Kies Om Aan Te Plant

Kies Om Aan Te Plant

Deur Angela | Feb 13 2016

week-4-maandag

wk04d01

Niemand wil ‘n luiaard genoem word of hê dat mense moet dink dat hy of sy lui is nie.

Ons lees vandag se verse, en ons mag dink, “Dit is nie op my van toepassing nie. Ek is ‘n harde werker.” Maar soos ek voorberei het en gebid het oor wat God wil hê ek vandag moet deel, het my gedagtes bly teruggaan na die “siel.” Die siel van die luiaard bly hunker, terwyl die siel van die vlytige persoon tevrede is.

 En ek wonder, hoe gaan dit deesdae met my siel? Hoe gaan dit met joune?

Wanneer ons lees van die luiaard in Spreuke 24:30-34, sien ons ‘n man in ‘n verwaarloosde, toegegroeide stuk land. Dit is ‘n land wat oortrek was van onkruid, toegegroei onder die bossies, en die klipmuur was omgeval.

Daar is aan my vertel dat ons siele soos tuine is. Ons moet doelgerig werk in die “tuin van ons siele,” om dorings soos onvergewensgesindheid, jaloesie en trots uit te roei. Tuinmaak neem tyd en om ‘n goeie werk te doen, kan jy nie jaag of kortpaaie neem nie.

Ek onthou toe ek en my man een jaar die beddings in ons tuin oorgedoen het. In plaas van om hulle totaal skoon te maak, en al die oorblyfsels en ou vuilgoed te verwyder, en ‘n nuwe laag van onkruidbeskerming neer te lê, het ons gevoel dat dit net te veel werk was en het ons besluit om dit nie te doen nie. In die begin kon jy nie agterkom dat ons nie die onkruidbeskerming neergelê het voordat ons die blomme geplant het nie. Maar na ‘n week of twee, het die onkruid reg langs die blomme gegroei. As ons dit net sou los, sou hulle uiteindelik gegroei het en die blombedding oorgeneem het.

En ek wonder, hoe lui het ek geword om na my siel om te sien? Het ek ‘n laag “onkruidbeskerming” neergelê – die toepassing van God se Woord – om te keer dat onkruid in my lewe groei? Laat ek toe dat die ware tuinier, Jesus, my sagkens oortuig van onkruid wat in my hart groei, en laat ek Hom dan toe om dit te verwyder?

Die Bybel sê waar die hart van vol is, loop die mond van oor (Lukas 6:45). Wat het my woorde in die laaste tyd geopenbaar oor die toestand van my hart?

Spreuke 13:4 vertel van twee teenoorgestelde siele. Die siel van die luiaard, se honger word nie gestil nie, en aan die siel van die hardwerkende mens, word mildelik voorsien.

Liewe vriende, ons is geskape om te werk. Toe God vir Adam en Eva geskape het, het Hy hulle geplaas in ‘n pragtige tuin om te werk en aan te plant. Soos hulle, het God ons geplaas presies waar Hy wil hê ons moet werk en aanplant. Ons moet nie lui wees om in ons lewens en in ons siele aan te plant nie. Hulle gaan saam. Hoe dit ookal met ons siele gaan, so gaan dit met ons lewens.

Wanneer ons kies om in waarheid te wandel, kies ons om vrouens te wees wat in God se Woord delf; vrouens wat die waarheid van Sy woorde onder ons vingernaels kry, vrouens wat Sy waarheid plant in die grond van ons harte, en vrouens wat ons siele daagliks natlei met Sy lewende water

Liewe vriende, daar is baie werk om in hierdie wêreld te doen. Laat ons ons moue oprol, delf in die wysheid wat in die Bybel gevind word, en Sy waarheid aanplant in ons lewens en in die gemeenskappe waar ons geplaas is!

Kom ons Praat: Hoe plant jy aan in jou siel, jou huis en jou gemeenskap waar jy leef?

 Hê God Groots Lief!

angela

 

 

 

 

 

 

Week 4 Uitdaging: Neem hierdie week tyd en bid en vra God of daar enige onkruid in jou hart is wat Hy moet verwyder. Sit en wees stil voor Hom. As Hy iets openbaar, wees braaf en gaan oor tot aksie. Moenie wag om gehoorsaam te wees nie.

Week 4 Video

Week 4 Leesplan

week-4-leesplan

Week 4 Memoriseervers

week-4-memoriseervers

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s