Die Waarde Van ‘n Goeie Naam.

Die Waarde Van ‘n Goeie Naam.

Deur Jen Thorn | Feb 17, 2017

week-4-vrydag

wk04d05

As ons mense moet vra wat die drie belangrikste dinge in hulle lewens is, kan ons antwoorde hoor soos familie, God, beroep, rykdom en ‘n magdom van ander gemeenskaplike waardes. Iets wat ek nie dink baie mense sal sê nie, is “’n goeie naam.” ‘n Goeie naam is iemand se reputasie, en spesifiek ‘n agtenswaardige reputasie.

Volgens Spreuke 22:1 is ‘n goeie naam beter as rykdom; dit is beter as silwer en goud. Maar hoeveel keer het ons al hierdie waarheid vergeet, en het ons in die lewe afgelei geword as gevolg van materialisme of geld? Hoe dikwels verblind die glans van goud en silwer ons oë vir wat werklik waardevol is?

My ondergang is om deur ‘n groot hardeware winkel soos Lowes te loop en al daardie nuwe kombuise en kombuistoerusting te sien. Skielik is ek ontevrede met wat ek het. My hart begin om te murmureer en ek begeer dít wat nie myne is nie. Ek ontbreek aan dankbaarheid vir wat God alreeds vir my gegee het, wat veroorsaak dat ek aan Sy goedheid twyfel.

Rykdom is nie opsigself sleg nie. Maar ons het ‘n probleem wanneer ons toelaat dat dit ons weglei van ‘n tevrede lewe, en veroorsaak dat ons optree op ‘n manier wat God nie verheerlik nie. Dit is sleg wanneer ons begin om rykdom en materiële besittings tot so ‘n mate te begeer, dat ons eer en eerlikheid opsy sit, sodat ons kan kry wat ons wil hê.

Die wêreld vertel ons konstant dat ons “goed” nodig het om gelukkig te wees en aanvaar te word. Maar dit is presies die teenoorgestelde van wat God ons vertel, nê? Ons moet ‘n goeie naam meer begeer as goud of silwer. Ons moet eer en respek begeer oor wie ons is, nie wat ons het nie.

Wie is jy? As jy ‘n Christen is, is jy ‘n sondaar wat gered is deur genade; ‘n geestelike stommerik wat dood was, en die ewige geestelike lewe gegee is; ‘n mens wat eers blind was, maar wat nou die goedheid en genade van God kan sien. Jy is verlos deur die bloed van Jesus, en opgehef tot ‘n nuwe lewe – ‘n lewe wat geleef word in integriteit, eer, deugsaamheid en goedheid, nie omdat ons goed is nie, maar omdat God goed is en Hy in ons werk om daardie dinge te begeer.

Jy het ‘n erfporsie wat vir jou wag, wat meer is as enige iets wat hierdie wêreld nog ooit gesien het. Wat anders kan hierdie wêreld jou moontlik aanbied wat vergelyk met wat God jou reeds gegee het? Dit is wie jy is. Dit is wat jy bely. En jou gedrag moet pas by jou belydenis. Dit is wat dit beteken om ‘n goeie naam te hê.

Materiële besittings is goeie en wonderlike geskenke van God, maar ‘n goddelike reputasie is ongelooflik meer werd.  Loof God vir wat jy ontvang het, maar vra Hom om jou ‘n begeerte te gee om te leef in goddelikheid en om dit meer lief te hê.

Die Bybel vertel ons dat ons ‘n reputasie moet hê wat ooreenstem met ons belydenis van Christus. Dit is meer waardevol as rykdom, want dit eer God.

Kyk Na Jesus,

jen-signature

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s