Week 1 Naomi & Verlies

Week 1 – Naomi & Verlies

deur Angela | Maart 13, 2016

Welkom by die eerste week van ons “Gebroke en Verlos studie!” Ek is so bly dat jy saam met ons hierdie studie gaan doen, en ek sien daarna uit om die volgende ses weke saam met jou deur te bring, terwyl ons leer om ons etikette van gebrokenheid te verwyder en in die plek daarvan, begin om ‘n nuwe etiket te dra… dié van Verlosde!

As jy dit nie reeds gedoen het nie, maak seker dat jy inteken op ons blog of ons #LoveGodGreatly app sodat jy toegang het tot ons ooreenstemmende bloginskrywings op Maandae, Woensdae en Vrydae!

——————————————————————

My hart het nog altyd uitgegaan na Naomi (of moet ek sê “Niomi”?! Partymaal weet ek waarlik nie waarheen my Indiana/Ohio/Texas aksent my gaan neem wanneer ek my video’s opneem nie!!! Jammer vriendinne, ek dwaal af…).

Hoe moeilik moes dit vir haar gewees het om na Betlehem terug te keer sonder haar man en twee seuns. Sy het haar huis, met hulle aan haar sy, vol afwagtinging verlaat. Hulle het tree vir tree saamgestap na ‘n nuwe en meer hoopvolle toekoms. ‘n Nuwe lewe het vir hulle gewag… of, so het hulle gedink. 

Nou, jare later, keer Naomi terug na haar huis, sonder haar man of haar seuns aan haar sy. ‘n Vrou wat heel was toe sy haar huis verlaat het, keer nou gebroke en beskaamd terug.

En sy wonder of sy dalk vir God verkeerd gehoor het.

Hoekom het Hy toegelaat dat daar so baie pyn in haar lewe gekom het? Hoekom so baie verlies? Moes Hy regtig toegelaat het dat haar man en beide haar seuns sterf? Wat het sy gedoen om hierdie straf te verdien… hierdie beproewing?

“Moet my asseblief nie meer Naomi noem nie, noem my Mara, want die Almagtige het die lewe vir my baie bitter gemaak. My lewe was vol toe ek hier weg is, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom noem julle my nog Naomi? Die Here het dan teen my gedraai, die Almagtige het ‘n ramp oor my gebring.” – Rut 1:20-21

Alhoewel ons dalk nie die verlies van ons mans en kinders ervaar het nie, dink ek almal van ons kan begrip hê met die vrae en die emosies van om te voel asof God jou verlaat het. Ons worstel snags in ons beddens wanneer niemand anders wakker is nie, ons staar na die plafon en wonder wat het ons gedoen om God so te ontstel dat Hy ons gelos het en Sy seëninge met Hom saamgeneem het. Ons voel alleen, verlate en bitter in die hartseer wat ons omring… ons is amper nie in staat om asem te haal nie. En die laaste ding wat ons wil doen is om huis toe te gaan in hierdie toestand. En tog, om huis toe te gaan na mense wat vir ons lief is – is vir baie van ons – altyd die beste opsie wanneer ons gebroke is.

Want die waarheid is… ons leef in ‘n gebroke wêreld wat bevlek is met verlies, pyn en hartseer.

MAAR…

Ons is nie alleen nie.

In ons pyn, begin ons ore en harte luister na fluisteringe van twyfel:

“Jy is gebroke.”

“Jy is nie geliefd nie.”

“Jy is verlate.”

“Jy is nie goed genoeg nie.”

“Jy is ‘n fout.”

“Jy is nie _______.”

Soos Naomi, laat ons toe dat ons emosies, in plaas van die Woord van God, waarheid aan ons dikteer. Ons laat toe dat ons emosies en ons seer, ons sig vertroebel en ons sien nie hoe God in ons behoeftes voorsien, te midde van ons pyn nie.

Naomi het alleen gevoel. Sy het gebroke, leeg en geteisterd gevoel.

MAAR…

In Sy genade, het God vir haar Rut gegee.

Sy het ‘n metgesel gehad om saam met haar te reis op die pad wat sy vroeër met haar man en seuns geloop het. Sy het nie alleen en leeg, (soos wat sy gevoel het), huis toe gereis nie. Rut was met haar, en ook God.

En te midde van haar hartseer, het God haar gebruik op ‘n kragtige manier. Want dit is as gevolg van Naomi, dat Rut geleer het van God, dat sy vir God vertrou het en Naomi se God haar eie gemaak het… en uiteindelik ‘n voorsaat van ons Here en Verlosser, Jesus Christus, geword het.

God het Naomi se gebrokenheid gebruik.

Vriendinne, ek wil julle vandag bemoedig met dít: maak nie saak wat julle deurgaan nie, maak nie saak die pyn, die hartseer, of verraad… God is besig om te werk.

Ek bid dat julle vandag bemoedig is deur Naomi se verhaal, en dat julle daaraan herinner is dat God altyd die goeie uit enige pyn bring. Hy werk altyd in ons lewens en Hy sal ons gebroke dele verlos vir Sy glorie.

Ons identiteit kom nie van ons gebrokenheid nie, maar van wie God sê ons is.

Ek het volheid in Christus. (Kolossense 2:10)

Ek is ‘n kind van God. (Galasiërs 3:26)

Ek is uitverkore. (1 Petrus 2:9)

Ek is losgekoop. (Galasiërs 3:13)

Ek is vrygespreek. (Romeine 5:1)

Ek het die oorwinning behaal. (Openbaring 12:11)

Ek is vergewe. (Efesiërs 1:7)

Ek is in Hom gewortel, op Hom gebou, vas in geloof en met dankbaarheid vervul. (Kolossense 2:7)

God het my innig lief. (Romeine 1:7; Efesiërs 2:4; Kolossense 3:12; 1 Tessalonisense 1:4)

Ek is deur God, in Christus geskape, om my lewe te wy aan goeie dade. (Efesiërs 2:10)

God is altyd met my, Hy sal my nooit alleen laat nie. (Deuteronomium 31:6)

God is my Troos. (2 Korintiërs 1:3-5)

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. (Filippense 4:13)

Ek het die Gees van Christus. (1 Korintiërs 2:16)

Deur my eenheid met Christus, is ek vrygespreek deur God. (2 Korintiërs 5:21)

Hy wat in my is, is groter as die duiwel, wat in die wêreld is. (1 Johannes 4:4)

Dit is nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. (Galasiërs 2:20)

Hê God Groots Lief!

 

 

 

 

 

 

Week 1 – Video

 Week 1 Uitdaging: Druk hierdie volgende bladsy af en plaas dit iewers in jou huis, sodat jy kan God se waarheid kan sien en kan memoriseer wanneer jy die fluisteringe hoor van etikette wat op jou geplaas word.

Week 1 – Leesplan 

Week 2 – Memoriseervers

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s