Staan Sterk In ‘n Aanloklike Wêreld

Staan Sterk In ‘n Aanloklike Wêreld

Deur WhitneyD | Feb 20, 2017

week-5-maandag

wk05d01

Ek staan gewoonlik elke oggend 5 uur op. Vra my ‘n paar minute later of ek maklik verlei word deur die wêreld, en ek sal definitief antwoord “Absoluut nie.” 

Na ‘n goeie slaap, ‘n vars koppie koffie en die feit dat ek nog nie ‘n sinvolle gedagte gehad het, of met een enkele mens moes praat nie, kan dalk iets daarmee te doen hê. Maar gee my ‘n minuut of twee en ‘n paar honger kinders aan die ontbyttafel en dit vat my nie lank om te besef dat my hart vals is, hierdie wêreld meedoënloos is, en dat ‘n sterk koppie koffie my net sover gaan help.

Ons leef in ‘n verleidelike wêreld.

Voeg daarby ons eie sondige harte (wat, soos Paulus, ons gereeld laat doen wat ons nie wil doen nie), en ‘n baie werklike vyand (wat rondloop soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind), en dit is geen oordrywing dat ons elke oggend ‘n oorlogsveld betree wanneer ons opstaan nie.

“As sondaars jou wil verlei, my seun, moenie toegee nie.” – Spreuke 1

Maak nie saak in watter stadium van die lewe ons is nie, niemand van ons is immuun teen versoeking nie. Of jy jonk of oud, ‘n nuwe gelowige of geestelik meer volwasse is, solank as wat ons in hierdie wêreld leef, is ons omring met sonde en ander sondaars. Ons sal hierdie week in Spreuke lees dat mense gierig is vir onregverdige wins en dat hulle nie bang is om ander saam met hulle te neem nie, dat die versoeking vir oormaat by elke ete voorkom, dat egbreuk so naby is as wat die bure is, en dat kwaad net een tree ver is as jy nie oplet nie. Hoe vinniger ons die groot gevare wat in en rondom ons is, herken, hoe vinniger kan ons stappe neem om teen hulle te veg.

“…maar hierdie mense span vir hulleself ‘n net,

hulle gaan hulle ondergang met oop oë tegemoet. So gaan dit met elkeen wat vat wat hom nie toekom nie:

rowery kos hom sy lewe.” – Spreuke 1:18-19

Hier is die feit… maak nie saak hoe begeerlik sonde in die begin lyk nie, dit lewer nooit die uitbetaling waarop ons hoop nie. Dit is alleenlik om te wandel in God se wysheid – deur ons volle vertroue, oorgawe en tevredenheid in Hom te vind, – wat ons die vrede gee wat ons harte verlang.

Prakties gesproke, hoe kan ons versoekings hanteer wanneer hulle na ons toe kom?

In haar boek, Love to Eat, Hate to Eat, beveel Elyse Fitzpatrick aan om ‘n lys van die stappe wat jy sal neem wanneer jy in versoeking kom, neer te skryf. In haar voorbeeld deel sy die volgende stappe wat verwys na die versoeking om te ooreet, maar hierdie kan maklik aangepas word op ander versoekings wat jy dalk in die gesig mag staar:

  • Ek sal na God uitroep en Hom vra om my te help. Ek sal onthou dat Hy belowe het om my nooit in die steek te laat of alleen te laat nie.
  • Ek sal my gedagtes fokus op Sy goedheid en Sy wonderlike seëninge in my lewe.
  • Ek sal onthou dat my ou begeertes of afgode my nog nooit gehelp het om vrede of vreugde te vind nie.
  • Ek sal my vriendin wat my aanspreeklik hou, kontak en haar vra om vir my te bid.
  • Indien moontlik, sal ek gaan stap, of van die kombuis af wegbeweeg na ‘n ander kamer.
  • Ek sal onthou dat God my my sien en dat Hy my so liefhet dat Hy Sy Seun gestuur het om te sterf vir my sonde
  • Ek sal na lofmusiek luister, of na die Woord wat getoonset is, en begin om te sing en God te dank vir Sy goedheid.
  • Ek sal my Bybelverse oor gedissiplineerde eetbeginsels kry en begin om dit deur te lees.
  • As ek reeds begin het om te sondig, sal ek stop en bely. Ek sal onthou dat ek nie hoef aan te gaan, net omdat ek begin het nie. Ek streef nie na perfeksie nie, en as ek nou stop, weet ek dat God pleased sal wees.

Maak nie saak hoe “sterk” ons dink ons is nie, ons kan nie versoeking beveg met eenvoudige menslike volharding nie. Jesus het vir sy dissipels vertel dat die gees gewillig is, maar die vlees is swak (Matteus 26:41). Selfs vandag sal Satan ons graag us onverhoeds en onvoorberei wil betrap, en hy versoek ons in ons swakste areas, wanneer ons dit die minste verwag. Maar met ‘n aksieplan in plek – een wat wysheid uit God se Woord op die voorgrond plaas – kan ons daaglikse stappe neem om ons gedagtes te vul met die waarheid, en doelgerig wegdraai van die sonde wat ons so maklik verstrik. En onthou, as jy God in geloof vir wysheid vra, gee Hy dit sonder voorbehoud of verwyt (Jakobus 1:5).

Vriendin, nou is nie die tyd om terug te tree nie. Kom ons wees waaksaam wanneer versoekings op ons pad kom! Watter stappe sal jy vandag neem om sterk te staan in ‘n wêreld vol versoekings? Kom ons deel praktiese aanmoediging met mekaar in die kommentaar…

By Sy voete,

whitney

 

 

 

 

 

 

 

Week 5: Video

Week 5: Uitdaging

Identifiseer een area in jou lewe waar jy in die versoeking kom om in te gee in die wêreld se weë in plaas van om in God se wysheid te loop. Skryf ‘n lys van praktiese stappe wat jy sal neem om hierdie versoeking te bestry, en soek na ‘n goddelike mentor om te bid vir jou, en om jou te wys na die waarheid van God se Woord, en jou liefdevol verantwoordelik hou in hierdie gebied.

Week 5: Leesplan

week-5-leesplan

Week 5: Memorirseervers

week-5-memoriseervers

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s