Wanneer Jy Die Leuens Glo In Plaas Van Die Waarheid

Wanneer Jy Die Leuens Glo In Plaas Van Die Waarheid

deur Angela | Feb 1, 2017

week-2-woensdag

wk02d03

Met trane wat teen haar wange afrol, het een van my dogters een oggend in ons badkamer ingehardloop, terwyl ek besig was om reg te maak vir die dag. Sy het haar kop teen my maag gedruk en gehuil, “Mamma, laat haar ophou! ‘So en so’ sê nie mooi woorde nie! Sy het my ‘n lelike naam genoem, en dit het my seergemaak. Ek is nie ‘n _______ nie. Sy jok!”

Ek werk doelgerig met my drie dogters om hulle te leer om woorde van liefde en sagtheid te spreek. In ‘n wêreld wat vir vrouens vertel om “dit te sê soos dit is” om jou stem te laat hoor – selfs as dit geskree word, en gevul is met woede en haat – spreek net jou waarheid vir die wêreld om te hoor. Ek probeer desperaat om my dogters anders te leer.

Ja, God het elkeen van ons met ‘n stem geseën, en dit is belangrik dat ons vry voel om te deel wat God op ons harte gelê het. Maar as Christen vrouens, het ons ook ‘n verantwoordelikheid in hoe ons ons stemme en ons vryheid gebruik. Ons moet dit doen op ‘n wyse wat God verheerlik.

Ek herinner my dogters daagliks daaraan dat ons almal ‘n keuse het: ons kan ander óf opbou, óf hulle afbreek, gebaseer op die woorde wat ons kies. Ek wil hê dat my dogters leer dat hulle woorde krag het, en hóe hulle hulle woorde kan gebruik om, óf lewe te bring – deur ander aan te moedig en liefde in hulle lewens te spreek – óf hulle kan dood bring deur hulle kritiek en oordeel. Ek wil hê dat my dogters die belangrikheid leer van om ander op te bou deur hulle woorde.

Ek wil ook hê hulle moet leer dat, net omdat iemand iets van jou sê, maak dit nie die waarheid nie. Ons leef in ‘n wêreld wat gevul is met leuens, en ons moet ons kinders en onsself leer om te luister na die Stem van waardheid, eerder as na die leuens van die wêreld.

Ons sien hierdie selfde worsteling met Adam en Eva. Net soos ons, het hulle ‘n keuse gehad: glo dat God goed is en dat Hy wou hê wat die beste vir hulle is, of die leuen glo dat God iets goeds van hulle weerhou het. En net soos wat Satan is, het hy die waarheid verdraai en vir Eva gelieg, en haar laat dink dat God iets goeds van haar weerhou. Toe Eva voor die keuse staan om te kies of sy God gaan gehoorsaam, of luister na die leuens van die bedrieër, het Eva gekies om haar begeerte vir wysheid tevrede te stel, in plaas daarvan om haar lewe deur geloof te leef en God te gehoorsaam.

“Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit KENNIS kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet.” – Genesis 3:6

En as dogters van Eva, maak ons dieselfde keuse.

Ons luister na wat die wêreld van ons sê, in plaas van om na God se Woord te gaan en te lees wat Hy sê. Ons laat toe dat die wêreld in ons harte en gedagtes spreek en vir ons vertel wat ons waarde is.

Toe Eva gevoel het dat sy te kort skiet, het sy toegelaat dat Satan haar verlei – nie net deur haar oë en hande nie – maar in haar begeerte om haarself te verbeter. Sy het gevoel sy benodig meer wysheid.

En hoeveel keer het ek myself in Eva se skoene bevind? Hoeveel keer het ek gevoel ek is nie genoeg nie? Hoeveel kere het ek meer wysheid in my lewe begeer, maar na die leuens van die wêreld gedraai, in plaas van na die Woord van Waarheid? Vir my is dit ‘n daaglikse stryd.

Die kern van enige leuen, is die oortuiging dat God nie weet wat die beste is nie. Ons dink dat ons wysheid beter is as Syne.

“Toe sê die slang vir die vrou: ‘Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.'” – Genesis 3:4-5

En daardie leuen het die dood gebring. Nie net vir Adam en Eva nie, maar vir almal.

Maar as gevolg van God se groot liefde vir ons, het Hy gekom en ons gered van al die leuens wat ons geglo het, en al die leuens wat ons vir onsself en vir ander vertel het. Hy het Sy lewe neergelê vir elkeen van ons, en die grootste leuen van almal, naamlik dat God ons nie liefhet nie, verpletter.

 Soos Adam en Eva, het ons ‘n keuse. Gaan ons God se waarheid glo, of Satan se leuens?

Wanneer ons kies om te wandel in God se wysheid, kies ons om ons lewens te leef in God se waarheid.

Vriendinne, mag ons vrouens wees wat ons verbly in God se waarheid en wat ophou om die leuens wat in die wêreld tot ons gespreek word, te glo. Mag ons vrouens wees wat God se waarheid ken, en nie langer luister na die leuens van die vyand nie. God het ons lief, is vir ons en is die gewer van die wysheid wat ons soek. Mag ons vrouens wees wat kies om ons lewens te leef deur geloof in ons Here Jesus Christus.

Ons is pragtig, want Hy het ons geskape.

 Ons is geliefd, want Hy het ons lief.

 Ons is heel, want Hy vul ons leemtes.

 Die leuens van die wêreld hou ons gevange, maar gelukkig het ons ‘n keuse: ons hoef nie na die wêreld te luister nie. Ons kan kies om na die Stem van Waarheid te luister!

Kom ons delf dieper in God se waarheid, want Sy waarheid maak ons vry…

Kom ons Praat: Watter leuens glo jy reg nou in jou lewe?

 Hê God Groots Lief!

Angela

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s