Jesus Het Gekom Om te Red

Jesus Het Gekom Om te Red

deur Jen Thorne | Des 12, 2016

week-3-maandag

wk03d01

Goeie môre en welkom by week 3 van ons Advent studie. Ek bid dat hierdie studie jou help om ‘n bietjie dieper te delf in die Kersverhaal. Hierdie week gaan ons kyk hoekom Jesus gebore is.

Vir die grootste deel van my lewe het ek gevoel dat baie van die Kersliedere wat ons by die kerk sing ‘n bietjie somber is. Dit het my gepla want ek hou van opgeruimde en blye musiek. Maar ek het tot die besef gekom dat, terwyl die geboorte van Jesus ‘n rede is vir groot vreugde, is dit ook ‘n rede vir groot hartseer. Wanneer ons Kersfees vier, spandeer ons ons tyd by die krip, maar ons moet kyk na die pad wat voorlê en sien waarnatoe dit hierdie babaseuntjie sal lei.

Hy was gebore om te sterf. Sy lewe sou ‘n lewe van lyding wees, en Hy sou dit alles doen as gevolg van ons sonde.

Die hele mensdom het die wet van God verbreek, “Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie” (Romeine 3:10). En dus, op die aangewese tyd, het die seun van God neergdaal om menslike vlees aan te neem. Hy het Sy glorie versluier en afhanklik geword van die einste mense wie Hy kom red het. Soos Jesus ‘n volwasse man geword het, het Hy die perfekte lewe geleef. Hy het geslaag in al die areas waar ons faal, en hierdie regverdigheid word aan ons gegee as ‘n geskenk. Toe Hy gesterf het, was dit soos een onder die toorn van God en toe Hy weer opgestaan het, het Hy dood en die krag van sonde oorwin.

Ons word gered as gevolg van Sy dood, ons word gesien as regverdig as gevolg van Sy lewe en ons kan groei in heiligheid as gevolg van Sy opstanding. Dit is hoekom Hy gebore is.

Ons het gesien dat die koms van die messias reg deur die Ou Testament aangekondig is. Al die stukke van God se plan van verlossing is strategies in plek geplaas. Uiteindelik het die tyd gekom vir God die Seun om tyd te betree en vir homself ‘n mensdom te red wat so verlore, so gebroke en so blind was dat hulle nie hulleself kon red nie. Ongeag van ons omstandighede, het ons hierdie so baie om oor bly te wees hierdie Kerstyd. God het deel van ‘n aardse familie geword sodat ons deel kan word van ‘n hemelse familie.

Daar is so baie vreugdevolle Kersliedere wat ons kan sing en ons moet dit luid doen. Maar ons moet ook die somber liedere met passie sing en onthou dat dit as gevolg van ons sonde is dat ons ‘n verlosser het.

Kyk na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

 

 

 

Week 3: Uitdaging: Elke jaar is ons geneig om baie van dieselfde Kersliedere te sing. Maak dit vanjaar ‘n punt om werklik te fokus op die woorde van die liedjies. Verwonder jou aan die waarheid dat God se liefde het Hom veroorsaak om sy troon te verlaat ten einde vlees en bloed te word sodat Hy ons kon red.

Week 3:Video

 Week 3: Leesplan
leesplan-week-3

Week 3: Memoriseervers

w3memory-verse

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s