Die Vertrouensval

Die Vertrouensval

Deur Angela | Januarie 25, 2016

week-1-woensdag

wk01d03

Ons het dit die Geloofsbaan genoem. Elke somer het ek die bus geneem om toesig te hou oor ‘n ander groep meisies van ons jeuggroep by die somerkamp. Hulle het vlugbal op die sandbaan gespeel en in die meer gestoei oor ‘n waatlemoen wat met olie besmeer is. Daardie avontuurlustige meisies is gekneus, maar hulle het nooit opgegee nie. Die laaste geleentheid vir die naweek was die Geloofsbaan. Elke span moet saamhardloop om ‘n reeks van gevaarlike hindernisse te bemeester, soos byvoorbeeld om ‘n reusagtige muur te klim en deur ‘n donker, vuil tonnel te kruip.

Die laaste hindernis was die Vertrouensval.

Die meisies moes beurte neem om die teen die leer van die hoë glybaan op die speelgrond op te klim, en dan het hulle hulle arms oorkruis gevou oor hulle bors, terwyl ‘n jeugwerker hulle geblinddoek het. Die res van die meisies het aan die onderkant van die leer gestaan, met hulle arms in mekaar geskakel om ‘n net te vorm om die brawe meisie te vang.

Die doel van die uitdaging was om jou spanlede ten volle te vertrou. Jy moes terugval in hulle veilige arms in. Sommige meisies het ‘n bietjie mooipraat nodig gehad om deel te neem. Dus het ek op die kant gestaan en hulle aangemoedig met ‘n groot glimlag op my gesig. “Komaan, jy kan dit doen! Ons het jou.”

Ek moet bely, in al daardie jare het ek egter nooit self die leer geklim nie.

Ek het altyd aan die kantlyne gestaan en gekyk.

Die gedagte om geblinddoek agteroor te val het my verskrik.

Toe ek begin het om hierdie twee verse in Spreuke 3 te bestudeer, het ek ontdek dat in die oorpronklike Hebreeus, die woord “vertrou” ‘n beeld is van ‘n dienskneg wat plat en hulpeloos lê en wag vir leiding van die meester. Om te “steun” beteken om te “rus op,” om “vas te hou aan,” “om ten volle ondersteun te word deur.” In my gedagtes het ek dadelik teruggegaan na daardie somers, waar ek aan die onderkant van die glybaan gestaan het, terwyl ek kyk na iemand anders, wat ervaar het waarna ek so desperaat gesmag het.

Ek smag daarna om God te ken. Meer as enige iets anders, wil ek terugval in Sy arms en ten volle elke deel van myself oorgee in Sy sorg. Ek smag om God te ken.

Maar sommige dae is dit moeilik om te laat gaan. Ek staan bo-op ‘n figuurlike leer, bewend van angs. Ek kan net nie oorgee nie. Wat Hy my vra om te doen lyk onmoontlik. Ek sal eerder net op die kantlyne staan en iemand anders aanmoedig, terwyl ek veilig op vaste grond is.

Die oorwinnende lewe van geloof vereis volkome vertroue op ons Hemelse Vader. Ek bid hierdie week dat Hy my sal help om hierdie twee verse werklik uit te leef, in plaas van om net na hulle te kyk op die pragtige magneet op my yskas.

Hierdie jaar gaan ons baie hindernisse teëkom in ons geloofwandel. Kom ons steun op die wysheid van God se Woord. Kom ons vertrou dat ons Gids werk op wyses wat ons nie sien nie.

As ons ten volle staatmaak op God, het Hy belowe dat Hy “ons die regte pad sal laat loop.” Pastoor Adrian Rogers verduidelik dat dit beteken dat Hy “’n pad voor jou sal gelykstoot, en die weg sal skoonmaak.”

Moenie aan die kantlyne staan nie. Jy kan jou volle vertroue in jou Getroue God stel. Hy sal jou elke keer vang.

Hou die Geloof,

Lyli

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s