Dit Het Beteken om die Hemel te Verlaat

Dit Het Beteken om die Hemel te Verlaat

Deur Angela | Des 5, 2016

week-2-maandagw2memory-verse
“Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.”- 2 Korintiërs 8:9

Toe Christus as ‘n kind gekom het, het dit beteken dat Hy al die gemak van die hemel agtergelaat het.

Hierdie kant van die hemel kan ons nie begin om ons in te dink wat Christus alles opgegee het om homself in vlees te klee nie.

Hy wat in elke moontlike opsig ryk was, het gekies om arm te word. Hy het gekies om minder te hê, om ‘n niemand te wees, sodat ons die geleentheid kan hê om die hemel te ontvang… om vir ewig saam met Hom te wees. 

Vir ewig met geen trane, geen siekte, geen hartseer, en geen meer gebroke lewens nie.

En as ek werklik eerlik is, word ek aangekla wanneer ek kyk na hierdie voorbeeld wat Christus vir my gegee het om te volg.

Hoe dikwels is ek gewillig om minder te neem sodat iemand ander meer kan hê? Hoe dikwels is ek gewillig om die sitplek op te gee, die reg op te gee, daardie item op te gee, sodat geld gebruik kan word om eerder iemand te help? Hoe dikwels is ek gewillig om my lewe neer te lê in liefde vir iemand anders? Om minder te hê sodat ander meer kan hê?

In hierdie malle, narsissistiese wêreld waarin ons leef, moet ek stilstaan en dink hoe Jesus gekies het om na my te kom… en miskien moet jy ook.

Hy het in die stilte van die nag gekom. Hy het gekom na ‘n paartjie wat geen aansien, geen rykdom en geen spoggerige babakamer in kleurharmonie gehad het nie. Van al die dorpe in die wêreld, het Hy Betlehem gekies, en van al die plekke vir sy geboorte, het hy ‘n stal gekies, nie ‘n verhoog nie.

Hy het gekom om een ding te doen… die wil van Sy Vader.

“Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.” – Johannes 6:38

En uit God se groot liefde vir ons, het Hy Jesus gestuur. En uit Jesus se liefde vir God en vir ons, was Hy gehoorsaam… tot die punt dat Hy ‘n pynlike dood aan die kruis gesterf het.

Ons kan hierdie waarheid nie miskyk nie. Uit God se groot liefde, was dit Sy wil vir Jesus om die hemel te verlaat, ‘n nederige lewe te lei en vir ons sondes te sterf.

Ons leef in ‘n tyd waar ons vertel word dat God se wil vir ons is dat ons gelukkig, voorspoedig en suksesvol sal wees.

En tog, die Kersverhaal… Jesus se verhaal, kon nie verder van daardie waarheid af wees nie.

Vir díe aan die buitekant, is Jesus se geboorte gesien as ‘n onbeplande swangerskap, en ek is seker dat Maria daardie stigma vir die res van haar lewe saam met haar gedra het.

Tog was dit God se wil vir Maria, ‘n maagd, om wonderbaarlik geboorte te gee aan Jesus. Wat God deur Maria se lewe gedoen het was ongelooflik… maar moenie ‘n fout maak nie, haar lewe was allesbehalwe maklik, selfs al was sy in die midde van God se wil.

As jy kyk na Jesus se lewe en Maria se lewe, sien jy dat God se wil vir hulle verlies, hartseer en pyn ingesluit het.

En dis miskien waar jy ook hierdie Kersfees is. Miskien het jy probeer om aan God gehoorsaam te wees, maar die resultaat is pyn en bespotting, en jy het begin wonder of hierdie pad waarop jy is werklik God se wil vir jou lewe is.

Indien dit so is, is jy in goeie geselskap.

God se wil vir ons lewens mag vir sommige van ons beteken om die gemak van ons “hemels” te verlaat ter wille van ander. God se wil mag, op sekere tye van ons lewens, gebrokenheid en pyn beteken.

As dit jy is hierdie Kersfees, en jy vind jouself in ‘n “stal” van gehoorsaamheid, in plaas van ‘n “babakamer” van seëning, onthou hoe God die wêreld verander het deur daardie stal.

Hy het die stal gekies bo die babakamer…

Hy het die kruis gekies, in plaas van die hemel…

Ongeag van wie ons is, is God se uiteindelike doel vir ons lewens om nader na Hom te kom en soos ons dit doen, Hom aan die wêreld te wys.

“Dit is ‘n lokval om aan te neem dat God ons perfekte spesies wil maak van wat Hy kan doen—God se doel is om ons een met Homself te maak. Die klem van heiligheidsmakingbewegings neig om te wees dat God spesies van heiligheid maak om in Sy museum te sit. As jy hierdie konsep van persoonlike heiligheid aanvaar, sal jou lewe se bepaalde doel nie vir God wees nie, maar vir wat jy noem die bewys van God in jou lewe. Hoe kan ons sê, “Dit kon nooit God se wil vir my wees om siek te wees nie”? As dit God se wil was om Sy eie Seun te verbrysel. (Jesaja 53:10), hoekom moet Hy jou nie verbrysel nie? Wat uitstraal en God openbaar in jou lewe is nie jou relatiewe beginselvastheid tot ‘n idee van wat ‘n heilige moet wees nie, maar jou opregte, lewende verhouding met Jesus Christus, en jou onbeperkte toewyding tot Hom, of jou gesond of siek is…ons word geroep om in so ‘n perfekte verhouding met God te leef dat ons lewens ‘n hunkering na God in die lewens van ander opwek, nie bewondering vir onsself ne. Gedagtes oor onsself belemmer ons bruikbaarheid vir God. God se doel is nie om ons perfek te maak sodat Hy ons ‘n trofee in Sy glaskas kan maak nie; Hy is besig om ons na die plek te bring waar Hy ons kan gebruik. Laat Hom doen wat Hy wil.”– Oswald Chambers

Die Kersfeesverhaal is een van ongelooflike liefde, pyn en gehoorsaamheid. ‘n Verhaal van ‘n regte paartjie wat onvolmaakte lewens geleef het, maar wat nogtans hulle alles gegee het. ‘n Paartjie wat die skaamte, die misverstand en die skinderpraatjies gedra het het… maar nogtans gekies het om in gehoorsaamheid te wandel, ongeag van wat ander gedink het.

Die Kersfverhaal is oor regte wyse manne, wat met ‘n reis begin het omdat hulle ‘n ster gevolg het, net om gelei te word na ‘n stal, want baie keer doen God Sy beste werk in die plekke waar ons dit die minste verwag.

Die Kersverhaal is oor God wat ons so liefhet; Hy het die gemak van die hemel verlaat om ons te red, te verlos en te bevry, ten spyte van die koste.

Mag ons nie vergeet dat Kersfees meer is as gee, dit is ook ‘n verhaal van om te kies om in gehoorsaamheid aan God se wil te wandel, en die ongelooflike werk wat Hy deur ons lewens doen wanneer ons reageer soos Maria…

“Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” – Lukas 1:38

Angela

 

 

 

 

Hê God Groots Lief!

Week 2 Uitdaging: Na die lees van vandag se blog , wat is die een gebied in jou lewe wat jy nodig het om oor te gee aan God in gehoorsaamheid? Skryf dit neer op ‘n stuk papier, plaas dit dan in ‘n boks en draai dit toe vir Kersfees. Maak hierdie jou geskenk aan God op Kersfees oggend. Of jy dit net tussen jou en God of voor jou familie oopmaak, gee God die geskenk van om te loop in gehoorsaamheid in hierdie area van jou lewe in 2017.

Week 2:  Video

 Week 2: Leesplan

leesplan-week-2

 Week 2: Memoriseervers

w2memory-verse

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s