Week 2: Wysheid In Spraak

Week 2: Wysheid In Spraak

deur WhitneyD | Jan 30, 2017

week-2-maandag

wk02d01

Ek het dit gesê, en ek kon dit nie terugtrek nie.

In die hitte van die oomblik (op ‘n veeleisende, trietsige dag en na té min slaap), het ek in waaksaamheid verslap en die woede in my hart het uitgeglip in woorde wat ek dadelik sou berou. Die ontvanger van daardie harde woorde? My wonderlike tien jaar oue seun, wat heeltemal onskuldig, net per ongeluk op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was.

My ongeduldige woorde het dadelik in sy hart ingesny, en dit het duidelik gewys deur die manier hoe sy hele liggaam voor my oë afgeskakel het. ‘n Seun wat gretig was om te vertel van sy dag, het weggeloop met sy kop hangende; sy gees gebreek. En alles in my het gewens dat ek die tyd kon terugdraai en weer begin.

Ek sal rustiger wees.

 Ek sal my stemtoon verander.

 My houding versag.

 Elke woord meer versigtig kies.

 Doelgerig soek vir maniere om op te bou, eerder as om af te breek.

 Ek sal fel woorde verruil vir sagmoedige woorde.

 Ek sal minder praat.

 Ek sal meer luister.

 As ek die kans gehad het om dit weer oor te doen, sal ek woorde gebruik wat ek wil hê my seun moet herhaal. In my spraak sal ek die Jesus verteenwoordig wat die wêreld so desperaat moet hoor.

Daar is ‘n rede hoekom meer as 100 verse in die boek Spreuke, wysheid in ons spraak aanspreek. Ons is in so ‘n groot gemors wanneer dit by ons woorde kom, en anders as met baie ander dinge in die lewe, is daar geen “oordoen” wanneer dit kom by die gedagtes wat by ons monde uitgespu word nie. As ons woorde uit is (mondelings, geskrewe of gepubliseer met die druk van ‘n knoppie), is hulle uit. En terwyl niks bokant God se kragtige verlossing is nie, kan die krag van woorde dikwels wonde veroorsaak wat ‘n leeftyd lank seermaak.

Maar wysheid.

God ken ons geneigdheid om te veel te praat, om ons woorde té gering te ag, om te praat voor ons dink, en om waarheid en genade te skik wanneer ons met ander kommunikeer. Dit sal definitief God se transformerende krag, asook doelgerigdheid van ons neem en van ons verg om wysheid uit Sy Woord toe te pas, om hierdie sondige gewoontes te breek. Dit sal nie maklik wees nie, maar dit is nooit te laat om te begin om God in ons spraak te eer nie.

Dit is waar ek hierdie week gaan begin…

Vuilgoed In = Vuilgoed Uit

In hierdie hoogs toeganklike, ru wêreld waarin ons leef (waar tegnologie so belangrik is, om mense te skok geseëvier word en vrye spraak iets heeltemal nuuts beteken), is dit maklik om gedesensitiseer te raak vir die spraak wat ons toelaat om ons harte en ons huise te beïnvloed. Wanneer ons nie tyd in die Woord spandeer nie, maar ons sal nie waag om nie tyd te spandeer op ons geliefkoosde (en somtyds twyfelagtige) media nie, en wanneer ons aanhoudend ons gedagtes vul met angstige en bose gedagtes, in plaas van met gedagtes wat uitstekend en prysenswaardig is, dan moet ons nie verbaas wees wanneer die resultaat van ons spraak nie bewonderenswaardig is nie. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. Vul jouself met goedheid en wees bly in die Here, sodat goedheid nie anders kan as om uit jou uit oor te vloei na ander nie.

“Bekommernis druk ‘n mens neer; ‘n vriendelike woord vrolik hom op.” – Spreuke 12:25

 Wees Sag in ‘n Harde Wêreld

Elke familie, werkplek en kerk het hul eie plaaslike sinikus – die een op wie jy kan staatmaak om met haar woorde onenigheid, twis en negatiwiteit na amper enige situasie te bring. Miskien is dit jy. So moeilik as wat dit is om te erken, kan ek dink aan tye waar dit ek was. As ons nie versigtig is nie, kan ons toelaat dat sonde en die gewig van die wêreld ons harte verhard tot ‘n punt van vernietiging, wat veroorsaak dat woorde uit ons mond uitkom wat uit riglyn met ons belydenis van ons geloof is. Maar sagte harte wat oorgee aan God se wysheid kan sagte woorde produseer, en sagte woorde kan die atmosfeer vir altyd verander. Sagte woorde wil genees, eerder as om te vernietig. Sagte woorde stop skinder as dit begin en inteendeel, bou mense op. Sagte woorde bring hoop en spreek die waarheid. Wees wys, wees versigtig… wees sag in ‘n harde wêreld.

“’n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam. ‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam.” – Spreuke 15:1

 Begin Met Jouself

Jy is dalk in die verlede diep seergemaak deur iemand se woorde, maar in kontras met die populêre gesegde, hoef gewonde mense nie ander mense te wond nie. Jesus transformeer lewens en vergifnis en ‘n nuwe begin is moontlik in Sy naam. Vandag kan ons weer begin. Vandag hoef ons nie te wag vir die ander persoon om te verander nie. Vandag kan die siklus stop by ons. Ons kan vergifnis uitreik en nederig daarvoor vra. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Ons kan lewe gee met ons woorde… een gedagte, een opmerking, een gesprek op ‘n slag.

“Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense af.” – Spreuke 15:4

Kom ons praat: Waar sukkel jy met wysheid in jou spraak? Wat is een stap wat JY VANDAG kan neem om in wysheid te wandel in hierdie area?

By Sy voete,

Whitney

 

 

 

 

 

 

Week 2 Uitdaging: Beplan elke dag hierdie week een doelgerigte manier hoe jy jou woorde gaan gebruik om die atmosfeer positief te verander. Idees: plaas ‘n bemoedigende nota in jou kind se kosblik of op jou medewerker se tafel, stuur ‘n bemoedigende Bybelvers in ‘n teksboodskap, reageer op ‘n fel woord met sagtheid, gee ‘n woord van hoop in ‘n moeilike gesprek…

Week 2: Video

Week 2: Leesplan

week-2-leesplan

Week 2: Memoriseervers

week-2-memoriseervers

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s