Die Belofte van ‘n Koninkryk

Die Belofte van ‘n Koninkryk

Deur Jen Thorn | Des 2, 2016

week-1-vrydag

wk01d05

Wanneer ek dink aan daardie eerste Kersfeesnag, is dit moeilik om te dink dat, terwyl Betlehem uit sy nate gebars het met mense, nie een van hulle geweet het dat die Seun van God besig was om in hulle midde gebore te word nie. Die Woord het vlees geword, die verlosser van die wêreld het tyd ingetree. Die enigste prag en praal wat Hy ontvang het, het gekom van die engele wat daardie nag oor ‘n veld gesing het, en ‘n paar onwelriekende, ru skaapwagters wat die goeie nuus gehoor het dat die Hoop van die Wêreld uiteindelik gearriveer het.

Terwyl Sy koms meestal oorgesien is, is die koms van hierdie Christuskind oor en oor regdeur die Ou Testament aangekondig.

Dit is maklik om na die Ou Testament te kyk as ‘n losstaande versameling van verhale wat vertel is om ons te help om die geskiedenis van God se volk te verstaan. Terwyl ons baie leer van die mense van Israel, is die Ou Testament hoofsaaklik oor Jesus. Dit is God wat nougeset alle dinge op so ‘n manier bewerk, dat dit daartoe sal lei dat Maria met Josef sou trou, na Betlehem sou gaan vir die sensus en in ‘n stal geboorte sou gee aan die langverwagde Verlosser, wie se pad Hom sou lei na die kruis.

God het beloftes en tekens al langs die pad gegee. Sommige van hierdie beloftes was baie subtiel, soos in Genesis 3:15, en somtyds was dit soos ‘n harde trompet wat tot almal verklaar het dat ‘n redder oppad was (Jesaja 9:5).

Ons het reeds gesien hoe God openbaar het dat Jesus in Betlehem gebore sou word. (Miga 5:1), dat Hy uit ‘n maagd gebore sal word en dat Sy naam Immanuel sal wees, want Hy is “God met ons” (Jes. 7:14). Maar selfs in 2 Samuel, in die middel van die verhaal van Dawid, maak God ‘n belofte dat Hy iemand gaan voortbring, uit die stam van Dawid, op ‘n troon wat vir ewig sal bestaan. Dit is ‘n vooruitskouing van die uiteindelike Koning wie se koninkryk nooit sal verbrokkel of omvergewerp sal word nie. Hierdie kind, wat gebore is uit nederige ouers, in nederige omstandighede, is besig om ‘n glorieryke Koninkryk te vestig, op wie se troon Hy vir ewig sal sit.

Dit is ‘n koninkryk wat gekenmerk word deur vrede, veiligheid, geregtigheid, liefde, aanbidding, opwinding, rus en voorsiening. Die inwoners van hierdie koninkryk sal niks kortkom nie, en hulle vreugde sal volkome gemaak word soos hulle met Jesus self leef.

Ons is deel van hierdie koninkryk, maar net omdat die Seun van God vlees geword het en tussen ons kom woon het. Dit is een van die vele waarhede wat ons hierdie Kersfeesseisoen moet vier.

Kyk na Jesus

022916_1515_nGeestelike3.png

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s