Sy Naam Is…

Sy Naam Is…

Deur Angela | Nov 30, 2016

week-1-woensdag

wk01d03

Nadat Hy honderde jare gewag het, het die beloofde Messias uiteindelik gearriveer in die donkerste van tye.

Die tyd in die geskiedenis wat God gekies het om Sy 700 jaar oue belofte aan die Jode te vervul en vir hulle hul langverwagde Verlosser te gee, word akkuraat beskryf deur onrus, vrees en dood.

Wanneer ek Jesaja lees word ek daaraan herinner dat God Sy beste werk doen in die donkerste tye, want dit is wanneer Sy kinders Hom die beste kan sien.

“Die volk wat in donkerte geleef het, het ‘n groot lig gesien, oor díe wat in die donker land was, het ‘n lig geskyn.” – Jesaja 9:1

“En in daardie donkerte, skyn Sy lig die helderste wanneer Hy na Sy kinders uitroep en sê, “Kyk op! Ek is met jou! Jy is nie vergeet of verlaat nie! Ek is God, die Een wat Sy beloftes hou…”

“Vir ons is ‘n Seun gebore,

Aan ons is ‘n Seun gegee;

Hy sal heers,

En Hy sal genoem word:

Wonderbare Raadsman, Magtige God,

Ewige Vader, Vredevors.”- Isaiah 9:5

En ek wonder of ons, soos die Jode in Jesaja se tyd, ook weereens moet opkyk en herinner word wie hierdie langverwagde Verlosser is…

Hy is ons Wonderbare Raadsman-

Hy is die Een waarnatoe ons moet hardloop vir raad, wysheid en insig. Hy is alwetend, uitsonderlik in elke wyse, en Hy weet alles van ons. Hy verstaan ons swakhede, vrese en mislukkings. Ten spyte van dit, verlaat Hy ons nooit nie. Hy is verbind tot die einde toe. Hy is die skepper van wysheid, en daar is niemand soos Hy nie.

Hy het geen gelyke nie.

Hy is Magtige God-

Hy is God.

Die begin van alle dinge en die einde van alle dinge rus in Hom… niks is té veel vir Hom om te hanteer nie.

Hy is sterk genoeg om die moeilikste hindernis of die hardste hart af te breek, en tog teer soos ‘n lam.

Storms verdwyn op Sy bevel en seewater skei.

Hy het na ons gekom as ‘n onskuldige kind, maar leef nou as ons Almagtige Verlosser… ons Magtige God.

Hy is ons Ewige Vader-

Hy is ons Vader wat ons nooit los of verlaat nie. Hy is tydloos, en Sy liefde eindig nooit nie. Hy is in dit vir die lang termyn, so ongeag van hoe ons aardse vader mag wees, God is ons Ewige Vader, die Een wat getrou bly, nooit opgee op ons nie en wie se liefde nie voorwaardes het nie.

Hy is ons Vredevors-

Hy is ons vrede. Alhoewel ons wêreld in chaos mag leef, vind ons ons vrede in Hom.

Vrede laat Ek vir julle na; my vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.- Johannes 14:27

Vriende, ek weet dat sommige van julle laste dra wat die lewe uit julle uit dreineer. Julle het fisies en emosioneel seer en wil net hê dat dit alles moet stop. Ander van julle is gevangenes wat in selfgemaakte selle van vrees leef, en julle wil net vrygemaak word en ‘n dag in vrede leef. Ander van julle is op reise soekend na wysheid…

Vandag wil ek hê dat julle herinner moet word daaraan dat,

meer as twee-duisend jaar gelede, het God Sy seun gegee…. Hy het Homself vir ons gegee.

Toegedraai in nederigheid, liefde en hoop, het Hy die perfekte geskenk geword vir ons seer wêreld.

So, vir díe wat wysheid soek… is Hy die Wonderbare Raadsman

Vir díe wat swaar laste en pyn dra, is Hy Magtige God

Vir díe wat ly as gevolg van verwerping, mishandeling en wat nie liefde ervaar nie, is Hy die Ewige Vader

Vir díe wat in vrees en onsekerheid leef, is Hy die Vredevors

Vriend, neem hierdie Kersfees tyd om te stop en op te kyk…. jou grootste geskenk is alreeds gegee…. Sy naam is Jesus.

Hê God Groots Lief!

Angela

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s