Wysheid In Rykdom En Hoe Om Te Belê In Die Ewigheid

Wysheid In Rykdom En Hoe Om Te Belê In Die Ewigheid

Deur WhitneyD | Feb 15, 2017

week-4-woensdag

wk04d03

God wil jou hart hê. Hy soek dissipels wat so gevul is met ‘n visie vir die ewigheid, dat hul diepste begeerte is om hulle geld, tyd en gebede te belê waar dit die meeste sal saak maak. “Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Cristus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.” (Kolossense 3:1) – Randy Alcorn

Dit was ‘n besige Dinsdagmiddag, en ek het so baie dinge op my brein gehad, soos e-mails wat beantwoord moet word, aandete wat gemaak moet word en my lang lys van aktiwiteite vir die kinders. Reg in die middel van al die gejaag, het my agtjarige dogter my aan die arm geneem, en my na my slaapkamer gelei, weg van die chaos af. Sy het die deur vinnig agter haar toegemaak.

In haar mollige handjie was ‘n rol note: vier vars nuwe tien dollar note om presies te wees – ‘n Kersgeskenk van haar Ouma en Ouma – plus ‘n enkele dollar wat onder haar kussing was, in ruil vir die tand wat sy onlangs gewissel het. Bo-op die geld was ‘n klein nota wat in my geesdriftige graad twee dogter se handskrif was, wat gesê het:

“Sodat die mense sal weet.”

Sy het vereis dat ek haar geld neem (wat die totale som was van elke liewe sent wat sy op haar naam gehad het), en sy het onmiddelik in trane uitgebars toe dit haar hand verlaat het en in my hand neergesit is. Sy hoef nie ‘n woord te gesê het nie – ek het presies geweet waar haar kosbare trane vandaan kom, en die betekenis van haar doelgerigte woorde. Met trane in my oë, het ek haar in my arms geneem, en plek gemaak vir die twee van ons op die grond in my slaapkamer.

“Vir die mense in Sirië?” het ek gefluister toe sy in my skoot inkruip.

“Ja, mamma,” kon sy regkry om te sê, so tussen haar snikke deur. “Sodat hulle sal weet.”

Vroeër hierdie week was sy opmerklik aangedaan tydens ons familie vergadering oor die groot fisiese en geestelike behoeftes van die mense in hierdie spesifieke verwoesde, oorlogsgeteisterde nasie. Iemand wat nie geweet het nie, sou gedink het dat daardie trane in die slaapkamer was as gevolg van die verlies van haar rykdom, maar dit was werklik trane wat vertel het van haar hart se verhaal van hoe graag sy wil hê dat die mense van Sirië moet weet hoe baie Jesus hulle liefhet.

Sy het God met haar rykdom geëer;

Sy het haar beste gegee, en niks teruggehou nie.

Sy het belê in die ewigheid in plaas van in aardse wins, want Jesus is haar grootste skat.

_________________________

Ek was my hele lewe lank iemand wat spaarsamig is.

My ma vertel dat toe ek ‘n klein dogtertjie was, het ek selfs die eenvoudigste snuistery as kosbaar gesien en dit gehou. Ek onthou dat toe ek in die laerskool was, ek my eerste spaarrekening met groot belangstelling en detail bestuur het. In my vroeë hoërskooljare het ek ja gesê vir omtrent elke geleentheid om na kinders te kyk sodat ek geld kan verdien. Op hoërskool het ek na skool by ‘n plaaslike restaurant as ‘n kelnerin gewerk en skaars ‘n sent van my salaris gespandeer. Ek het tydens my kollege jare gewerk sodat ek nie studentelenings moes hê nie, en later het ek my trourok agter in ‘n baie beskeie klein winkeltjie op die 75% afslag rak gevind.

Ek wens dat ek kon sê dat my neiging tot spaarsamigheid altyd die resultaat was van gesonde dissiplines en ‘n eksterne fokus, maar té dikwels het my motivering vir werk en finansiële onafhankikheid gekom van ‘n strewe na selfonderhoudendheid, wêreldse sekuriteit en meer sondige hoogmoed as wat ek graag wil erken. Met té min geloof en ‘n té stywe greep op dit wat ek beskou as myne, het dít wat ek gehoop het soos finansiële verantwoordelikheidsin sou lyk vir die wêreld, ‘n afgod en ‘n struikelblok geword vir my regte reaksie op die evangelie.

God Wil Ons Harte Hê

Of jou geneigdheid is om te spaar of te spandeer, is regtig nie van belang hier nie (natuurlik is daar voorbeelde van positiewe en negatiewe toepassings aan beide kante van die spektrum). Wysheid in ons werk en rykdom is ‘n uitvloeisel van die hart. Glo ons werklik dat alles wat ons besit, aan die Here behoort? (Psalm 24:1)? Sal ‘n evaluasie van waar ons ons rykdom bêre ‘n wêreldse of ‘n ewigheidsfokus aandui? (Matteus 6:19-21)? Wanneer ons wegtrek van die chaos en werklik eerlik na ons harte kyk, dien ons God of geld as ons baas (Matteus 6:24)? Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

God verdien ons Eerste en ons Beste

As jy nog ooit ‘n vriend vir die eerste keer kerk toe genooi het, is die kanse goed dat jou dominee gepreek het oor die gee van jou tiende (dis snaaks nê, maar, werklik… ?!). Alle spottery opsygesit, ons neig om hierdie onderwerp ten alle koste te vermy, maar o, die voorreg om vir God ons eerste en ons beste te gee! Wanneer ons nederig die kruis en alles wat ons het in Christus onthou (Filippense 3:8), en wanneer ons volle vertroue het dat God in elke behoefte van ons ryklik sal voorsien (Filippense 4:19), dan verdof ons wêreldse behoeftes vinnig in die lig van Sy glorie en genade.

Ons kultuur gee vir ons ‘n verwarrende boodskap. Dit sê: maak baie geld en spandeer dit op jouself; verkry ‘n identiteit deur die tipe klere wat jy dra en die plekke waarna toe jy reis en waar jy leef. Maar doen ook bietjie welsynswerk, gee om vir sosiale geregtigheid, want jy wil nie net ‘n selfsugtige vark wees nie. Maar, Christene se gesindheid oor ons tyd en ons geld moet nie deur ons samelewing gevorm word nie; dit moet gevorm word deur die evangelie van Christus, wie so arm geword het, sodat ons ryk kan word (2 Korintiërs 8:9). – Tim Keller

Is jy steeds nie seker hoe om wysheid na te streef in jou werk en rykdom nie? Begin deur vir Jesus na te streef. Wysheid verpersoonlik – die lewe en voorbeeld van Jesus – en ‘n hart gefokus op jou Eerste Liefde, sal die weg wys. Vader, laat dit van ons gesê word…

Sy het God met haar rykdom geëer;

Sy het haar beste gegee, en niks teruggehou nie.

Sy het belê in die ewigheid in plaas van in aardse wins, want Jesus is haar grootste skat.

*Kom ons Praat: Wat spreek God hierdie week tot jou hart deur Sy Woord oor jou werk en jou rykdom? Kom ons spoor mekaar aan in die kommentaar …

By Sy voete,

whitney

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s