Ons Reaksie tot Kersfees

Ons Reaksie tot Kersfees

Deur Jen Thorne | Dec 23, 2016

week-4-vrydag

wk04d05

Môreaand is Oukersaand en ek is so opgewonde! Regoor die wêreld sal mense saam byeenkom met familie of vriende. Daar sal heerlike kos wees, miskien ‘n paar liedjies, familie tradisies van verskillende soorte en hopelik baie lag en vreugde. Dit is, na alles, die grootste verjaarsdag partytjie van die jaar.

Terwyl al hierdie dinge wonderlike is, en ek hoop jy het ‘n baie Geseënde Kersfees, moet daar iets dieper gepaardgaan met ons feeste.

Hierdie kind wie ons bestudeer het oor die afgelope 4 weke het gekom om Sy vrede vir die nasies te bring, om Sy volk van hulle sondes te verlos (Matt 1:21) en Homself ‘n groot menigte te roep met wie Hy Sy koninkryk sal deel

Hoe moet ons reageer op die feit dat God mens geword het, dat die een wie oneindig was en wat eindig geword het en die skepper van alle mense, het geword soos een van sy eie skeppings? Die waarheid dat God mens geword het, is ‘n buitengewoon vreugdevolle waarheid. Ons redder het gekom! Is versierings, ‘n skoon huis, pretige films en goeie kos genoeg? Is vrygewigheid in ons geskenk om te gee genoeg? Is die tyd wat ons saam met familie bestee genoeg? Al hierdie dinge is wonderlik, maar ons kan steeds die geboorte van Jesus vier afgesien van al die bogenoemde dinge. Ons reaksie moet iets meer wees.

Die engele kon hulself nie beheer nie en in sang uit gebreek. Die herders verheerlik en prys God, en vertel almal dat hulle die goeie nuus van Christus se geboorte gesien het en die konings het neergeval op hulle aangesig in aanbidding voor die Here-kind. Hulle het geweet dat verlossing is gebore.

Wat moet ons reaksie wees? Ons s’n moet een van aanbidding en danksegging wees. Ons moet ‘n stap terug neem uit die gewoel van die Kersseisoen en onthou wie ons vier. Ek is eintlik lief vir die feit dat Kersfees vanjaar op ‘n Sondag val. Om kerk toe te gaan en lofliedere te sing met ons familie en vriende, en te luister na die verkonding van God se Woord is ‘n goeie manier om Sy geboorte te vier!

Ons verse vir vandag is ‘n pragtige beeld van hierdie soort van aanbidding. ‘n Menigte so groot niemand die stand voor die troon van Jesus wat Hom aanbid kon tel nie, want “Ons redding behoort aan ons God, wie op die troon sit, en aan die Lam.” Redding kom slegs deur Jesus en niks anders nie. Hy is werd van alle lof en dankbaarheid en liefde en trou.

Regdeur die Ou Testament was die koms van die Messias voorspel en belowe. Nou het hierdie Verlosser ingestap in die geskiedenis in die vorm van ‘n baba. Dit is ongelooflik en pragtig.

Maak seker dat jy die tyd neem om na te dink, wonder en die Seun van God te aanbid wat mens geword het, want as jy na Hom kyk, kyk jy na jou verlossing!

 Kyk na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

 

 

 

Sluit by ons aan op 23 Januarie 2017 vir ons volgende studie:

Om te Stap in Wysheid – ‘n aktuele studie deur die boek van Spreuke

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s