Week 3 Die Invloed van Vriende

Week 3  Die Invloed van Vriende

Deur Jen Thorn | Feb 6, 2017

week-3-maandag

wk03d01

Goeie môre en welkom by week 3 van die Wandel in Wysheid studie! Hierdie week is die fokus op verhoudings. Ons lewens is gevul met verskillende tipe verhoudings – by die werk, by die huis, by die kerk, by die skool, by die park en by die winkel, net om ‘n paar te noem. Ons het altyd en op verskillende manier interaksie met mense. Spreuke gee vir ons baie wyse raad wanneer dit kom by die kwessie van met wie ons ons tyd moet deurbring.

Die Invloed van Vriende

In Spreuke 13:20 word ons vertel dat ons moet omgaan met wyse mense, en dan sal ons self wysheid kry. Mense beïnvloed mekaar. Die manier hoe ons praat, die manier hoe ons dink, ons gedrag en ons woordeskat, kan die mense met wie ons is, affekteer en andersom.

Het jy al ooit opgelet dat jy soos jou beste vriend lag, of dieselfde frases gebruik as hom of haar? Ons word maklik beïnvloed, of ons dit besef of nie. En dus vertel die Woord vir ons om seker te maak dat ons onsself omring met wyse mense. Onthou dat ‘n wyse persoon iemand is wat God diep liefhet, en alle dinge sien deur die lens van die Woord. Wyse vriende sal ons liefhê, foute en al, en hulle veroorsaak dat ons beter wil wees, want hulle wys ons na die Woord.

In Spreuke 22:24-25 het ons verse wat ons spesifiek vertel van wie moet ons wegbly.

Moenie maats maak met ‘n opvlieënde mens nie,

moenie saamgaan met een wat kort van draad is nie:

dalk leer jy sy maniere aan

en beland jy in lewensgevaar.

Hierdie stukkie wysheid is geskryf in ‘n gedig van vier reëls. Twee van hulle is waarskuwings, en twee van hulle vertel ons die gevolge. Hierdie tipe herhaling word gebruik om ‘n punt te maak. Woede, toorn, verergdheid en ‘n slegte gesindheid, dit is soos siektes wat gedra en oorgedra word na ander, deur dié wat besmet is.

As ons tyd spandeer saam met ‘n persoon wie se lewe gekenmerk word deur hierdie verskeie soorte woede, dan plaas ons onsself in ‘n posisie waar ons beïnvloed word vir ongoddelikheid, in plaas van vir godsvrug. (1 Kor. 15:33)

Die Gevaar van Woede

Woede is beide rebellie en hoogmoed. Dit is ‘n tipe rebellie teen God se voorsienigheid en goedheid. In ons woede sê ons basies dat “ek is nie gelukkig met wat U doen nie, Here, en ek glo nie dat dit goed is nie”.  Dit is ook ‘n teken van hoogmoed, want deur ons gesindheid sê ons dat ons glo dat ons beter weet as God. Ons woede kom gewoonlik van ‘n hart wat glo dat “ek dit nie verdien nie!” of “ek is beter as dit.” Woede tart die wysheid van God.

Sulke sondes is gevaarlik en ons moet waak daarteen. Woede in sy verskillende vorme volbring nie die geregtigheid van God nie.

Spreuke vertel ons nie dat ons mense wat neiging tot woede het nie moet liefhê of vir hulle omgee nie. En baie van ons vriende sal sukkel met woede. Maar ons moet versigtig wees dat ons nie by hulle aansluit in hulle slegte gesindheid nie, en ons moet probeer om hulle aan te moedig tot vrede. As ons sien dat ons gelei word in ongoddelikheid, is dit belangrik om veranderinge te maak, selfs die verhouding te beperk deur minder tyd met so ‘n persoon deur te bring. Ons moet almal probeer om onsself te omring met mense wat vir ons die vrug van die Gees demonstreer en ons sal aanmoedig op ons soeke na goddelikheid.

Miskien is ons die persoon wat sukkel met woede. In daardie geval moet ons dit bely en begin om te groei in die vrug van selfbeheersing deur ons lewens te deurweek met skrifgedeeltes, gebed en goddelike vriende.

Kyk Na Jesus,

jen-signature

 

 

 

WeeK 3  – Uitdaging

Lê alle hoogmoed neer en identifiseer areas in jou lewe waar woede ‘n houvas gekry het. Gebed is kragtig, so bid daagliks dat God jou sal help om woede te laat sterf en jou te laat groei in selfbeheersing en geduld. Soek andere wat jou sal liefhê soos jy is en jou sal help tot godsvrug.

WeekK 3 – Video

 Week 3 – Memoriseervers

week-3-memoriseervers

 Week 3 – Leesplan

week-3-leesplan

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s