesag oor Satan verklaar vir eens en altyd.

“God verheug Hom in genade. Voordat Hy ‘n vloek op man en vrou uitspreek, voordat Hy hulle uit die tuin uitsit, gee Hy vir hulle hoop vir redding, hoop van herlewing dat hulle vir Satan sal haat en hom sal sien as die vyand, en dat hulle vir God sal liefhê. Dat daar ‘n Verlosser sal kom; daar sal Een kom wat Satan sal oorwin en daarom sonde sal oorwin. Selfs al word Hy in die oorwinning gekneus, sal Hy daardie dodelike vyand vermorsel. Wat ‘n ongelooflike belofte. Wat ‘n genadige God. En dit is hier waar die evangelie begin.” – John MacArthur

Loof God vir ‘n barmhartige Vader wat nooit opgee op ons nie. Sy liefde is te diep; Sy roeping te sterk.

Sy liefde het ons ontmoet in ons sonde.

In Sy barmhartigheid het Hy nie die verhaal daar laat eindig nie.

Sy verlossing bedek alles.

 Van die heel begin af, het ons teen U gerebelleer. Van die heel begin af, het U ‘n Verlosser belowe. Groot is U, Here…

By Sy voete,

Whitney

 

 

 

 

 

 

*Kom ons Praat: Vertel vir ons vandag in die kommentaar waar julle vandaan is en een doel wat julle wil bereik tydens hierdie studie…

 Week 1 Uitdaging: Elke keer as jy Kersfeesliggies sien hierdie week, stop en dank God dat Hy die beloofde Verlosser gestuur het: Jesus die Lig van die Wêreld. – Johannes 8:12

 Week 1 Video: Vir hierdie week se video nooi ons jou uit om jou fokus te verskuif na Christus en saam met ons te aanbid…

Week 1 – Leesplan

leesplan-week-1

Week 1 – Memoriseervers

w1memory-verse

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s