Gloria in Excelsis Deo

Gloria in Excelsis Deo

Deur Angela | Des 16, 2016

week-3-vrydag

wk03d05

Come to Bethlehem and see


Him whose birth the angels sing;


Come, adore on bended knee


Christ, the Lord, the new-born King.


Gloria in excelsis Deo.

Ek het vanoggend ‘n sms boodskap van ‘n vriendin ontvang, wat die geboorte van haar seun, Milo aankondig. Hy het beide sy ouers geskok deur in die vroeë oggendure, onverwags vroeg te arriveer op ‘n pragtige manier. God is lief daarvoor om ons te verras.

Die aankondiging van die geboorte van Jesus was ook onvoorspelbaar wonderlik. ‘n Gloed van lig en glorie het deur die donker nag gebreek soos ‘n koor van engele die koms van die Messias aan ‘n verbaasde groep skaapwagters aangekondig het.

Wanneer ons die glorie van God eerstehands sien, is die reaksie altyd ontsag en verwondering.

Ons harte is gevul met lofprysing.

Warren Wiersbe noem dit ons “teologie” wat verander in “doksologie.” Doksologie kom van twee Griekse woorde: “doxa,” wat “glorie” beteken en “logos,” wat beteken “woord, sê.”

Wanneer jy weet wie God is, is die natuurlike reaksie ‘n uitstorting van lofprysing. Paulus beklemtoon dit in Romeine 11:36, wanneer hy verklaar: “Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.”

Hierdie Advent kan ons die lofprysingfees saam met Paulus en die herders vier, deur God se glorie aan die wagtende wêreld uit te roep, want…

Alle dinge is VAN Hom: God het alles wat jy besit en almal met wie jy op ‘n daaglikse basis in aanraking kom, geskape. Hy het jou verlossing deur Christus beplan voordat tyd begin het, en nie een detail van jou lewe is buite Sy sorgsame aandag nie. Geen omstandighede is as gevolg van toevallige kans nie of nutteloos nie. Hy is oppermagtig oor elke oomblik, en Sy doelstelling vir jou sal seëvier.

Alle dinge is DEUR Hom: Maak nie saak hoe chaoties die wêreld blyk te wees nie, God is aan die werk deur voorsienend gebeure te orkestreer. Sy plan is dikwels bo ons beperkte begrip, maar Hy omring ons met Sy sterkte en krag en sal ons bewaar soos ons op Sy beloftes staan.

Alle dinge is VIR Hom: Ons doel is om Jesus te ken en om Hom bekend te maak. Ons is deur God ontwerp om Sy lof te besing aan ‘n wêreld wat kyk.

Toe die herders ‘n blik op die glorie van God gekry het, sê Lukas dat hulle teruggegaan het “terwyl hulle God loof en prys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Dit was alles net soos dit vir hulle gesê is.”

Hoe sal ons vreugdevol Sy lof besing hierdie Advent?

John MacArthur daag ons uit: “Doksologie is die enigste toepaslike reaksie op reddende waarheid—waarheid wat ons plaas, herstel, bevestig en vestig in die middel van ‘n veranderende, doellose, weifelagtige, wankelbare humaniteit.”

Verlossing het gekom. Ons Verlosser het ons vrygemaak.

Die wêreld kyk terwyl ons Christus op gebuigde knieë aanbid. Ons nooi die verlorenes om na Betlehem te kom en te sien.

Mag ons aanbiddende lewens wys na Hom en jubel “Gloria in excelsis deo.” Alle eer aan God, vir ewig en ewig. Amen

Hou die Geloof,

Lyli

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s