Week 4 Niemand Is Te Gebroke Vir God Nie.

Week 4 Niemand Is Te Gebroke Vir God Nie.

deur Angela | April 3, 2017

In die boek, “Surprised by Joy”, vertel C.S. Lewis ‘n verhaal uit sy kinderjare, oor een van sy mees geliefde onderwysers, Mr. Kirkpatrick. Hy was ‘n briljante onderwyser en ‘n persoonlike vriend van C.S. Lewis se pa. Hy was die een wat Mnr. Lewis geleer het om ‘n meedoënlose debatvoerder te word deur ‘n sterk logiese saak te bou… ‘n saak wat moeilik, indien nie onmoontlik sal wees om te verslaan nie. Hy was ‘n troue ateïs, en hy wou vir C.S. Lewis versterk in sy eie oortuiging.

Maar, jare later, deur Christus se genade en sy diepe vriendskap met Christene, het C.S. Lewis begin om sy ateïsme te bevraagteken en na ‘n paar jaar het hy self ‘n Christen geword. As gevolg van sy vroeëre opleiding deur Mnr. Kirkpatrick, was Mnr. Lewis ‘n ongelooflike debatvoerder en God het sy vorige opleiding ten goede gebruik, want C.S. Lewis het een van die grootste verdedigers van die Christelike geloof in die 20e eeu geword.

Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen Genesis 50:20

In sekere opsigte, voel ek dat Paulus ‘n bietjie soos C.S. Lewis is voordat Mnr. Lewis ‘n Christen geword het. Albei mans was baie goed geleerd en is op ‘n jong ouderdom geleer om hulle “oortuigings” te verdedig, en die teenoorgestelde kant te opponeer. Albei mans was top kenners in hulle wêreld van akademie, met hoë verwagtinge van dié wat hulle opgelei het.

“En in die Joodse leer het ek onder my volksgenote bo baie van my leeftyd uitgestyg, want ek was ‘n fanatieke yweraar vir die oorgelewerde leer van my voorvaders”- Galasiërs 1:14

Paulus was die Jood van alle Jode. Hy was die elite. Hy het die opleiding en die afkoms gehad … en hy het dit geweet.

Paulus was blind vir die waarheid as gevolg van die trots in sy hart.

Hy was ‘n man van gelowige dade en hy was ‘n ongelooflike gelowige wetsonderhouer. Hy was so gefokus daarop om reg te wees, en om dié wat hy gevoel het verkeerd was, te vervolg, dat hy die groot doel van wat God besig was om te doen in die wêreld gemis het… om dit te verlos deur Jesus Christus.

En nogtans sien ons in Galasiërs 1:15 hoe God vir Paulus van sy geboorte af afgesonder het vir Hom, en hom langs die weg voorberei het vir die presiese doel om een van die grootste verdedigers van die Christelike geloof van alle tye te wees.

Niks uit Paulus se verlede is nie gebruik nie.

Die trots wat hom gedryf het om die beste te wees, die mees verdienstelike en die moralis, was nou vervang met God se genade. God het in sy ongelooflike verlossing, al Paulus se ervaringe uit sy verlede, sy mislukkings en sy ywerige trots gebruik om hom te breek en daarna toe te rus om die einste man te wees om Sy kerk te bou – die einste kerk wat Paulus eers vervolg het.

“Die Ou Testamentiese kennis, die ywer, die opleiding en die inspanning wat hy gebruik het om God en sy kerk te opponeer, is alles deur God gebruik om hom te breek en toe te rus om God se instrument te word om Sy kerk te bou. God was die heeltyd aan die werk om Paulus te gebruik om die einste geloof wat hy teengestaan het, te vestig (v23)” – Tim Keller

Wat ‘n kragtige wenk aan ons almal vandag: NIEMAND is té gebroke vir God se verlossende genade nie!

As God ‘n man soos Paulus kan neem – ‘n man wat gevul was met trots, wie Christene gehaat het en hulle selfs doodgemaak het – en sy lewe omkeer, hoe kan ons ooit twyfel dat Hy dit nie weer kan doen nie?

Mag ons nooit vergeet dat ons ‘n wonderlike God dien wat die godsdienstige trotse persoon verlos, net soos Hy verlorenes verlos. Niemand is té ver buite die bereik van ons Here om deur Sy ongelooflike liefde en genade aangeraak te word nie!

Kom ons wees dapper en vind behae in die kragtige manier wat God deur Paulus se lewe gewerk het om sy verlede te verlos en hoop vir sy toekoms te bring! Net soos God verlossing uitgereik het aan Paulus, doen Hy dit vir ons ook. God neem ons sondes, ons vorige misverstande, ons vorige opleiding en bring ‘n doel vir dit alles.  

Mag ons nie bang wees oor ons verledes en die sondes wat ons wens ons kan uitwis nie, maar laat ons eerder toelaat dat God hulle verlos vir Sy glorie, net soos wat Hy in Paulus se lewe gedoen het!

Hê God Groots lief!

 

 

 

 

 

 

 

Week 4 Uitdaging:

Spandeer tyd in gebed hierdie week deur elke dag te bid vir die “Saulus” in jou lewe. Vra God om in te gryp in hierdie persoon se lewe en hulle verlede te verlos vir Jesus se glorie! En wees hoopvol, liewe vriendin, God het Saulus verander in Paulus, en Hy kan dit weer doen!

Week 4 Video

Week 4 Leesplan

Week 4 Memoriseervers

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s