Weerhouding Van Goedheid

Weerhouding Van Goedheid

deur WhitneyD | Feb 24, 2016

week-5-vrydag

wk05d05

“Moenie ‘n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie.” – Spreuke 3:27

Die lesse in die Bybel wat vir my die moeilikste is, is dié wat my selfsugtige vlees konfronteer. Julle moet julle vyande liefhê. Julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom. Vergewe dié wat teen julle sondig 77 x 7 maal. God weet regtig hoe om my te ontmoet in daardie heilige spasie tussen wat Hy my vra om te doen, en wat ek werklik doen. Hierdie is een van daardie lesse: moenie ‘n weldaad weerhou terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie.

Vir gelowiges sal daar altyd die versoeking wees om die goeie te weerhou. Alhoewel ons verse vandag praat van die weerhouding van skuld wat vereffen moet word, is daar baie ander goeie geskenke wat God van ons verwag om te gee. Gelowiges word geroep om ons lewens aan God oor te gee. Ons reflekteer Jesus wanneer ons vrygewig is met ons geld, met ons tyd, met ons geestelike gawes, met ons vergifnis en met ons liefde, genade en barmhartigheid.

“Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo…” Jakobus 1:17

Gelowiges is die hande en voete van God. Totdat Jesus terugkeer vir Sy mense, is ons die middel deur wie God hierdie goeie gawes voorsien. God vra van ons om nie vir onsself te leef nie – om ons drome, ons begeertes en ons planne op te gee vir Syne.

“Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees?

Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.

–1 Johannes 3:17-18

Hoekom is dit so moeilik om opofferend te gee? Om te gee hou risiko in, dus vind ons dat ons ‘n definitiewe resultaat op ons belegging soek. Wat as die persoon dit nie verdien nie? Wat as hulle ondankbaar is? Wat as hulle my nie terugbetaal nie? Hoe sal die verlies my beïnvloed? Daar is altyd ‘n inherente risiko daaraan om te gee, maar ons moet God vertrou met ons belegging. Wanneer ons opofferend gee, gee ons ons regte tot daardie antwoorde op.

Om God se goeie en perfekte geskenke te gee, beteken dat ons onsself ontken en dat ons mense die liefde, goedheid en genade van Jesus gee.

Om Jesus te gee beteken dat ons onsself die reg ontken om te oordeel wie waardig is van ons liefde en goedgunstigheid.

Om Jesus te gee beteken dat ons onsself die reg ontken om ander wat ons te na kom, verwerp en ignoreer.

Om Jesus te gee beteken dat ons onsself die reg ontken om die laaste woord te vereis, of met woede te reageer.

Om Jesus te gee beteken dat ons onsself die reg ontken om vergifnis te weier.

Om Jesus te gee beteken dat ons onsself die reg ontken om die goeie te weerhou.

Wanneer ons die goeie weerhou van mense, dan weerhou ons God van hulle af.

Om mense die goedheid van Jesus te gee kan ongemaklik, ongerieflik en somtyds pynlik wees. Maar, gelowiges moet altyd na die voorbeeld van Jesus kyk. Jesus het aangehou het om Sy liefde, genade en vergifnis uit te stort aan die onverdienstelike mense, selfs tot die bittereinde. God vra ons om Hom eerste te plaas, deur mense lief te hê sonder enige verwagtinge.

Wanneer ons God eerste plaas – wanneer ons God se mense eerste plaas – belowe Hy om ons lewens te seën en bo ons verwagtinge, in oorvloed te voorsien. Ons goedheid teenoor ander sal nie ongesiens wees nie. Ons kan nie meer as God gee nie!

Wanneer ons die geleentheid gebied word om iets goeds vir iemand te doen, moet ons die vraag vra, “Sal ek huiwer om vir God te gee? ” Wat ons gee, is uiteindelik nie vir die een wat tekort het nie, maar aan Christus self. Hoeveel is God werd vir my en vir jou?

Watter verwagtinge plaas jy op diegene wat jy gevra is om te seën? Watter goedheid weerhou jy omdat die koste te groot is? In watter omstandighede benodig jy God se hulp om jou greep op selfbehoud te verslap? Hoe kan ons vir jou bid soos jy begin om vir Jesus alles te gee wat jy teëkom?

Vrede en genade vir jou,

document1-2

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s