Egbreuk Verwoes

Egbreuk Verwoes

Deur Angela | Feb 22, 2017

week-5-woensdag

wk05d03

Ek voel dat Spreuke 6:27-35 vir ons ‘n blik gee op die lewens van Koning Dawid, Batseba en hulle seun, Salomo.

Koning Dawid en Batseba het eerstehands die gevaar van egbreuk geken, en hoe die gevolge van hulle keuse vir die res van hulle lewens saam met hulle gebly het, en vir hulle, asook vir diegene wat onskuldig in die saak was, seergemaak het. Die skuld, pyn en berou, nooit meer as ‘n gedagte ver nie. Soos meerste ouers, wou hulle beter hê vir hulle seun, en dus waarsku hulle hom oor die duur foute wat hulle gemaak het.

Alhoewel Salomo die die skrywer is, kan jy amper Koning Dawid se stem hoor en sy oë sien vul met trane soos hy met sy seun praat oor die gevare van egbreuk. Dit is asof hy sê, “Seun, moenie met vuur speel nie. Dit is nie die opwinding werd nie… jy sal jou vingers verbrand, en jy sal die pyn vir die res van jou lewe voel. En die onskuldiges… o my seun, jy sal nie die enigste een wees wat deur hierdie sonde vergruis sal word nie… dit verwoes die lewens van diegene wat onskudig is, net soos dit die lewens verwoes van diegene wat die sonde pleeg.”

Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark

sonder dat jou klere aan die brand raak? – Spreuke 6:27

Kan jy op brandende kole loop

sonder dat jy jou voete verbrand? – Spreuke 6:28

Net so min kan jy by ‘n ander man se vrou slaap

sonder om gestraf te word,

jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie. – Spreuke 6:29

Ek wonder of daardie laaste woorde, “jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie,” woorde was wat Salomo eerstehands sien afspeel het in sy vader se lewe.

Ja, Dawid het berou gehad, en God was genadig om hom te vergewe…maar God het nie die gevolge van Dawid en Batseba se sonde weggeneem nie.

Toe sê Dawid vir Natan: “Ek het gesondig teen die Here.”

En Natan sê vir hom: “Die Here het jou sonde vergewe: jy sal nie nou sterwe nie. Maar omdat jy deur hierdie daad die vyande van die Here aanleiding gegee het om Hom te laster, sal hierdie selfde kind wat vir jou gebore is, sterwe.” – 2 Samuel 12:13-14

Ek wonder hoe het dit gevoel om te weet dat jou sondes iemand anders se lewe gekos het…iemand wat onskuldig in die saak was.

En nogtans, miskien moet ons weet, want ons sondes het dieselfde gedoen. Ons sondes het ook iemand se dood veroorsaak, iemand wat in elke opsig onskuldig was, en nogtans gekies het om te sterf sodat ons kan leef.

Dit is die verskriklike waarheid oor sonde…dit veroorsaak dood.

Die dood van ‘n huwelik.

Die dood van ‘n familie.

Die dood van ‘n vriendskap.

Die verwoesting is nie die verbygaande oomblikke van plesier werd nie, en dus dra Salomo die wysheid oor na die volgende generasie, sodat hulle ook kan leer en nie dieselfde foute maak nie.

Maar ‘n man wat owerspel pleeg,

moet van sy verstand af wees,

iemand wat dit doen, verwoes sy lewe. Spreuke 6:32

Dieselfde wysheid wat Salomo uit sy ouers se lewe geleer het, en wat hy met ons deel in Spreuke 6, is waar vir ons lewens vandag.

 Egbreuk verwoes.

 Dit is ‘n vuur waaruit niemand onbeskadig ontsnap nie.

 Is daar genade, vergifnis en barmhartigheid vir diegene wat egbreuk gepleeg het? Absoluut! Geen sonde is te groot vir God nie! Maar wat ons sien in ons verse vandag, en wat ons sien deur Koning Dawid en Batseba se lewens, is dat mens nie eers deur dit verlei moet word nie. Die pyn die verwoesting en die gevolge is nie die verbygaande plesier werd nie.

God het beter planne vir jou lewe. Moenie in die versoeking kom met ‘n ander persoon se huweliksmaat nie.

Vriendin, as jy hierdie blog lees terwyl jy in hierdie area versoek word, vra God vir hulp om hierdie versoeking te oorkom. Hou op om aan daardie persoon te dink, om daardie persoon te sien, en beëindig die verhouding dadelik. Gaan na jou eggenoot en vertel die waarheid, soek hulp en aanspreeklikheid en moenie toelaat dat die verhouding verder gaan nie. Die skade, hartseer en gevolge is nie die moeite werd nie.

Hê God Groots Lief,

angela

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s