Hoe kan jy die wêreld help om Jesus hierdie Kersfees te sien…

Hoe kan jy die wêreld help om Jesus hierdie Kersfees te sien…

Deur WhitneyD | Dec 19, 2016

week-4-maandag

wk04d01

En Maria het gesê: 

“Ek besing die grootheid van die Here,

ek juig oor God, my Verlosser,

omdat Hy na my in my geringheid omgesien het.

Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem,

omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het.

Heilig is sy Naam!

Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer.

Kragtige dade het Hy met sy arm verrig:

hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaargejaag;

maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog;

behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leë hande weggestuur.

Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom deur te dink aan sy beloftes van ontferming

soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.”

Verlede week het ek e-posse gerruil met ‘n nuwe vriendin wat hierdie maand deur ‘n onverwagse werksoorgang deurgaan. Vanaf laasweek Woensdag – reg in die middle van die seisoen van netjies verpakte Kersgeskenke en op die rand van confetti gevulde nuwe jaar vieringe – het hierdie lieflike dame haar enigste bron van inkomste verloor.

 Dit sou die meeste mense in ‘n paniek stuur.

Maar toe ek vra wat volgende vir haar was, het ek hierdie ontvang

“Niks regtig nog nuuts nie. Maar God is my Beskermer. Sy heerlikheid sal agter my staan! Hy sal my versterk, my rig, en my ‘n goed gewaterde tuin maak. Hy is so GETROU!!”

Wow.

Dit was nie die reaksie wat ek verwag het.

Luister, sy kon my vertel het dat sy nie geweet het hoe sy dit gaan maak nie  – dat hierdie slag verteer elke uithoek van haar gedagtes elke minuut van elke dag. Ek sou dit heeltemal verwag het. Sy kon gepraat het oor haar vrees vir die onbekende, hoe sy nie seker was waar haar volgende huur betaling vandaan sou kom nie of hoe dit haar toekomstige doelwitte en drome sal beïnvloed nie. Sy kon ‘n miljoen redes gelys het waarom dit onregverdig is, of ten minste baie ongelukkig … veral hierdie tyd van die jaar.

Maar dit was nie haar reaksie nie. Sy is God se nederige dienaar, so haar reaksie was alles omtrent HOM.

Sy het woorde van die geloof gepraat in die gesig van vrees.

 Sy het woorde van hoop te midde van die groot onbekende gepraat.

 Sy het min oor haarself gepraat, maar het baie oor Hom gepraat.

_________________

Haar reaksie herinner my aan Maria se liedjie. Dierbare, vol vertroue Maria. Die Bybel sê dat nadat die engel vir Maria gesê het dat sy – ‘n onwaarskynlike maagd – geboorte sou skenk aan die Christus-kind, het sy … ‘n groot bohaai opgeskop, jammer gevoel vir haarself en vir dae gehuil?? Nee … sy besoek haar niggie Elizabeth, en sy sing. Terwyl haar lewe nie meer onvoorspelbaar kon word nie, het sy verkies om te vertrou, stil te wees, en ten volle die onbeskryflike wonderwerke wat God rondom gewerk het en in haar, te ervaar … selfs wanneer sy nie ‘n idee gehad het hoe dit alles sou uitspeel nie.

Maria kon gekies het om ‘n lied van wanhoop te sing; ‘n lied wat oor haar was en hoe dit regtig nie was hoe sy haar lewe gesien het nie. Sy kon gepraat het oor haar vrees vir vervolging en verwerping van diegene wat net nie sou verstaan nie. Sy kon ‘n ongelukkige deuntjie oor haar gebrek aan voorbereiding, voorsiening, en die posisie wat hierdie pad baie moeiliker sou maak, gesing het. Sy kon gefokus het op die onmoontlikhede wat sy sou hê om te oorkom, die ekstra las wat sy sal moet dra, en die ongemak wat sy sou moes verduur.

Maar dit was glad nie haar reaksie nie. Sy was God se nederige dienaar, so haar reaksie was alles omtrent HOM.

En skielik is ek skuldig bevind aan elkeen van my eie antwoorde wat net gedien word om te fokus op my en nie wat my manier gaan nie…

Hierdie Kersfees, in plaas daarvan dat alles oor ons gaan, laat ons help om die wêreld Jesus ‘n bietjie meer duideliker te sien.

Ek wil hê dat ander Jesus in my sien soos ek nederig dien. Ek wil hê hulle moet hoor oor wie Jesus is soos ek die storie van sy geboorte vertel en Hom aanbid omdat Hy gekom het om ‘n gebroke wêreld te red. Ek wil hê hulle moet Jesus se liefde deur my voel soos ek mildelik liefhet met daardie selfde geduld, deernis en genade. Ek wil hê Sy naam moet op my lippe wees, selfs wanneer daardie diens, hoop, en liefde nie ontvang of terug in ruil gegee is nie.

Hierdie Kersfees en die hele jaar deur

Kom ons praat woorde van die geloof in die gesig van vrees.

 Kom ons praat woorde van hoop te midde van die groot onbekende.

 Kom ons praat min oor ons gebrek, en baie oor die oorvloedige lewe wat in Hom gevind is.

Wat se lied sing jy vir die wêreld om te hoor?

By Sy Voete,

Whitney

 

 

 

 

 

 

Week 4 – Video

Kom ons praat: Deel ‘n tyd in jou lewe wanneer God in jou gebrek voorsien het en hoe jy daardie storie kon gebruik om ander na Hom te wys.

Week 4 Uitdaging: Maak ‘n lys van bekommernisse wat jou verkwis het in hierdie seisoen. Langs elke bekommernis, skryf ‘n eienskap van God gevind in Maria se sang in Lukas 1. Laat hierdie lys ‘n herinnering wees van wie God is en die oorvloed wat jy in Hom het.

Week 4 – Leesplan

leesplan-week-4

 Week 4 – Memoriseervers

w4memory-verse

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s