Inleiding Tot Ons Wandel In Wysheid Studie

Inleiding Tot Ons Wandel In Wysheid Studie

deur Angela | Jan 20, 2017 | Love God Greatly Posts | 9 comments

wandel-in-wysheid

Jy hoef nie lank te leef om uit te vind dat die lewe vol keuses is nie, en dat daardie keuses gevolge het. Sommige keuses is so basies soos om te besluit wat ons moet eet vir middagete, en ander keuses dra hewige verpligtinge, wat ons verhoudings, ons werk, ons finansies en ons toekoms ernstig kan beïnvloed. Van die tyd wat ons babas is, totdat ons ons finale dae op die aarde bereik, word ons elke dag wakker met twee weë voor ons: die weg van dwaasheid en die weg van wysheid.

Die boek Spreuke plaas ons van aangesig tot aangesig met die wyse persoon en die dwaas en die gevolge van hulle keuses. Hierdie boek is ‘n versameling van kernagtige gesegdes wat hoofsaaklik deur Koning Salomo geskryf is, is hoogs persoonlik, met tye ongemaklik openhartig en is doelgerig om die aandag toe te spits op die wêreld se grootste versoekings wat dreig om ons te verlei sodat ons nie wandel in die wysheid wat God vir ons bestem het nie.

In hierdie ses-weke studie sal jy opmerk dat ons leesplan ons sal lei deur ‘n onderwerp oorsig van Spreuke. Ons begin in week een met die Bron van wysheid. Ons sal dan reis deur saaklike spreuke wat ons sal wys op wysheid in ons spraak, ons verhoudings, ons werk en rykdom, en ten slotte sal ons ontdek hoe om wysheid toe te pas in versoeking. Ons sal ons studie afsluit deur te kyk na die vrug wat die resultaat is van wanneer jy wandel in wysheid. Ons gebed is dat jy deur hierdie inleidende oorsig ‘n begeerte sal hê om Spreuke in sy geheel te bestudeer as ‘n voortsetting na ons tyd saam.

Een belangrike ding wat ons in gedagte moet hou in ons studie is dat spreuke beginsels is, eerder as beloftes. Beloftes is gewaarborg, terwyl beginsels fokus op algemene waarhede. Ouers wat hulle kinders leiding gee oor hoe hulle moet leef (Spreuke 22:6), sien dikwels die vrug dat hulle kinders as volwassenes in die wysheid van God wandel. Maar, omdat spreuke nie beloftes is nie, en ons in ‘n gebroke wêreld leef, leef selfs die mees arbeidsame, getroue ouers soms nie in hierdie realiteit nie.

Soos ons voorberei om te begin, kom twee bekende verse van die sê-dit-soos-dit-is boek van Spreuke in ons gedagtes op. Terwyl hierdie boek wysheid bevat wat deur God geïnspireer is wat van toepassing is op amper elke denkbare gebied van die lewe, som die volgende verse ‘n selfs groter oorkoepelende doel op:

Vertrou volkome op die Here

 en moenie op jou eie insigte staat maak nie.

 Ken Hom in alles wat jy doen

 En Hy sal jou die regte pad laat loop.

 Spreuke 3:5-6

 Vertrou op die Here in plaas van op jou eie insigte: dit is waar die boek van Spreuke ons uiteindelik lei. God is die bron van alle wysheid, Hy gebruik hierdie spreuke om ons die weg te wys wat lei na wysheid, en Hy openbaar aan ons die vrug van wanneer ons wandel in hierdie groot wysheid…  sodat ons vertroue uiteindelik nie in ons worstelende wyses is nie, maar veilig in Hom gevind kan word.

 “Ek onderrig juis vir jóú vandag

 sodat jy op die Here kan vertrou.”

 Spreuke 22:19

_________________________

 SLUIT MAANDAG BY ONS AAN SOOS ONS BEGIN MET ONS NUWE STUDIE: WANDEL IN WYSHEID.

wandel-in-wysheid-2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s