Kies Om Op Te Bou Eerder As Om Af Te Breek

Kies Om Op Te Bou Eerder As Om Af Te Breek

Deur Angela | Feb 6, 2017

week-3-woensdag

wk03d03

Geen vrou wat verstand het, sal haar familie met haar eie hande wil afbreek nie, of beskryf wil word as skandelik of twissoekerig nie.

Tog het ek elke dag ‘n keuse om my familie op te bou of af te breek met my woorde, my aksies en my keuses.

Ek onthou een van die eerste rusies wat ek en Dirk gehad het, kort nadat ons getroud is. Ek was in so ‘n harwar – ek kon nie verstaan hoe hy nie kon sien hoe verkeerd hy was nie – en hy was tersefdertyd in ‘n harwar, en het my vertel hoe hy nie kan verstaan dat ek nie kan verstaan hoe verkeerd ek was nie! In plaas daarvan om te leer om saam te werk, het ons ons verskille gebruik om ons uitmekaar te dryf.

In die tweede jaar van ons huwelik, het die tragedie van 9/11 ons land getref, en dit het my vir altyd verander.

Ek het soveel verhale gehoor van mans wat daardie dag werk toe gegaan het, en nooit weer huis toe gekom het nie. Ek het na onderhoude geluister van mans en kinders wat nie besef het dat hulle nooit weer hulle vrouens en ma’s gaan sien nie, en nooit die kans gehad het om totsiens te sê nie. En ek het myself belowe dat ek nooit wil hê dat Dirk werk toe moet gaan en dink dat ek vir hom kwaad is nie. Ek wil hê dat hy werk toe moet gaan, en weet dat ons hom liefhet, en ek wil hê dat hy daarna moet uitsien om huis toe te kom.

Nou, sestien jaar later, as ek terugdink, was ek perfek met dit? Nee, nie naastenby nie.

Ons het af en toe nog steeds daardie malle totsiense, waar hy skree, “Ang, waar is my karsleutels? Ek is laat vir werk, liefste. Help my om my… te vind” En ja, ek sal onderlangs brom, en somtyds in sy gesig brom, “Jy weet, as jy dit net elke keer op dieselfde plek sal bêre….” O, die realiteite van getroude lewe.

Maar die goeie nuus is, nou, na baie jare, ken ons albei ons tekortkominge, en neig ons om te lag oor ons dwaashede in die hitte van die oomblik, in plaas van om toe te laat dat dit die oorhand oor ons kry. Ons weet albei dat ons Jesus en baie genade nodig het.

En so kom dit terug na afbreek of opbou.

God het vir ons, as vrouens, ‘n ongelooflike geskenk van invloed oor ons families gegee.

Ons het daagliks die keuse om op te bou of af te breek. Gaan ons hare kloof oor elke ding wat ons mans of kinders verkeerd doen of gaan ons God vra om ons te help om hulle te sien soos Hy hulle sien; die manier hoe Hy hulle en hulle persoonlikhede gemaak het? Gaan ons hulle sien deur lense van genade, net soos wat ons wil hê God ons moet sien?

Miskien het jy hierdie verse vandag gelees, en krimp jy ineen en wonder, “Bou ek meer op as wat ek afbreek?”  Dit is dae soos vandag wat ek wens dat ek julle almal rondom my kombuistafel kan hê en net met julle van aangesig tot aangesig kan praat.

Daar is genade, liewe vriendin… genade en ontferming is elke môre nuut (Klaagliedere 3:22-23). As jy vind dat jou gedagtes en jou hart met vrees gevul word wanneer jy vandag se verse lees, laat ek vir jou vertel dat daar hoop en genade te vinde is in Jesus.

As jy jouself in die laaste tyd meer aan die afbreek kant as aan die opbou kant vind, gaan na God. Vra Hom vir hulp. Toon berou vir die maniere hoe jy diegene in jou huis afgebreek het, en vra God vir Sy krag, wysheid en leiding om jou te help verander. Gaan na diegene wie jy seergemaak het en vra hulle om jou te vergewe. Vergewe jouself dan en aanvaar die genade wat God na jou as Sy dogter toe uitreik. Moenie toelaat dat Satan jou bedek in skaamte nie. Wees pro-aktief en staan elke dag op met die voorneme om eerste na God te draai. Bestudeer Sy Woord, pas Sy wysheid elke dag toe in jou lewe, en gee jou wil oor aan Syne. Hy sal jou help! Hy sal jou lei! En op daardie dae wat jy ook in ‘n harwar is, onthou… daar is genade.

Om ‘n vrou te wees wat haar huis opbou, gaan nie daaroor om ‘n perfekte ma of ‘n perfekte vrou te wees nie. Dit gaan daaroor om ‘n ma en ‘n vrou te wees wat haar lewe oorgee aan die Argitek van haar lewe. Sy laat Hom toe om haar te lei, die pad te wys, en Sy Gees deur haar te laat werk soos sy diegene in haar huis liefhet, dien en versorg.

Vriendin, onthou: Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee! Ek bid vir julle soos julle uitgaan en julle families hierdie week opbou!

Hê God Groots Lief!

Angela

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s