WEEK 1 – Wandel In Wysheid

WEEK 1 – Wandel In Wysheid

Deur Angela | Januarie 23, 2016

week-1-maandag

wk01d01

Ons leef in ‘n tyd waar kennis volop is. Boeke oor selfhelp onderwerpe vul rak op rak in ons boekwinkels en biblioteke. TV programme word toegewy daaraan om deskundige raad te gee oor alles van huweliksprobleme, kinderopvoeding, tot hoe om ‘n gelukkige, gesonde lewe te lei.

Die internet is gevul met blogs, artikels en kommentaar oor hoe om ons probleme op te los met stap vir stap instruksies wat maklik is om te volg… en dit alles in ons eie krag.

 Om kennis te verwerf is nie ons probleem nie.

Om wysheid te verwerf, is.

Ons moet eers die bron van ware wysheid soek… en dit word nie gevind op boekrakke of in TV programme nie. Ware wysheid word gevind in God se Woord, van die Een wat in die eerste plek wysheid gemaak het.

Toe ek jonkgetroud was, het ek na wysheid gesoek oor hoe om ‘n goeie vrou te wees. Om die waarheid te sê, ek wou die perfekte vrou wees. Ek het al die boeke wat aanbeveel is gekoop, en nadat ek een of twee boeke gelees het, het ek gevoel dat ek al die regte antwoorde gehad het (ai, om so jonk en naïef te wees!).

Ek het die verstandskennis gehad, maar die wysheid kom uit wat ek geleer het uit jare van suksesse en mislukkings. Dit het aande geneem wat bevlek is in selfsugtige argumente en dae wat gemors is omdat dit te lank geneem het om vergifnis uit te reik. Deur die jare het ek gelukkig gegroei in wysheid op hierdie gebied, en ek besef nou dat ‘n huwelik nie 50/50 is nie, maar eerder 100/100 en dat ek nie alles weet nie – en nog minder al die antwoorde het – maak nie saak hoeveel boeke ek oor die huwelik gelees het nie.

In hierdie volgende ses weke gaan ons wysheid verwerf deur daagliks ons Bybelverse te lees, te leer wat God sê oor wysheid en dan daardie kennis toe te pas… dit wil sê ons gaan dit omskakel in ‘n aksie in ons persoonlike lewens. Want om ‘n lewe van wysheid te leef, is nie net om jou kennis te vermeerder nie; dit is om te kies om toe te laat dat dít wat ons geleer het, die manier hoe ons ons lewens leef, beïnvloed. Dit is om toe te laat dat God se waarhede die manier hoe ons leef verander, hoe ons liefhet verander en hoe ons waardeer wat Hy vir ons gegee het, verander.

As jy die hele boek van Spreuke wil opsom in een vers, sal dit Spreuke 1:7 wees…

“Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.”- Spreuke 1:7

Die “dien van die Here” in vers 7 beteken om ons lewens uit te leef in eerbied en respek vir Hom. Dit is om te erken dat Hy heilig, perfek en agtenswaardig is vir al ons lof.

Die “dien van die Here” trek ons nader aan God.

Soos kinders wat baie lief is vir hulle vader, wil hulle naby hom wees en net soos hy wees wanneer hulle groot is. Hulle kyk op na hom in eerbied, weet dat hy hulle liefhet en vir hulle sorg… dat hulle hom elke dag nodig het.

Maak nie saak hoe oud ons is nie, ons het altyd hierdie behoefte… om naby Hom te wees.

Psalms 103:13: “Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.” Vir dié wie se oë oopgemaak is, wie se lewens diensbaar is aan sy Woord, wie se oë geopen is vir die kennis van die Heilige Een, wat verstaan dat hy waar is in al sy weë.

Die “dien van die Here” is ‘n pragtige balans van om God lief te hê en om terselfdertyd ‘n heilige eerbied vir Hom te hê.

Soos ons in hierdie nuwe jaar begin om te wandel in wysheid, kom ons nader tot God in gebed omdat ons Sy wysheid in ons lewens soek.

“Liewe Here,

 Help my om hierdie jaar in groter wysheid in my lewe te wandel. Waar ek vantevore nie in wysheid gewandel het nie, help my om dit hierdie jaar te doen. Waar ek in die verlede nie na U raadgewing geluister het nie, help my om ore te hê wat hoor en ‘n sagte hart om U insig te kan ontvang. Waar ek in die verlede in dwaasheid gewandel het, help my om ‘n nuwe pad te loop… een wat my verlede agterlaat en my direk na U toe lei. Amen.”

“Die belangrike ding is nie hoe lank ons leef nie, maar hoe ons leef, nie die lengte nie, maar die diepte van die lewe. Dwase swoeg in die vlak water, maar wyse mense lanseer in die diepte in en laat God hulle Sy beste gee.” – Warren W. Wiersbe

Hê God Groots Lief!

Angela

 

 

 

 

Praat met ons: Waar woon jy? Watter stappe gaan jy neem om hierdie jaar in wysheid te wandel?

Week 1 Uitdaging:

Druk die prentjie af wat ek vir julle gemaak het, en plaas dit iewers in jou huis of in jou Bybel. Bid elke dag gedurende hierdie studie – en reg deur hierdie jaar – bid voor jy selfs jou Bybel oopmaak, en vra God om jou te help om te wandel in die wysheid wat Hy vir jou vir daardie dag sal wys.

uitdaging-week-1-2

WEEK 1 Video

WEEK 1 – Memoriseervers

week-1-memoriseer-vers

WEEK 1 – Leesplan

week-1-leesplan

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s