Die Geskenk van Loskoping

Die Geskenk van Loskoping

Deur Angela |Des 14, 2016

week-3-woensdag

wk03d03

Een van Jesus se doelwitte met Sy koms na die aarde toe is om Sy mense los te koop. In die Hemel sal ‘n nuwe lied van aanbidding gesing word, wat die Seun van God se opofferende dade vir Sy mense sal loof.

Loskoping is die handeling waar jy iets in besit neem in ruil vir betaling van ‘n skuld. Jesus, God die Seun, het aan die Kruis die straf gedra vir die sondes van die hele mensdom, sodat díe wat in Hom glo, met God die Vader herenig kan word. Baie mense beskryf hierdie loskoping as die Goddelike Ruiling.

Dit is die Evangelie in sy eenvoud: Jesus neem alles wat ek is, net soos ek is, terwyl ek alles ontvang wat Hy is. Jesus se dood in ruil vir my lewe. Elkeen moet ‘n keuse maak om vir Jesus as Verlosser te aanvaar of te verwerp. Daar is geen tussengrond nie – die tussengrond behoort aan die vyand.

Vir gelowiges is die versoening met God deur Jesus se dood, begrawing en opstanding ons grootste geskenk. Maar deur Jesus se loskoping, ontvang ons soveel meer. Wanneer gelowiges bepeins oor die geskenk van redding, moet ons ook bepeins oor die wonderlike vryhede wat ons in Jesus het.

Jesus se loskoping gee ons vryheid van die skuld, veroordeling en skaamte van ons sonde.

Jesus het ons sonde gevat en dit op Homself geneem. Alle sondes – verlede, huidige en toekomstige sondes. Op die dag van ons redding, word ons nuutgemaak. God sien slegs die regverdigheid van Jesus in ons. Die oomblik wat die Goddelike Ruiling gemaak is, is dit ‘n ewige sekerheid. Jesus sal nooit Sy geskenk van redding terugneem nie, en net so moet ons nie die skuld en skaamte vir die sonde waarvoor Jesus reeds gesterf het, terugneem nie.

Jesus se loskoping maak ons vry daarvan om God se guns te probeer verdien.

Jesus se loskoping, tesame met ons geloof in Hom, is ‘n geskenk van God. Daar is niks wat ons kan doen om God se regverdigheid of vergifnis te verdien nie. Ons redding is nie gekoppel aan ons gedrag, gesindheid of nakoming van godsdienstige reëls of tradisies nie. Ons gee onsself oor aan Jesus net soos ons is, en ons laat die Heilige Gees toe om ons van binne af te verander.

Jesus se loskoping maak ons vry daarvan om goedkeuring en aanvaarding van mense te soek.

Die Evangelie van Jesus breek ons verslawing aan mense. Wanneer ons onsself verdrink in Jesus Christus, dan sal ons lewe, ons krag en ons selfvertroue net in Hom gevind word. Ons harte moet so vol van Jesus wees dat daar geen ruimte vir enige iemand is om Sy plek in te neem nie.

Jesus se loskoping gee ons vryheid van vrees, bekommernis en angs.

Wanneer ons ons lewens in Jesus se waarhede in Sy Woord grondves, gee dit ons die selfvertroue om God se wil en beheer van ons lewens te vertrou. Ons kan ons begeerte om al die besonderhede en die moontlike resultate te weet, oorgee, want ons vertrou God wat in beheer is van die wêreld.

Jesus se loskoping gee ons vryheid om te vergewe, ons vyande lief te hê en díe wat ons vervolg, te seën.

 Ons hoef nie die regter te wees oor díe wat ons seermaak nie, want ons vertrou dat God regmatig en regverdig is en ons baie liefhet. Wanneer sondes teenoor ons gepleeg word, onthou ons Jesus se wrede lyding aan die Kruis vir elke sonde wat nog ooit gepleeg is, sodat almal, selfs ons vyande, gered mag word. Ons vergifnis en liefde mag dalk net die lig wees wat God sal gebruik om hulle nader aan Hom te bring.

Jesus se loskoping gee ons vryheid om te faal en steeds te weet dat God ons diep liefhet.

Ons mislukking verbreek nie ons verhouding met God nie, en dit verklaar ook nie ons verlossing as nietig nie. God het ons van die begin van die ewigheid af gekies om Syne te wees, terwyl Hy ons swakhede en beperkinge ken. Weens God se groot liefde vir ons, kan Hy alles wat ons is en alles wat ons nie is nie, vir Sy glorie gebruik.

Jesus se loskoping gee ons vryheid om ‘n lewe van hoop en liefde te leef.

Selfs al verander ons wêreld, ons ekonomie en mense… verander ons God nie. Ons kan hoop in Hom hê, selfs te midde van chaos en krisis. Hierdie wêreld is nie ons woning nie, so ons hoop moet nie verstrengel wees in dit nie. Ons leef in die ewige hoop van ‘n lewe wat in die Hemel deurgebring gaan word, vry van pyn, hartseer, chaos en sonde.

Die Kersfeesseisoen is ‘n herinnering aan ons mees wonderlike en grootste geskenk uit die Hemel, Jesus Christus. Mag ons geskenke aan Jesus Christus hierdie seisoen díe wees waarin ons Hom goed verteenwoordig, Hom ons toewyding en ons tyd gee, ons begeerte om Hom beter te leer ken deur Sy Woord en ons gewilligheid om Sy liefde en barmhartigheid te wys aan diegene wat dit dalk nooit aan ons sal terugwys nie.

Wat beteken Jesus se loskoping vir jou? Watter vryheid van loskoping moet jy met ope arms aanneem en wandel in hierdie Kersseisoen? Hoe kan ons vir jou bid soos jy nadink oor God se geskenk van loskoping deur Jesus Christus?

Vrede en genade vir jou,

Document1

lgg-team-terria-racyTerria dien op die LGG aanmoediging en soiale media spanne. Sy woon in Virginia met haar man. Sy is ‘n trotse ma van twee pragtige dogters op kollege. Haar passievolle doel is om ‘n generasie van jong vroue te laat ontvlam en te bekragtig om God se waarheid aan te gryp en daaraan vas te hou. Sy kan opgespoor word, hard aan die werk in besige hospitale, waar sy na haar pasiënte se verhale luister, terwyl sy die lesse en liefde wat God in haar lewe uitgestort het, deel. Ongeag van die somtyds chaotiese omstandighede van Terria se lewe, wys God Homself altyd as sterk en liefdevol.

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s