Week 6 Die Vrugte Van Wysheid

Week 6 Die Vrugte Van Wysheid

Deur Jen Thorn | Feb 27, 2017

week-6-maandag

wk06d01

Welkom by ons laaste week van ons Wandel in Wysheid studie. Ons hoop dat jy ‘n wonderlike tyd gehad het terwyl jy verskeie Spreuke oor wysheid bestudeer het en daaroor gedink en gebid het.

Gedurende ons laaste week saam, gaan ons kyk na die vrug, of resultaat van wysheid.

Ons het geleer dat God wysheid gee. Ons kan dit nie op ons eie bewerkstellig nie. God is die bron van alle ware wysheid, en Hy het gekies om ‘n deel van dit deelagtig te maak aan Sy mense deur Sy Woord.

Wysheid is ‘n geskenk wat sy eie geskenke bring. Een van hierdie geskenke is beskerming. In vandag se verse sien ons dat die Here diegene wat wys is, beskerm. In die 1953 Afrikaanse vertaling sê dit dat Hy ‘n skild is vir diegene wat in wysheid wandel. Ons sien hierdie selfde taalgebruik in Psalm 33:20, wat sê:

Ons vertrou op die Here:

Hy is ons hulp en ons beskermer. (1983)

 Ons siel wag op die Here;

Hy is ons hulp en ons skild; (1953)

Ons moet onsself afvra, “Hoe is die Here ‘n skild?”

Hoe Die Here Ons Beskerm

‘n Skild word gebruik vir beskerming. ‘n Soldaat hou dit op om pyle of swaardaanvalle van ‘n vyand af te weer. Wanneer God sê dat Hy ons skild is, sê Hy dat Hy ons beskerming is. Waarvan beskerm Hy ons? Deur Sy Seun Jesus, is ons beskerm teen die toorn van God, die versoekings van die wêreld, en die aanvalle van die duiwel. (1 Pet. 1:18-19; 1 Joh. 1:7-9;2:2, Joh. 8:34-36; Heb. 2:14-15; 1 Joh. 3:1-11).

Toorn

Voor God ons gered het, was ons onder die regverdige oordeel van God. Maar deur die opoffering van Jesus, is ons aangeneem as kinders in die huis van God.

“Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.” – Romeine 8:1

Versoeking

Jy en ek word elke dag, menigte male per dag, in die versoeking gestel om op ‘n ongoddelike manier op te tree. Miskien word ons versoek om ongeduldig of kwaad te wees. Miskien word ons versoek om onvriendelik of lui te wees. Wat ookal ons versoekings is, God belowe om ons te beskerm sodat ons kan sterk staan teen dit.

“Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.” – 1 Korintiërs 10:13

Aanvalle van die Duiwel

Satan sal probeer om ons op die verkeerde pad te lei en ons verlei om te glo dat ons nie goed genoeg is of dat daardie sonde nie so sleg is nie. Maar ons het geleer dat Satan verslaan is en dat ons hom kan weerstaan. Hy het geen houvas op ons nie.

“Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.” – Jakobus 4:7

God belowe nie om ons te beskerm teen pyn nie, maar Hy belowe wel om daar te wees wanneer die lewe moeilik en pynlik is. Hy beskerm ons teen uiterste ondergang en belowe om met ons te wees en daardie pyn vir ons welsyn en Sy glorie te gebruik.

Hierdie is net ‘n paar voorbeelde van hoe God ‘n skild word vir diegene wat in wysheid leef. Ons moet leer om meer waarde te heg aan wysheid as wat ons tans doen. Ons moet dit nastreef en God gereeld vra daarvoor.

Vra jouself hierdie vrae:

  • Streef ek na wysheid net soos wat ek na gesondheid streef?
  • Spandeer ek selfs die helfte van die tyd om God se Woord te bestudeer as wat ek spandeer om fiksie te lees, tyd op die internet te spandeer, of wat ek op Instagram spandeer?
  • Wanneer ek bid, vra ek dikwels vir God om my wys te maak?

“Maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.” – Spreuke 1:33

Kyk Na Jesus,

jen-signature

 

 

 

 

 

Week 6 Uitdaging: Neem hierdie week ‘n paar ekstra minute om die karaktertrekke van ‘n wyse persoon en dié van ‘n onwyse persoon neer te skryf. Probeer om so spesifiek moontlik te wees. Bid deur hierdie lys, bely en kom tot inkeer waar dit nodig is, vra God vir verandering in areas waar verandering benodig word, en loof God vir enige wysheid wat jy in jou lewe waarneem… want alle wysheid is genade van God.

 

Week 6 Video

 Week 6 Leesplan

week-6-leesplan

 Week 6 Memoriseervers

week-6-memoriseervers

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s